Nach Genre filtern

Monitor

Monitor

RSG

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

5018 - Monitor 31 Mei 2024
0:00 / 0:00
1x
  • 5018 - Monitor 31 Mei 2024

    Daar word voorspel die MK-party moontlik die derde grootste party in die parlement kan word.

    Fri, 31 May 2024
  • 5017 - Monitor 30 Mei 2024

    Suid-Afrikaners trek hulle kruisies by die stembus, maar laataand was daar nog lang toue. Die eerste uitslae is al bekend - met een of twee verassings. Die MK-party is amptelik op die telbord, en die vraag bly staan, wie sal die eerste onafhanklike kandidaat wees om ‘n setel in die nasionale vergadering te verseker. Algerië beoog 'n tweede resolusie in die Verendigde Nasies om die oorlog tussen Hamas en Israel te beëindig.

    Thu, 30 May 2024
  • 5016 - Monitor 29 Mei 2024

    Ons skakel oor na ons verslaggewers landwyd om te hoor hoe dit by die stembusse lyk. Wees op die uitkyk vir fopnuus. Ons kry in diepte ontleding oor wat ons vandag, en nadat die stemme getel is, kan verwag.

    Wed, 29 May 2024
  • 5015 - Monitor 28 Mei 2024

    Suid-Afrikaners wat vir spesiale stemme geregistreer het, gaan na die stembus. Uit die meer as 400 stemlokale in die Oos-Kaap waar daar gisteroggend probleme was, is daar ten minste 107 wat toe gebly het. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee vergader om oor die rentekoers te besin.

    Tue, 28 May 2024
  • 5014 - Monitor 27 Mei 2024

    Die OVK sê hy's slaggereed vir kiesers wat vandag en môre spesiale stemme uitbring. Die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur, NATJOINTS, waarsku teen pogings om die verkiesing te destabiliseer. Reaksie op die president se toespraak gisteraand.

    Mon, 27 May 2024
Weitere Folgen anzeigen