Nach Genre filtern
- 25 - Episode 25: Naamgenote, pa en seun, én albei vermoor hul vroue...
Episode 17 ondersoek die saak van Colin Bouwer sr. wat sy vrou in Nieu-Seeland vermoor het. Dié episode vertel die storie van Colin Bouwer jr. wat in Suid-Afrika aangekla is van die moord op sy vrou.
Mon, 18 Dec 2023 - 28min - 24 - Episode 24: Die tragiese dood van die bokskampioen Leighandre "Baby Lee" Jegels
Op 25 was Leighandre "Baby Lee" Jegels 'n karate- en bokskampioen. Sy het ook in haar studies uitgeblink. Die donkerkopvrou het die wêreld aan haar voete gehad, tot haar lewe skielik kortgeknip is deur haar eks-kêrel – ’n polisieman.
Mon, 11 Dec 2023 - 32min - 23 - Episode 23: Phoenix Racing Cloud Theron vermoor haar ma
Selfs in die warboel van tiener-emosies, liefdesdriehoeke en gerugte van verwaarlosing in haar ouerhuis, is dit moeilik om te glo dat Phoenix Theron die gevolgtrekking kon maak dat moord op haar ma die enigste uitweg is.
Mon, 04 Dec 2023 - 34min - 22 - Episode 22: Die wrede kindermoord van Poppie van der Merwe
Toe die 3-jarige Poppie van der Merwe ná maande se marteling en mishandeling deur haar stiefpa doodgeskop is, was die vraag op almal se lippe: Hoekom het haar ma haar nie beskerm nie?
Fri, 24 Nov 2023 - 31min - 21 - Die Podcast – Episode 21: Die bylmoord van Sonia Schwarz
Het Dave Schwarz se traumatiese grootwordjare daartoe bygedra om hom in Oktober 1997 oor die rand te dryf toe hy vir Sonia, sy vrou en die ma van sy twee kinders, doodgemaak het?
Mon, 20 Nov 2023 - 31min - 20 - Episode 20: Die moord op kankerlyer Debbie Venter
In Junie 2020 is ’n soektog van stapel gestuur na Debbie Venter nadat sy vermis geraak het. ’n Maand later word haar halfsuster en swaer vir haar moord in hegtenis geneem.
Thu, 09 Nov 2023 - 36min - 19 - Episode 19: Amanda du Toit vermoor haar suster
Hulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in ’n oogwink kortknip.
Mon, 06 Nov 2023 - 32min - 18 - Episode 18: Huurmoord op Pofadder
Daar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld.
Thu, 26 Oct 2023 - 33min - 17 - Episode 17: Colin Bouwer sr. probeer ‘die perfekte moord’ pleeg
Colin Bouwer se loopbaan as psigiater was op dreef ná hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Sy vrou, Anette, sterf in 2000. Maar kort voor haar doodsertifikaat uitgereik word, kry ’n internis snuf in die neus . . .
Thu, 19 Oct 2023 - 30min - 16 - Episode 16: Die ‘teregstelling’ van Brett Goldin en Richard Bloom
Die een was ’n gevierde jong akteur, die ander ’n belowende jong ontwerper. Ons herbesoek die dubbele moord van twee vriende, Brett Goldin en Richard Bloom.
Mon, 16 Oct 2023 - 31min - 15 - Episode 15: Die tragedie en wonderwerk van ’n longoorplanting
Nadat een ma se seun dood is, het ’n ander ma se seun sy longe ontvang. Nou deel die twee ma’s hul lief en leed as hegte vriendinne.
Fri, 06 Oct 2023 - 33min - 14 - Episode 14: Die saak van Jannie Beukes
Toe Jannie Beukes en sy vrou, Helga, se huwelik op die rotste loop, het Jannie een Saterdagmiddag besluit dat daar vir hom en sy kinders net een uitweg is. In dié episode ondersoek ons die moontlike redes en motiewe wat iemand na die ondankbare kan dryf.
