Nach Genre filtern
- 517 - WEESKINDERS: DIE MENSE VAN PLATFONTEIN deur Fritz Klaaste en Johann Pieterse
Die !Xu en Khwe het in vrede en harmonie geleef in die suide van Angola en die noorde van Namibië. Die Portugese Weermag het hierdie natuurmense opgekommandeer om saam met hulle te veg in die Angolese Vryheidsoorlog van die jare 70. Met die onttrekking van Portugese troepe uit Angola, is hulle ‘n nuwe bataljon van SA Weermag, 31 Bataljon, opgeneem. In die periode voor Namibiese onafhanklikheidswording, het hulle ‘n kopseer geword, totdat die Verenigde Nasies se gesant, Martti Ahtisaari, ingestem het om hulle vry te stel sodat hulle in Suid-Afrika hervestig kon word. Die soldate en hulle gesinne is tydelik in ‘n tentedorp gevestig in Schmidtsdrift, 80 km buite Kimberley. ‘n Grondeis het die Weermag laat besluit om die gemeenskap te hervestig. Die !Xu en Khwe sou uiteindelik vir tien jaar in hierdie tentedorp leef, tot president Nelson Mandela ‘n titelakte van eienaarskap van Platfontein in Mei 1999 aan hulle oorhandig het. Hierdie hoorbeeld vertel hulle storie van ontworteling en verwerping, en hulle stryd met integrasie.
Thu, 26 Sep 2024 - 516 - OP SOEK NA LEVONA: DIE ZEPHANY NURSE-VERHAAL deur Heindrich Wyngaard
Heindrich Wyngaard herbesoek die Zephany Nurse-verhaal. Sy is in 1997 as ‘n drie dae oue baba uit die hospitaal gesteel, en is in 2015 as ‘n matrikulant met haar biologiese ouers herenig. Haar steelma is in 2016 tot tien jaar tronkstraf gevonnis, en is ‘n jaar gelede op parool vrygelaat. Heindrich het in 2015 die eerste boek oor die gebeure geskryf, A HOME FOR ZEPHANY (Naledi Uitgewers). Hy het oor die jare met Zephany in verbinding gebly. In hierdie dokumentêr praat hy met haar, asook met Rachel Waterloo (‘n oudkollega van Levona Solomon) en die joernalis Kevin-John Brand.
Thu, 19 Sep 2024 - 515 - DIE NALATENSKAP VAN JERRY WATT EN DIE ROCKETS deur Carla Mackenzie
Carla Mackenzie kyk na die kleurvolle geskiedenis van wyle Jerry Watt en die internasionaal bekende The Rockets. Dié groep van vyf mans het op die Kaapse Vlakte begin, maar het later jare die verhoog gedeel met internasionale musiektalent soos Usher, Luther Vandross en selfs die Spice Girls! Vir die eerste keer sedert 1971 het die groep sonder Jerry Watt die verhoog betree. Jerry Watt se kleinkind volg in sy oupa se voetspore, en sorg dat die musiek aanhou speel. In hierdie dokumentêr gesels Jerry se vrou, Alison, oor die nalatenskap wat haar oorlede man en The Rockets vir die geslagte nagelaat het. Manuel Losper, sy jarelange vriend, en lid van die Rockets gesels saam. Dr. Victor deel ook herinneringe.
Thu, 12 Sep 2024 - 514 - VLUG NA WAAR? VLUGTELINGE IN SUID-AFRIKA deur Martelize Brink
In Desember 2023 was daar 1 334 174 asielsoekers en vlugtelinge in Suid-Afrika. Martelize Brink gee perspektief met verwysing na die internasionale konteks van vlugtelinge. Die fokus is op internasionale en plaaslike politiek, gemeenskapsorganisasies en die mense wat moes vlug. Hoe hervestig vlugtelinge hulleself, soms binne ‘n land waar hulle nie enige van die gebruikstale kan praat nie? (Die program bevat onstellende inhoud, en is nie geskik vir kinders of sensitiewe luisteraars nie. Met dank aan SABC Nuus en Al Jazeera vir nuusklank.)
Thu, 05 Sep 2024 - 513 - AS TWEE SAAM LOOP deur Ina Strydom
Die akteurspaar, Carel Trichardt en Petru Wessels, is ses dekades in die bedryf – en net so lank getroud. Hulle vertel van hoogtepunte in hulle loopbane, rn praat oor kompetisie, toewyding en ouderdom, en die belangrikheid van stories. Hulle vertel ook hoe ‘n mens só lank getroud bly.
Thu, 29 Aug 2024 - 512 - WIK EN WEEG deur Eloise Cupido
Die meeste ouers het hulle kinders se beste belange op die hart. Deel hiervan is die kind se toekoms. Waarheen is hulle op pad, watter geleenthede kan jy hulle bied? Soms kry jy die kans om jou kind met behulp van ‘n beurs na ‘n beter skool te stuur. Of om ‘n talentvolle kind ‘n helpende hand uit hulle omstandighede aan te bied. Help dit werklik op die lange duur?
Thu, 15 Aug 2024 - 511 - DIE VISNETMAKERS VAN DIE WESKUS deur Lizelle de Bruin
In St. Helenabaai, 'n skilderagtige vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika, is daar 'n groep vroue wat naby die hawe sit en visnette regmaak. Lizelle de Bruin het ‘n dag by hulle spandeer om meer oor die bedryf te leer. Jou eie skêr, ‘n mes, ‘n lang dik naald, groen, rooi en oranje plastiekgaring en ‘n vaardigheid wat oor jare vasgelê is, is die gereedskap van die visnetvroue, wat in wind en weer op hulle pos is om te verseker dat groot vangste veilig in die boot gepomp kan word. Lizelle het ook by Bertie Burger in Laaiplek gaan aanklop om te hoor hoekom ‘n visnet so belangrik is.
Thu, 08 Aug 2024 - 510 - GEE PAD VOOR! deur Flip Loots
Wie ken nie padwoede nie? Wanneer ‘n voertuig voor jou inswaai of skielik rem, is dit moeilik om nie handgebare te maak en selfs te skel nie. Flip Loots praat hierooe met kliniese sielkundige, dr. Philip Janse van Rensburg, ‘n verteenwoordiger van Arrive Alive, advokaat Johan Jonck, asook ‘n paar padverbruikers.
Thu, 01 Aug 2024 - 509 - HISTORIESE OORSIG VAN DIE JUKEBOX deur Haidee Muller-Isaacs
Haidee Muller-Isaacs neem jou op 'n nostalgiese reis na die oorsprong van die Jukebox, lank voor musiekstroomdienste beskikbaar was. Waar kom hierdie blêrkaste vandaan, en hoekom het Suid-Afrika die invoer daarvan in 1949 verbied? Daar is deesdae weer 'n oplewing van belangstelling in ouer blêrkaste onder versamelaars en entoesiaste.
