Podcasts by Category

Radioteater

Radioteater

RSG

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

337 - PLASTON: DNS-KIND deur PG du Plessis
0:00 / 0:00
1x
  • 337 - PLASTON: DNS-KIND deur PG du Plessis

    Plaston (Grieks vir ‘hy wat gemaak is’) is ‘n 19-jarige, beeldskone jong man wat kunsmatig deur wetenskaplikes geskep is. Hy kom op die afgeleë dorpie, Aardendal, aan waar hy in die gemeenskap geïntegreer word, en terselfdertyd fyn dopgehou word. Hy ontmoet vir die eerste keer ander mense, soos die dorpsidioot, die mooi jong meisie, Kotie, en die predikant Genopen. Plaston is 'n wese in wie daar geen kwaad is nie, maar wat juis 'n diep begeerte het om mens te word, pyn en liefde te ervaar, en probeer om bo sy programmatiese self uit te styg. 'n Professor en sy personeel hou elke beweging wat hy maak fyn dop, en luister na elke woord wat hy sê. Hulle raak onthuts wanneer Plaston afwyk van sy programmatiese beheer, en sy nuutgevonde vryheid besef en begin geniet. Plaston word vertolk deur Richard van der Westhuizen. Ander veterane sluit in Rina Nienaber, Hennie Oosthuizen, Marcel van Heerden, Gert van Tonder, Kosie Eloff, Lochner de Kock, Johannes Slabbert, Johan van der Merwe, Riana Wilkens, Emgee Pretorius en Bettie Kemp. Die regisseur is Robert Young.

    Thu, 16 May 2024
  • 336 - JAKARTA MAMMA deur Lee Doubell

    JAKARTA MAMMA is ‘n hartroerende verhaal oor die krag van ‘n ma (in hierdie geval ‘n paar ma’s) se liefde. ʼn Swanger Suid-Afrikaner word in Indonesië gevang met ʼn tas vol dwelms, en tot tronkstraf gevonnis. Haar ma, familie en vriende probeer desperaat om ten minste haar baba terug te bring huis toe. Sal hulle dit regkry, en sal almal veilig tuis wees op Moedersdag? Die spelers is Joanie Combrink, June van Merch, Miché van Wyk en De Klerk Oelofse. Frieda van den Heever is die regisseur.

    Thu, 09 May 2024
  • 335 - SHIRLEY SE SKULD deur Anene Loots

    In weerwil van die feit dat die bejaarde Rina in ‘n aftreeoord woon, wil sy steeds avonture aanpak en haar lewe geniet. Wanneer dit lyk of daar ‘n kans is dat sy, soos Shirley in die rolprent Shirley Valentine, op ‘n Griekse eiland kan gaan vakansie hou, is haar opgewondenheid groter as haar gesonde verstand. Onverwagse wendinge bring drama en konsternasie, met komiese gevolge. Die spelers is Susanne Beyers, Elsabe Daneel, Nic de Jager, Zenobia Kloppers, Dean Balie en Roeline Daneel. Die regie is deur Joanie Combrink behartig. Anene Loots het in 2023 die merieteprys met hierdie drama gewen in die RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

    Thu, 02 May 2024
  • 334 - ‘N BLOMMEKROON VIR BELINDA deur Almé Swart

    Elke middag om klokslag half twee kom Belinda by die winkel in. Dan soek sy die tafel teen die muur, want sy wag vir haar man. En wanneer kom haar man? Hy kom nie... Dit is Nadia, die nuwe kelnerin by die koffiehuis op die dorp, beskore om die raaisel van Belinda se jarelange gewag op haar man op te los. Maar nie voordat haar eie geheim ook op die lappe kom nie... Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Elanza Swart, Ronel Geldenhuys, Stefan Vermaak, Chloe van Rooyen en Melt Sieberhagen. Die regisseur is Amor Tredoux. ’N BLOMMEKROON VIR BELINDA is die wenner in die kategorie Beste Jong Skrywer in die 2023 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

    Thu, 25 Apr 2024
  • 333 - TAAISPUL deur Madeleine Venter

    Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die skoolliefde wat hy 40 jaar gelede deur sy vingers laat glip het. Hy glo vas dat die glibberige Eben destyds vir Lea van hom afgerokkel het, en besluit dat dit nou die tyd is om haar terug te wen. Die eksentrieke Katrien, ‘n Help-‘n-senior-vrywillige, help hom – teen betaling natuurlik. Sal Lea haar man, Eben, los vir Dirk? Dirk glo die inligting wat hy oor Eben het, sal Lea oortuig. Die spelers is Anton Dekker, Anton Schmidt en Elma Potgieter. Die jonger weergawes van die karakters is vertolk deur Charlie Bourguenon, Izel Bezuidenthout, Christene Voorendyk en David Louw. Die regie is behartig deur Mari Snyman. TAAISPUL is die wenner van die derde prys in RSG se 2023 radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

    Thu, 18 Apr 2024
Show More Episodes