Sun, 01 Oct 2023 - 28min - 13 - Episode 13: Terreur in Palma
Vroeg in 2021 het ekstremiste op Palma toegeslaan en die lewens van verskeie Suid-Afrikaners is in ‘n oogwink handomkeer verander.
Thu, 21 Sep 2023 - 29min - 12 - Episode 12: Die sluipmoord van Anton Lubowski
Op 12 September 1989 is die apartheidsaktivis en menseregte-advokaat Anton Lubowski in ’n sluipmoordaanval dood. Meer as 30 jaar later is die familie se vrae nog onbeantwoord.
Mon, 18 Sep 2023 - 32min - 11 - Episode 11: Die Sizzlers-slagting
Een aand in Januarie 2003 het twee mans by ’n masseersalon in Seepunt, Kaapstad, ingestorm en nege mans koelbloedig vermoor. Ons herbesoek een van die grusaamste misdade in Suid-Afrika.
Mon, 11 Sep 2023 - 29min - 10 - Episode 10: Die raaiselagtige sterftes in ’n Pretoria-spoghuis
Drie kollegas van ’n bekende eiendomsmaatskappy in Pretoria se lyke is een Apriloggend in 2021 in ’n luukse huis in Menlopark aangetref. Die raaiselagtige omstandighede het mense laat gons oor die oorsaak van hul dood.
Mon, 04 Sep 2023 - 31min - 9 - Episode 9: Die Sondagverkragter
Jaco Steyn het tussen 2008 en 2011 ’n skrikbewind in Gauteng en Noordwes gevoer deur meisies te ontvoer en te verkrag.
Mon, 28 Aug 2023 - 29min - 8 - Episode 8: Die Knysna-brand
Die inferno wat in 2017 wyd verwoesting in en rondom Knysna gesaai het, word as een van die grootste veldbrandrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskryf.
Mon, 21 Aug 2023 - 30min - 7 - Episode 7: Die moord op Anni Dewani
Die beweerde mislukte kaping wat die lewe van die pragtige bruid in Suid-Afrika geëis het, het skokgolwe wêreldwyd laat eggo. Vingers het na haar Britse bruidegom gewys as die meesterbrein agter die moord, maar dit is nooit bewys nie. Wie sou so iets aan die pragtige Anni Dewani wou doen?
Mon, 14 Aug 2023 - 31min - 6 - Episode 6: Die saak van Retief Liebenberg
Ná 'n onderonsie by hul huis in Benoni skiet Retief Liebenberg uit selfverdediging sy dogter se kêrel en dié se pa dood.
Mon, 07 Aug 2023 - 31min - 5 - Episode 5: Die verhaal van Manda Reyneke en Deon HelbergMon, 31 Jul 2023 - 31min
- 4 - Episode 4: Die Laingsburg-vloedMon, 24 Jul 2023 - 31min
- 3 - Episode 3: Die saak van Flippie Venter
Flippie Venter het die ondenkbare gedoen: hy het sy twee jong kinders met 'n R4-aanvalsgeweer afgemaai.
Mon, 17 Jul 2023 - 29min - 2 - Episode 2: Die tsoenami in Oos-Asië
Duisende het gesterf en derduisende lewens is ingrypend verander toe 'n tsoenami op 26 Desember 2004 Thailand getref het.
Mon, 10 Jul 2023 - 30min - 1 - Episode 1: Die moord op Marike de Klerk
Kort voor middernag Sondag 2 Desember 2001 stuur Marike de Klerk ’n faks aan ’n vriendin. Dit sou haar laaste boodskap wees . . ,
Mon, 03 Jul 2023 - 31min
Podcasts ähnlich wie Huisgenoot Ware Lewensdramas
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Affaires sensibles France Inter
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- Espacio en blanco Radio Nacional
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- TED Talks Daily TED
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR