Podcasts by Category

Vers en Klank

Vers en Klank

RSG

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

632 - Vers en klank 14 Mei 2024
0:00 / 0:00
1x
  • 632 - Vers en klank 14 Mei 2024

    Roeline Daneel lees gedigte voor oor die uitdagings van ouerskap – verse oor daardie dae wat jy jou hare uit jou kop wil trek en, in die woorde van Antjie Krog, wonder: Hoe en waarmee oorleef ’n mens dit?

    Tue, 14 May 2024
  • 631 - Vers en klank 7 Mei 2024

    Roeline Daneel lees gedigte deur mans oor die geboorte van hulle kinders. Daar is ook ’n paar verse uit die perspektief van ’n ouma, wat die koms van haar eerste kleinkind inwag.

    Tue, 07 May 2024
  • 630 - Vers en klank 30 April 2024

    Roeline Daneel lees gedigte oor swangerskap, oor ma-word. Daar is heelwat verse deur een van Afrikaans se voorste vrouedigters, Elisabeth Eybers, en ook gedigte deur Louise Boshoff, Antjie Krog en Rika Cilliers.

    Tue, 30 Apr 2024
  • 629 - Vers en klank 23 April 2024

    Daniel Hugo gesels oor ’n argitek van Kaapstad, Martin Kruger, se debuutbundel, Gekaapte Stad. Kruger het al die wêreld platgereis, en hy dig oor van die grootste en mees bekende stede, maar ook oor sy eie tuisstad se bekoring.

    Tue, 23 Apr 2024
  • 628 - Vers en klank 16 April 2024

    In die vierde en laaste deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman voor uit die bundels Amulet teen Vuur, Kwadratuur van die Sirkel, Najaarswys en Herfstelike Lig.

    Tue, 16 Apr 2024
Show More Episodes