Thu, 25 Jul 2024 - 508 - MY SLIM KOLLEGA deur Elsje van Jaarsveld
Die vinnige vooruitgang van kunsmatige intelligensie is besig om die manier waarop ons werk, te hervorm. Elsje van Jaarsveld delf in hierdie fassinerende verskuiwing, deur te verken hoe alledaagse mense kunsmatige intelligensie in hulle werk en besighede integreer om produktiwiteit en doeltreffendheid te verhoog. Vir besighede bied die integrasie van KI ‘n uiters suksesvolle geleentheid om koste te bespaar. Maar wat sal die gevolge wees indien ‘n individu dit nie aanvaar en omarm nie? Wat hou dit vir so ‘n persoon in die werksplek in? Waar moet die mens steeds oordeel of die masjien reg of verkeerd is? Sal kunsmatige intelligensie uiteindelik ons werk oorneem?
Thu, 18 Jul 2024 - 507 - WALMS VOL GEHEIME deur Ettienne Ludick
Damprook het ‘n enorme probleem onder kinders jonger as 18 in Suid-Afrika geword. Wat dit moeilik maak vir opvoeders, is dat anders as rook, damprook nie onmiddelik geruik kan word nie. Ettienne Ludick kyk na die voorkoms van damprook, die gevare en watter rol groepsdruk speel. ‘n Ma en dogter deel hulle ondervinding nadat dit aan die lig gekom het dat die kind damprook.
Thu, 11 Jul 2024 - 506 - AL DEBBO deur Derrich Gardner
Derrich Gardner "gesels" met Al Debbo. Die SAUK se argief het 'n paar ou onderhoude bewaar, en Derrich het Al se stem gebruik om sy vrae te beantwoord. Hulle was nooit saam in die ateljee nie. Dis 'n kort reis deur die lewe van 'n geliefde legende wat Suid-Afrikaners laat skaterlag het. Tydens sy musiekloopbaan het hy ‘n groot aantal langspeelplate en solus sewes uitgereik, asook twee CD’s. As akteur was hy immergewild, en 'n wenner op die lagverhoog en silwerskerm. Hy is op 13 Julie 2011 in Bloemfontein oorlede. Hy was 87 jaar oud.
Thu, 04 Jul 2024 - 505 - 30 JAAR VAN DEMOKRASIE: BOESAK - KERKMAN EN AKTIVIS deur Jody Hendricks
Dr. Allan Boesak het ‘n groot rol in die bevrydingsstryd gespeel - in die kerk, politiek en op gemeenskapsvlak. Hy het ook internasionaal bekendheid verwerf. Hy praat oor sy reis en rol as kerkman en aktivis.
Thu, 28 Mar 2024 - 504 - 30 JAAR VAN DEMOKRASIE: ROELF SE ROL deur Jody Hendricks
Suid-Afrika het op 2 Februarie 1990 onherroeplik verander met aankondiging deur die destydse president FW De Klerk dat Nelson Mandela ná 27 jaar uit die tronk vrylaat sal word, en dat politieke organisasies soos die ANC, PAC en AZAPO nie meer verban is nie. Onderhandelinge tussen die NP, ANC en ander politieke partye het kort daarna begin oor die pad vorentoe vir ‘n nuwe Suid Afrika. Roelf Meyer kyk terug na die proses om Suid-Afrika van ‘n apartheidstaat na ‘n demokrasie te neem, en hoe hoe naby die land aan ‘n burgeroorlog was. Hy vertel ook van die impak wat FW De Klerk en Nelson Mandela op hom gehad het.
Thu, 21 Mar 2024 - 503 - ANARGIE SONDER ANTIBIOTIKA deur Ettienne Ludick
Sedert Fokofpolisiekar hulle verskyning in 2003 gemaak het, het hulle die Afrikaanse musiekbedryf in 'n ander rigting gedwing. Terwyl konserwatiewes warm onder die kraag was, het duisende ondersteuners die groep gevolg, honger vir 'n verandering in Afrikaans en sy musiek. Fokofpolisiekar vier in 2024 hulle mondigwording… 21 jaar van nié die norm wees nie. Ettienne Ludick het met die lede gesels oor hulle reis van langer as twee dekades - die goed, die sleg, die weer begin, en die enorme impak van die vyf bendelede van Belville…
Thu, 14 Mar 2024 - 502 - WUPPERTAL: STAP VIR STAP DIE TOEKOMS IN deur Johan Rademan
Op Oujaarsaand in 2018 breek ‘n verwoestende brand op Wuppertal in die Cederberge uit. Skaars twee jaar later oorstroom die Tra-trarivier die Morawiese sendingdorpie. Johan Rademan het die RSG-mikrofoon tot in die hartjie van die 1830-dorpie geneem, en met gemeenskapsleier Barend Salamo as gids, gekyk hoe sake nou staan. Hulle het ook van die 16 buiteposte besoek tussen asemrowende rotsgesteentes. Tussen rooibos en askoek in jou Wuppertal-vellies sal jy jubel en juig en rieldans wanneer jy die Woeperdallers hoor praat.
Thu, 07 Mar 2024 - 501 - AS MENSE SÁÁM SING – DIE ALCHEMIE VAN KOORSANG deur Ina Strydom
Koorsang is byna so oud soos die mensdom self, en deur die eeue heen betower dit gehore en begeester sangers. Die geheim van koorsang lê in die vermoë om die verskillende sangers in harmonie te laat sing. Die kuns om dié stemsoorte en individue met verskillende agtergronde en uit verskillende kulture te laat saamsmelt tot ’n eenheid, is die kuns van die alchemis: die dirigent. Twee koorleiers wat by uitstek dié vermoë het, is die stigter van die Libertas-koor, prof. Johan de Villiers, en Renette Bouwer van onder andere die UJ-koor.
Thu, 29 Feb 2024 - 500 - SÓ KLINK DISTRIK SES deur Haidee Muller-Isaacs
Haidee Muller-Isaacs diep stories op van vergete musiekskatte uit Distrik Ses, die kleurryke gebied in Kaapstad se middestad in die jare 60. Dit plaas die kollig op musiekstories van talentvolle musieklegendes uit dié multikulturele woonbuurt, sommiges wat in weerwil van hulle talent, nooit genoeg blootstelling gekry het nie.
Thu, 22 Feb 2024 - 499 - DIE PADKAART VAN JOU DROME deur Flip Loots
Alle mense droom, maar nie almal onthou hulle drome nie. Wat is drome? Hoekom laat party jou glimlag, en ander word nagmerries? Het drome betekenis? Wat gebeur wanneer jy droom? Hou drome verband met wat ek elke dag beleef? Het dit ook godsdienstige betekenis? Flip Loots het by kundiges soos prof. Kobus Maree, prof. Marius Nel en Esté Geldenhuys gaan kers opsteek.
Thu, 15 Feb 2024 - 498 - GOD DIE DIGTER, ‘N HULDIGING VAN TT CLOETE deur Ina Strydom
Tien jaar gelede, enkele dae voor die bekroonde digter en akademikus, TT Cloete, se 90e verjaarsdag, het hy met Ina Strydom gepraat oor sy lewe en werk; oor sy digterskap en ouderdom, en oor genade. Dié heruitsending van die profieldokumentêr is as huldiging van dié merkwaardige mens, wat vanjaar 100 jaar oud sou wees.
Thu, 08 Feb 2024 - 497 - AS 'N MAN KNAK deur Elsje van Jaarsveld
Elsje van Jaarsveld ondersoek die verskynsel van uitbranding, wat al hoe meer voorkom. Profesionele persone, van sielkundiges tot mode-ontwerpers, deel hulle ervarings, wat wys dat hierdie probleem nie beperk is tot 'n spesifieke beroepsgroep nie, maar eerder 'n universele uitdaging is op verskeie lewensterreine. Daar is ook insigte van akademici en kundiges, wat 'n wetenskaplike perspektief bied.
Thu, 01 Feb 2024 - 496 - VYF VLUGVOETIGE VOETBÔLLERS deur Heindrich Wyngaard
Die fokus van hierdie dokumentêr is rugbyspelers wat oor die X-faktor beskik is. Wat onderskei spelers met vlugvoetigheid of flair, en wie was hulle voorgangers?
Thu, 25 Jan 2024 - 495 - MARINEMISDAAD deur Martelize Brink
Navorsing deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie beraam dat Suider- en Oos-Afrika jaarliks in die omgewing van R12,2 miljard aan onwettige en ongerapporteerde visvang verloor. Hulle skat verder dat 85% van visvoorrade wêreldwyd nou ten volle ontgin word, en onwettige dat visvang en van die hoofbydraers is. Wie neem die voortou om die oplossing te vind?
Thu, 18 Jan 2024 - 494 - KONTANT OP DIE KANT deur Renaldo Schwarp
Vanaand val die soeklig op Side Hustles (oftewel kantjoppies). In ‘Kontant op die kantlyn’ ‘n dokumenter deur Renaldo Schwarp, bekyk media persoonlikheid en RSG omroeper hierdie besigheidsvorm van nader. ‘Side Hustles’ is soveel meer as net ekstra inkomste verdien, dit is ‘n manier hoe alledaagse Suid-Afrikaners hul eie verhale herskryf.
Thu, 11 Jan 2024 - 493 - 290 JAAR IN DIE SANDPUT deur Marize de KlerkThu, 04 Jan 2024
- 492 - WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 3 deur Flip Loots
Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
Thu, 28 Sep 2023 - 491 - WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 2 deur Flip Loots
Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
Thu, 21 Sep 2023 - 490 - WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 1 deur Flip Loots
Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
Thu, 14 Sep 2023 - 489 - DIVA, IN DIE WARE SIN VAN DIE WOORD deur Ina Strydom
Die sopraan, Emma Renzi, was die eerste Suid-Afrikaner wat in die La Scala Operahuis in Milaan gesing het. En om in dié heiligdom van opera suksesvol te wees, vereis baie harde werk en toewyding. Sy het op 8 April vanjaar 97 jaar oud geword.
Thu, 07 Sep 2023 - 488 - TIK OP DIE PLATTELAND deur Martelize Brink
Goedkoop, maklik om te vervaardig, hoogsverslawend, destruktief. Tik-, of metamfetamien-afhanklikheid, verwoes Suid-Afrika se klein dorpies. Die persepsie dat dwelms meer misbruik word in Sodom en Gomorra, die groot stede van die wêreld, is ‘n mite.
Thu, 31 Aug 2023 - 487 - ‘N MOSAÏEK VAN EENDERS EN ANDERS WEES deur Lizelle de Bruin
‘n Filosofiese ondersoek na mense se eenders en anders wees, en hoe dit op verskillende vlakke van die wetenskap, taal, politiek en kuns uitspeel. In 'n wêreld waar ons toenemend met mekaar verbind word, is dit belangrik om die fundamentele vraag van menslike gelykheid en die gedeelde ervarings wat ons saambind, te ondersoek. Dis ‘n simfonie van gedagtes wat sy ontstaan het by ’n kunswerk, en wye draaie geloop het in die lewe van mense wat saam gedink het oor of ons eenders of anders is.
Thu, 24 Aug 2023 - 486 - LANK LEWE DIE LANGSPEELPLAAT deur Haidee Muller-Isaacs
Die eerste langspeelalbums is in 1948 in die VSA uitgereik. Daar was twee formate, die 10-duim en 12-duim. Die eerste plaaslike langspeelplate is in 1954 in Suid-Afrika uitgereik. Min mense weet dat Maud Damons, ‘n boorling van Distrik Ses, die eerste Bruin vrouesanger was van wie daar ‘n album gemaak is, genaamd The Magic Of Maud. Jy kan meer uitvind oor die gespreksalbum van dr. Chris Barnard, The Human Heart Transplantation, wat op die mark verskyn het om sy geskiedkundige eerste hartoorplanting te herdenk. Haidee het ook gaan inloer by markte soos The Vinyl Faire, waar ywerige smouse hulle langspeelplate verkoop. Sy daar uitgevind hoekom mense na dese weer langspeelplate soek.
Thu, 17 Aug 2023 - 485 - LUCY IS WEG deur Esté de Klerk
Daar is ‘n dikwels ‘n besondere verhouding tussen die mens en troeteldiere, wat soms nie in woorde omskryf kan word nie: ‘n diep liefde, geborgenheid en konneksie wat op sielsvlak plaasvind. Diere het ‘n ingebore intuïsie, is opreg, lojaal en gee liefde sonder voorwaarde. Wanneer ons troeteldiere oud of siek raak, staan ons dikwels magteloos, veral wanneer hulle lewenskwaliteit taan en ons ‘n besluit moet neem oor wanneer dit tyd is om te groet. Dis seer, en die trauma vergelyk dikwels met die verlies aan ‘n naasbestaande. Esté de Klerk skyn die lig op hierdie besondere verhouding van die mens met troeteldiere, hoe seer en traumaties dit is wanneer hulle groet, maar ook watter lewenslesse ons by hulle kan leer.
Thu, 10 Aug 2023 - 484 - ESIAS BOSCH: 100 JAAR SE VUURKUNS UIT AFRIKA deur Johan Rademan
Johan Rademan kyk na die baanbrekerswerk en invloed van die pionier-keramiekkunstenaar, Esias Bosch, wat in Witrivier in sy ateljee, Die Randjie, gewoon en gewerk het. Johan gesels met sy drie kinders, Esra, Andre Eva en Anton. Die 97-jarige tydgenoot van Esias Bosch, dr. Pierre Volschenk, is vandag nog net so vurig oor klei. Hedendaagse figure in die kunshistoriese kleibedryf, soos Hennie Meyer, dr. Ronnie Watt en Esther Esmyol gesels saam oor Esias Bosch se ryk nalatenskap.
Thu, 03 Aug 2023 - 483 - BEURTKRAG: ‘N DONKER SUID-AFRIKA deur Esté de Klerk
2023 is by verre Suid-Afrika se slegste beurtkragjaar ooit. In die afgelope 16 jaar, vandat beurtkrag die eerste keer in 2007 toegepas is, steier Eskom van die een krisis na die volgende. Dít terwyl die regering ‘n mandaat het om voldoende opwekkingskapasiteit aan die land te voorsien. Maar, waar en wanneer en hoekom het die regering gefaal om uitvoering te gee aan hierdie plig? Wat is die moontlike oplossings?
Thu, 27 Jul 2023 - 482 - DIE ROYALSKOU: EINDE VAN ’N ERA deur Derrich Gardner
Derrich Gardner kyk terug na die begindae van die skou, hoe die naam "Royal" deur Engeland se Koning Edward VII in 'n dekreet aan hulle toegeken is, die drie oorloë wat die skou beleef het, Covid, konserte, en die toekoms nadat die gronde in Pietermaritzburg verkoop is.
Thu, 20 Jul 2023 - 481 - RANDFIGURE: VERBLIND DEUR BEKENDHEID deur Johan van Lill
Johan van Lill kyk na die mense se fassinasie met omstrede- en randfigure. Kenners bespreek ons neiging om mense te aanbid wat in die openbare oog staan, of dit nou politici, akteurs, musikante of enige ander bekende is. Hoekom het ons 'n drang om na hierdie mense op te kyk en hulle as rolmodelle te sien, selfs al ken ons hulle nie persoonlik nie en weet ons nie altyd alles oor hulle lewe nie.
Thu, 13 Jul 2023 - 480 - SOAPVOX - HENRY MYLNE EN VRIENDE deur Sue Pyler-Slabbert
Woon 'n rondetafelgesprek by met akteurs soos Gavin van den Berg, Karin Retief, Hugo Taljaard, Vinette Ebrahim, Christo Davids, Denver Vraagom en Kaz McFadden. Jy het hulle leer ken in Ballade vir 'n Enkeling, Egoli en 7de Laan. Almal is deur die jare gelei deur die talentvolle regisseur, Henry Mylne. Daarbenewens is daar verskeie verhoogproduksies soos Vaselinetjie wat vir jare by feeste op die planke was, Beauty Queen, Huis Toe, Die Baba met die Badwater, Die Vrou uit die See en soveel meer. Ons kry agter-die-skerms vertellings en staaltjies, en daar is 'n meestersklas wat aangebied word. Dis die reünie van die jaar!
Thu, 06 Jul 2023 - 479 - WORSIE HET 'N WORS GEWORD deur Sue Pyler-Slabbert
Hy het komedie in Suid-Afrika vervolmaak. Hy het die sitkom aan Suid-Afrikaners in hulle taal bekendgestel. Willie Esterhuizen is 'n genie in komiese tydsberekening. Karakters soos Molly, Boeboe, Frikkadel, Poena, Spanner, Ouboet, Antie Poppie en vele meer het lewe gekry deur sy skryfwerk. Willie en sy broer, Pieter, maak 'n gedugte span waar Willie optree as akteur en skrywer en Pieter sorg vir die regie. 'n Paar akteurs deel hulle herinneringe. Willie deel sy storie, en sy broer Pieter praat met lof van sy broer se sukses. Met 'n koppie koffie en sjokolade koek gesels Willie Esterhuizen en Sue Pyler-Slabbert oor hoe Worsie 'n Wors geword het in die vermaaklikheidsbedryf.
Thu, 30 Mar 2023 - 478 - GENADEDOOD: OM TE STERF MET GENADE - DEEL 2 deur Esté de Klerk
Genadedood is ‘n emosionele en omstrede onderwerp wat internasionaal én in Suid-Afrika gedebatteer word. Hoewel dit reeds in talle lande gewettig is, is dit steeds in Suid-Afrika teen die wet. Esté de Klerk ondersoek die argumente wat teen mekaar opgeweeg word in die debat vir en teen die wettiging daarvan. In die tweede deel kyk sy onder meer na etiese, morele en godsdienstienstige besware teen genadadedood, hoe dit internasionaal toegepas word, en groepe wat meen dat die wettiging daarvan in Suid-Afrika moontlik tot die misbruik van genadedood kan lei. Esté voer ook ‘n onderhoud met ‘n Kanadese burger, Amir Farsoud, wat op grond van mediese redes aansoek gedoen het om genadedood, maar erken het dat hy nie weens mediese redes nie, maar sy sosio-ekonomiese omstandighede wou sterf.
Thu, 30 Mar 2023 - 477 - GENADEDOOD: OM TE STERF MET GENADE - DEEL 1 deur Esté de Klerk
Genadedood is ‘n emosionele en omstrede onderwerp wat internasionaal én in Suid-Afrika gedebatteer word. Hoewel dit reeds in talle lande gewettig is, is dit steeds in Suid-Afrika teen die wet. Esté de Klerk ondersoek die argumente wat teen mekaar opgeweeg word in die debat vir en teen die wettiging daarvan. In die eerste deel kyk sy onder meer na wat die Grondwet en regstelsel onderskryf, en watter sake reeds deur die howe aangehoor is. Sy vertel ook die verhaal van Johann Beukes wat in 2015 sy lewe met behulp van genadeselfdood by ‘n kliniek in Switserland beeïndig het. In ‘n onderhoud wat twee weke voor Johann se dood met hom gevoer is, vertel hy van sy worstelstryd om dié besluit te kon neem.
Thu, 23 Mar 2023 - 476 - KANSELLASIEKULTUUR: DIE PUNTJIE VAN DIE YSBERG deur Johan Rademan
Vier proffesore - Willie Burger van Tuks, Pieter Duvenhage van Akademia, Joan Hambidge van Ikeys en Johann Rossouw van Kovsies - sit om die tafel saam met driemalige Akademiepryswenner Johan Rademan om te kyk na twee kante van die munt oor die moderne verskynsel van skrapping, uitwissing en kansellering van mense in die samelewing. Hulle besin oor die jongste vorm van sensuur, ‘n uitvloeisel van menswees, wat reeds oor eeue aankom.
Thu, 16 Mar 2023 - 475 - WAAR NOOT EN WOORD BYMEKAARKOM deur Ina Strydom
‘n Profieldokumentêr oor Tobie Cronjé wat vanjaar 75 word. Dié geliefde akteur en regisseur se werk is welbekend, sy besondere komiese vermoëns, sy gewildste karakters en sy werk in die teater, op televisie en in rolprente. Die dokumentêr fokus op die mens ágter die akteur: sy liefde vir musiek; sy belangstelling in Zen Boeddhisme; sy siening oor tegnologie en teater, kreatiwiteit en uitdagings.
Thu, 09 Mar 2023 - 474 - TEGNOLOGIE EN DIE IMPAK OP DIE MENS deur Jody Hendricks
Wat moet die balans tussen mens en tegnolgie wees? Navorsing wys dat indien dit nie reg bestuur word nie, kan kunsmatige intelligensie mense se werk oorneem. Jody Hendricks praat met verskeie kenners oor die gevare en geleenthede wat tegnologie vir ons inhou.
Thu, 02 Mar 2023 - 473 - PLOOIE VAN DIE HART deur Johann Pieterse en Veronique van Heyningen
Jonna Heynken, 'n siggestremde vrou van Finland vertel hoe haar lewe verander is deur 'n prins, nie gekleed in goud en silwer nie, maar in roet en vuur. Dis 'n storie wat jou hartsnare sal roer en jou weer sal herinner dat selfs die lelike ook goedheid kan bevat. Kyk deur die oë van 'n blinde persoon, wat ongeag van haar gestremdheid, 'n kanniedood lewensfilosofie het.
Thu, 23 Feb 2023 - 472 - DISKOERS: VAN SOKRATES TOT SOSIALE MEDIA deur Johan van Lill
Johan van Lill praat met kenners oor hoe goed ons onderleg is in die formulering van argumente en standpunte. Weet ons hoegenaamd hoe om te redeneer oor ’n saak? Om lekker oor ’n saak te kan redeneer, is deel van ons daaglikse diskoers – dit was nog van altyd af daar, maar sosiale media het vir almal van ons ’n platform gegee om ons stemme te laat hoor. En elkeen wat sosiale media gebruik, voel hulle het die reg om hulle mening oor enige aangeleentheid uit te spreek.
Thu, 16 Feb 2023 - 471 - GROOTWORD SONDER 'N PA deur Jody Hendricks
Statistieke SA het in 2019 statistiek uitgereik wat wys dat meer as 60% van kinders wat in daardie jaar gebore is, geen besonderhede van die pa bevat het nie. TV-aanbieder Ivor Swartz, wat sonder ‘n pa grootgeword het, beskryf dit as ‘n tikkende tydbom. Jody Hendricks het met verskeie kenners en mense wat sonder ‘n pa grootgeword het, gepraat.
Thu, 02 Feb 2023 - 470 - HARTBEESPOORTDAM, ’N EEU VAN VERWONDERING deur Elsje van Jaarsveld
Die Hartbeespoortdam vier vanjaar haar 100e bestaansjaar. Dis ’n merkwaardige mylpaal as mens in ag neem hoeveel terugslae die dam moes trotseer. Die ontwikkeling van die dam is in die vroeë 1900’s lamgelê deur politiek, vloede, oorloë, die Spaanse griep en ingenieursuitdagings. Vandag lok die dam duisende toeriste na die dorp, Hartbeespoort. Ongelukkig staar die dam ’n nuwe bedreiging in die gesig. Waterhiasint wat soms tot 40% van die wateroppervlak beslaan, moet deurgans bestry word. Die Rhodes Universiteit het egter ’n baie suksesvolle navorsingstudie onderneem om saam met die gemeenskap van Hartbeespoort dié dorp se trots te bewaar.
Thu, 26 Jan 2023 - 469 - ALZHEIMERS, ‘N LEWE SONDER ONTHOU deur Johan van Lill
Johan van Lill ondersoek die impak wat Alzheimers en demensie het op die mense om ons. Hoe raak dit die geliefdes wat die pad saam met iemand stap wat aan hierdie siekte ly? Alzheimer is die bekendste vorm van demensie – ‘n neurologiese siekte met ‘n verlies aan algemene kognitiewe vermoëns in 'n voorheen helderdenkende persoon.
Thu, 19 Jan 2023 - 468 - OP DIE AGTERPOOT deur Lizelle de Bruin
In die hartjie van die Boland op die perdeplaas, Mistico, is die enigste stoet Lippizaners in Afrika. Hierdie perde het ‘n baie ryk geskiedenis, en hulle is spesiaal geteel vir hulle ongewone krag. Hulle is reeds 75 jaar lank in Suid-Afrika. Die stoet word gebruik om jaarliks twaalf ruiters op te lei as deel van ‘n internskap. Meeste van die ruiters kom uit agtergeblewe gemeenskappe. Die Lipizzaner is 'n antieke ras wat uit die Romeinse tyd dateer, onder keiser Julius Caesar. In die 14de eeu het aartsbiskop Maximilian die behoefte gesien om 'n oorlogsperd van ongewone sterkte, lojaliteit en moed te teel. Hy het perde van Spaanse, Italiaanse en Oosterse oorsprong gekies om sy teelprogram op te stel. Hieruit het die Lipizzaner-perd ontstaan, wat sy naam kry van die dorpie Lipizza in hedendaagse Slowenië waar die ras gebore is. Lippizaners kan slegs gesien word in die Boland in Afrika by een van drie stalle, waarvan die ander twee in Noord-Amerika en Italië is. Die perde is bekend vir hulle terapeutiese waarde vir kinders met leerprobleme en gestremdhede.
Thu, 05 Jan 2023 - 467 - Kersfees 1914 deur Esté de Klerk
Op 24 Desember 1914, vyf maande nadat die Eerste Wêreldoorlog uitbreek tussen die Sentrale en Geallieerde magte, daal ‘n heilige stilte oor die slagveld op die Westelike front in Europa, neer. Dit sou later bekendstaan as die 1914 Kersfees Wapenstilstand: ‘n vredesooreenkoms tussen vyande wat nog nooit weer in die geskiedenis herhaal is nie. Uit hierdie gebeurtenis, put die musikant en skrywer, Coenie de Villiers inspirasie waarmee hy met ‘n nuwe lied, Kersfees 1914, hoop wil bring aan minderbevoorregtes. Esté de Klerk het gaan inloer toe De Villiers en ander musikante die lied opgeneem het.
Sun, 11 Dec 2022 - 466 - 85 JAAR VAN MUSIEK deur Haidee Muller-Isaacs
Haidee Muller-Isaacs fokus op die plaaslike musiekbedryf sedert 1937 met die stigting van ‘n volwaardige radiodiens in Afrikaans. Hoor meer van langspeelplate, kassette en CD’s, verskeie kunstenaars en hulle treffers, die Musiek en Liriek-beweging en die Voëlvry-beweging wat daarna sou volg. Haidee fokus ook op die befondsingsmodel vir musiek, en hoe stroomdienste werk.
Thu, 29 Sep 2022 - 465 - VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 2 deur Johan van Lill
Johan van Lill kyk verder na die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Hy fokus op die fyn kuns wat dit verg om mense se stories te vertel – nie net bekende mense s’n nie, maar ook mense wat uitdagings in die lewe moes oorkom.
Thu, 22 Sep 2022 - 464 - VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 1 deur Johan van Lill
Johan van Lill vertel meer oor die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Oor die jare het RSG bekend geword vir die gehalte van sy tweejaarlikse dokumentêre seisoene. Johan het in die argiewe gaan kyk, en fokus op tegnieke wat dokkiemakers gebruik om jou vasgenael voor die radio te hou.
Thu, 15 Sep 2022 - 463 - LOKSTEM VAN 'N DIONUSUS deur Ina Strydom
Die akteur Louis van Niekerk is reeds meer as vyf dekades lank aan die werk in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf. Hy vertel van sy gunstelingrolle, mense wat ‘n groot invloed op sy loopban gehad het, en sy hoop vir die toekoms van die teater.
Thu, 08 Sep 2022 - 462 - DIE HANTAM NASIONALE BOTANIESE TUIN deur Johan Rademan
Daar is elf nasionale botaniese tuine in Suid-Afrika wat deur SANBI bestuur word. Die Hantam Nasionale Botaniese Tuin is die grootste nasionale botaniese tuin in Suid-Afrika. Johan Rademan gesels daar met kenners oor die geofiete, fauna en flora op die Bokkeveldplato.
Thu, 01 Sep 2022 - 461 - KILOMETERS VAN GESKIEDENIS deur Lizelle de Bruin
Oor dekades heen het die NG Kerk se kantoortannies dinge opgeteken en geliasseer, en iewers op ‘n punt na die Kerkarfgief in Stellenbosch gestuur. Lizelle de Bruin het by die argief gaan kyk wat alles daar bewaar word, en watter segmente van die samelewing daardie argiefmateriaal kan gebruik.
Thu, 25 Aug 2022 - 460 - AAN DIE KLOK deur Martelize Brink
Suid-Afrikaners stap verby hierdie strukture sonder kennis van die ware geskiedenis en rol wat dit in die destydse Kaap Kolonie en slawe se lewe gespeel het. Martelize Brink verken die slaweklokgeskiedenis van Suid-Afrika. Die verkenning van dié belangrike geskiedenis van Suid-Afrika word verweef met die verskeie spookstories en mitologie wat oor die jare van generasie tot generasie oorvertel is.
Thu, 18 Aug 2022 - 459 - JAMBO, JAMBO KENIA deur Terrance April
Kenia, aan die ooskus van Afrika, het ‘n ryk geskiedenis. Oorblyfsels van vroeëre beskawings in die land se suidoostelike deel, kan vandag nog duidelik gesien word. Die land spog ook met pragtige natuurskoon. Benewens die bekende wildreservate is daar pragtige spierwit strande langs die ooskus. Kyk na dié land deur die oë van ‘n paar Suid-Afrikaners wat daar woon en werk, asook van die gidse by historiese plekke soos die Jesusfort in Mombasa en die Mnarani-ruïnes. Jambo beteken hallo, en die gebruik is dat die woord herhaal word om die hartlikheid van die groet te beklemtoon.
Thu, 11 Aug 2022 - 458 - KLIPPLAAT: SPOORWEGDORP TOT SPOOKDORP deur Jacques Arendt
Klipplaat is sowat 185 km van Gqeberha, 35 km van Jansenville en 75 km van Aberdeen af geleë. Die dorp het sy naam gekry as gevolg van die groot rotsklipplate in die omgewing. Met die koms van die spoorweg in 1879 het Klipplaat begin lewe. Die stasie het tot 1992 ‘n belangrike rol in die plaaslike ekonomie en boerderygemeenskap gespeel, en was ‘n aansluiting vir treine vanaf Kaapstad, Johannesburg en Port Elizabeth. Die konining van Engeland het Klipplaat in 1947 op ‘n wit trein besoek. Hoe gaan dit deesdae op Klipplaat? Jacques Arendt het vir ‘n paar dae daar gaan kuier om uit te vind.
Thu, 04 Aug 2022 - 457 - DISTRIK 6 NOU: KANALA OF TRAMAKASSIE? Deur Johan van Lill
Johan van Lill het ‘n paar jaar gelede ‘n dokumentêre reeks gemaak oor Distrik 6, soos vertel deur die herrinneringe van die oudinwoners. Intussen het van die inwoners teruggekeer na hulle geliefde grond. Hoe ervaar die mense wat teruggetrek het na die nuwe Distrik 6 dit om daar te bly? Wat is tans aan die gebeur in die gebied?
Thu, 28 Jul 2022 - 456 - AS JY LOOP HET JY HOOP deur Lizelle de Bruin
Die Pelgrimstog van Hoop is 'n pelgrimsroete wat die oudste kerke van Suid-Afrika besoek. Die roete kan gevolg word van Stellenbosch of Robertson af en loop deur die Overberg tot by Agulhas aan die suidpunt van Afrika. Pelgrims kan ook korter dele stap. Die roete neem jou deur van die mooiste dele in die land – onder meer Greyton, Genadendal, die Hemel-en-Aardevallei, Walkerbaai en Baardskeerdersbos. Die roete volg ook die geskiedenis van die land, en loop deur ou sendingstasies soos Genadendal en Elim met hulle uitsonderlike verhale en argitektuur.
Thu, 21 Jul 2022 - 455 - DIENSPLIG deur Jody Hendricks
Vir drie dekades, vanaf 1966 tot die laat tagtigs, was militêre diensplig vir die meeste jong wit seuns in Suid-Afrika onafwendbaar. Hulle staan bekend as die dienspliggenerasie. Nou, dekades later, in die nuwe Suid-Afrika kyk baie van hulle met trots terug op hulle dienspligtydperk, vir sommige was dit ‘n jaar en vir ander twee jaar. Maar daar is ook van hulle wat dit nie wou doen nie, dit was ‘n nagmerrie en ‘n tyd waaroor hulle liewer nie wil praat nie. Jody Hendricks praat met drie mans oor hulle ervaring van diensplig in die Weermag - die goed en die sleg daarvan. Hy kyk ook na die gevolge, letsels en worsteling wat diensplig op sommige lede gelaat het.
Thu, 14 Jul 2022 - 454 - SUID AFRIKA, ‘N OUDIOTÊR VAN 1949 TOT 2021 deur Ettienne Ludick
Suid Afrika het ’n ryk geskiedenis sedert 1949 - goed en sleg. Ettienne Ludick het die afgelope 12 jaar of wat ’n klankargief opgebou wat van hierdie oomblikke uitlig. Daar is klank van dr. Verwoerd se moord met beskrywende ooggetuie-opnames, die Soweto-opstande, die oorgang na demokrasie, en sporthoogtepunte soos die wêreldbekeroorwinnings en die Hansie Cronjé-sage.
Thu, 07 Jul 2022 - 453 - AGTER DIE MASKER - DEEL 2 deur Esté de Klerk
Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegsters en pasiënte, en die diep wonde in die psige wat moontlike jare sal neem om te genees. Hoor die stemme van dokters en pasiënte oor die emosionele impak van die pandemie op hulle lewe en loopbane.
Thu, 31 Mar 2022 - 452 - AGTER DIE MASKER - DEEL 1 deur Esté de Klerk
Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegsters en pasiënte, en die diep wonde in die psige wat moontlike jare sal neem om te genees. Hoor die stemme van dokters en pasiënte oor die emosionele impak van die pandemie op hulle lewe en loopbane.
Thu, 24 Mar 2022 - 451 - DIE BLOMMEVERKOPERS VAN ADDERLEYSTRAAT deur Haidee Muller
Hulle is, nes Tafelberg, Kaapstad se trots, ‘n lewende geskiedenis. En daar by Trafalgar-plein, die historiese deurloop tussen Adderley- en Parlementstraat, sal jy die Moederstad se legendariese blommeverkopers in al hulle glorie, kleur en geur aantref. Hulle is ‘n bloedlyn van blommemense, en Adderleystraat se blommemark is ook na dese ‘n gewilde toerismebaken – hier word immers al langer as 'n eeu lank met blomme handel gedryf. Dit, nadat die Anglikaanse aartsdeken en weldoener, Thomas Lightfoot, verseker het dat die omgewing waar die blommeverkopers handel dryf, vir hulle uitsluitlike gebruik in ‘n trust bewaar word. Die pandemie het egter sy tol geëis. Haidee Muller-Isaacs het gaan uitvind hoe sake deesdae op Trafalgar-plein staan.
Thu, 17 Mar 2022 - 450 - DIE DUURSTE SPESERY OP AARDE deur Jacqui January
Saffraan, die duurste spesery op aarde, verkoop teen R200,000 per kilogram. Dié gesogte en besondere spesery bring ‘n uiters welkome ekonomiese inspuiting in die dorre Noord-Kaap. Dit verg egter fyn beplanning, en sowat ‘n 150,000 blomme is nodig om ‘n kilogram saffraan te produseer.
Thu, 10 Mar 2022 - 449 - ADAM EN JAKES: GESPREKSGENOTE IN EN OOR AFRIKAANS deur Heindrich Wyngaard
Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor, Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word in hierdie dokumentêre program belig. Die stemme van onder andere digter Antjie Krog, teoloog Allan Boesak en musikant Frazer Barry word gehoor.
Thu, 03 Mar 2022 - 448 - IN NOMINE PATRE deur Fritz Klaaste
Daar is ‘n drastiese afname in die aantal nonne in sekere dele van die wêreld. In Suider Afrika is it egter baie stabiel. Die rol van nonne in ons lewe word nie goed gepubliseer nie, en misinformasie dra by tot ‘n wanpersepsie oor dié besondere roeping. Fritz Klaaste het die wêreld en leefstyl van die non gaan bekyk.
Thu, 24 Feb 2022 - 447 - 50 JAAR VAN KUNSTE IN DIE KAAP deur Martelize Brink
Dis ‘n baken van kuns en een van die eerste geboue wat jou verwelkom soos jy die Moederstad vanaf die N1-snelweg groet. Dit was die afgelope twee jaar vir lang tye stil en leeg, tog is daar baie werk gedoen om die kunste lewendig te hou. Kunstekaap, vroeër bekend as die Nico Malan-teater, het in 2021 sy 50ste bestaansjaar gevier. Martelize gesels met die teaterkompleks se bestuurshoof dr. Malene le Roux en verskeie ander rolspelers wat oor die jare betrokke was by die kunste in Kaapstad.
Thu, 17 Feb 2022 - 446 - TRANSGENDER – OM MYSELF TE WEES deur Johan van Lill
Johan van Lill vertel die verhale van Simone Heradien en Robert Hamblin, wat ná ‘n lang oorgangsperiode, albei as die teenoorgestelde geslag leef as wat hulle gebore is. Om transgender te wees, het eintlik bitter min te doen met jou geslag. Die rol wat gender speel, het ‘n reuse impak op die mate waarin jy jouself kan uitleef in die rol wat jy speel, ongeag jou geslag.
Thu, 10 Feb 2022 - 445 - DIE SAGTE REUS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WYNBEDRYF deur Martelize Brink
Duimpie Bayly - voorste wynwetenskaplike, Kaapse wynmeester, wynmaker en administrateur - is in 2021 in die ouderdom van 81 oorlede. Hy was reeds teen 1962 by Stellenbosch Boere Wynmakery werksaam. Duimpie was hoogsgeleerd met ‘n BSc van die Universiteit Stellenbosch, ‘n MSc van die Universiteit van Kalifornië en ‘n PMD van Harvard. Hy was een van die groot geeste wat ‘n daadwerklike bydrae tot die plaaslike wynbedryf gemaak het. Martelize Brink het twee maande voor sy dood, aan huis met hom oor sy lewe en loopbaan gesels.
Thu, 03 Feb 2022 - 444 - DIE DIEP DONKER WEB deur Jody Hendricks
Almal weet wat die wêreldwyeweb (www) is, maar baie min mense weet van die ander dele van die internet, soos die diepweb en die gevaarlike donkerweb. Jody Hendricks stel ondersoek in na die verskeie dele van die internet, en hoe dit jou privaatheid en veiligheid kan bedreig.
Thu, 27 Jan 2022 - 443 - BROERS - VAN GISTER TOT VANDAG deur Johan Rademan
Na Theuns Jordaan se dood het ‘n mens tot die besef gekom watter hegte eenheid Suid-Afrikaanse kunstenaars vorm. Elkeen het ‘n storie. Johan Rademan kyk na die invloed van die ouerhuis en ‘n loopbaan oor drie dekades van drie broers - die Snyman-broers. Christo, Cobus en Stephan (Nick Stephens) het twee B. Mus-grade tussen hulle, en twee van hulle het in die Kanaries gesing. En wat het Zane Adams en die Bala-broers met die drie broers te doen?
Thu, 20 Jan 2022 - 442 - CM VAN DEN HEEVER, ‘N MAN VAN SY TYD deur Ina Strydom
Die skrywer van verhale soos SOMER en LAAT VRUGTE, en gedigte soos AMANDELBOOM O LENTEBRUID, CM van den Heever, is vanjaar 120 jaar gelede gebore. Hy word gesien as ‘n oorgangsfiguur na die invloedryke Dertigers, en is een van die belangrikste skrywers van die eerste helfte van die 20ste eeu. Hy is twee keer met die Hertzogprys bekroon: in 1928 vir poësie vir die bundel DIE NUWE BOORD; en in 1942 vir prosa vir die roman LAAT VRUGTE. Hy was die stigter van die Afrikaanse Skrywerskring, en eerste redakteur van die Tydskrif vir Letterkunde.
Thu, 13 Jan 2022 - 441 - NAMAKWALAND - ‘N FONTEIN VAN STORIES deur Johan van Lill
Johan van Lill vat die pad Namakwaland toe om by ‘n paar storievertellers te gaan kuier. Die stories wat Namakwalanders vertel is nie grappe nie, dis stories oor dinge wat gebeur het en mense wat bestaan het of nog bestaan. Namakwalandse mense verstaan mekaar en ken mekaar uit aan die name wat hulle vir mekaar gee. Name met stories daaragter. Vir Namakwalanders is stories deel van gesels en kuier. Hulle het hulle eie manier om goed te vertel. Die stories is ryk aan uitdrukkings, wat net so beskrywend is van die mense as die stories. Die stories is meesal waar, of amper waar. Die verteller vertel dit so dat jy nie vir ‘n oomblik sal twyfel dat dit werklik gebeur het nie. Deelnemers aan die program sluit in Izak Volgraaff, Marana Brand, Jasper Nieuwoudt, Jan “Ponk” van Zyl en Gielie de Kock.
Thu, 06 Jan 2022 - 440 - 80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 3 deur Johann Russouw
1975 – 1989: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK uitgesaai en in die program ingesluit is, is die Springbokke van Wynand Claassen se rugbytoer na Nieu-Seeland in 1980, die heel eerste Miljoen-Dollar Gholftoernooi op Sun City in 1981, die rebelle toere van die Engelse-, Wes-Indiese en Australiese krieketspanne na Suid-Afrika tussen 1983 en 1986, Gerrie Coetsee se wêreldtitel boksgeveg in 1983, Brian Mitchell se wêreldtitel boksgeveg in 1986 en die reeks van die Internasionale Rugbyraad se Wêreld 15-tal teen Jannie Breedt se Springbokke in 1989. Daar word ook hulde gebring aan sportkommentators soos Gerhard Viviers, Johannes van der Walt, Retief Uys, Christo Olivier, Andre Coetzee en Chris van Onselen.
Thu, 21 Sep 2017 - 439 - 80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 2 deur Johann Russouw
1962 – 1974: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK uitgesaai en in die program ingesluit is, is die Springbokke se dramatiese kriekettoetsreeks van 1964 in Australië, die eerste droommyl wat in Suid-Afrika gehardloop is, Karen Muir se wêreldswemrekord in 1967, Paul Nash se atletiekwêreldrekord in die 100-meter, en die Springbokke se rugby-toetsreeks teen Brian Lochore se All Blacks in 1970. Daar word ook hulde gebring aan sportkommentators soos Johan de Bruyn, AW Labuschagne, Pierre Marais, Edwill van Aarde, Hendrik du Bruyn, Jan Snyman en Gerhard Viviers.
Thu, 14 Sep 2017 - 438 - 80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 1 deur Johann Russouw
1937 – 1961: Luister na die heel eerste regstreekse sportkommentaar wat deur die destydse Kanaal 2 van die SAUK uitgesaai is. Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat in die program ingesluit is, is die Olimpiese Spele van 1948, die All Blacks se rugbytoer na Suid-Afrika in 1949, die Engelse krieketspan se reeks teen Clive van Ryneveld se Springbokke in 1958 en Sandra Reynolds se wedstryd teen Maria Bueno in die eindstryd van die Wimbledon-tenniskampioenskap van 1960. Daar word ook hulde gebring aan die baanbrekers van Afrikaanse sportkommentaar soos Jannie Fourie, Dana Niehaus, Paul Bothma, Steve de Villiers, Johan de Bruyn, Nic Naude en AW Labuschagne.
Thu, 07 Sep 2017 - 437 - WAAR KOM EK VANDAAN? deur Chris Swanepoel
Gedurende die twintigste eeu het die belangstelling in familiegeskiedenis met rasse skrede toegeneem. Vandag is dit een van die gewildste tydverdrywe in die westerse wêreld. Een van die redes hiervoor is waarskynlik omdat daar al hoe meer klem geplaas word op die individu se plek, betekenis en regte in die samelewing. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het die gewildheid van genealogiese navorsing elke tien jaar ongeveer verdubbel.
Thu, 31 Aug 2017 - 436 - RASTA - AGTER DIE ROOKSKERM deur Johan Rademan
Judah Square is die grootste Rastafari-gemeenskap in Suid- Afrika. Johan Rademan het die nedersetting met 27 gesinne in Khayalethu buite Knysna besoek, waar hy die waardes, lewensbeskouing, simboliek en menswees van die Rastafari ondersoek het. Nadat die munisipaliteit in 1993 grond aan die gemeenskap toegeken het, het dit 'n produktiewe en in 'n groot mate selfvoorsienende gemeenskap geword. Skool, kerk, behuising, m.a.w. al die normale behoeftes van mense, tref 'n mens hier aan, maar die geestelike ingesteldheid en lewensbeskouing lewer interresante ontdekkings op. Broer Zebulon Afrikaner lei ons deur die gemeenskap en ons ontmoet Hoofman Maxie wat vertel van Bob Marley en Haille Selasie I van Ethiopië se motivering in hulle daaglikse handel en wandel. Die oudstes, die vroue, onderwysers en kunstenaars gesels saam. 'n Besoek aan die altaar met lofprysinge is ook aangrypend. Rasta-lokke en dagga-dampe wat Broer Jabu al 27 maal met die gereg laat bots het, word ook bespreek.
Thu, 24 Aug 2017 - 435 - EBENHAESER SE MENSE deur Haidee Muller
Ebenhaeser is 'n klein sendingdorpie anderkant Vredendal in die Wes-Kaap. Haidee Muller het daar gaan kuier. Sy vertel die stories van die mense wat daar woon, en hoekom hulle hulle hartsplek koester.
Thu, 17 Aug 2017 - 434 - UIT DIE BOKS GELEEF deur Fritz Klaaste
Gemeenskapsport is een van die maniere om waarde toe te voeg tot die gemeenskapslewe, maar 'n boksklub in Lenasia, suid van Johannesburg, het alle verwagtinge oortref. Aman Khan het die klub op 1 Junie 1961 gestig, en vandag, ná drie generasies, is die klub steeds bedrywig. Fritz Klaaste kyk na die klub se aktiwiteite en die dryfkrag daaragter, Imran Khan, wat vroeër vanjaar gesterf het.
Thu, 10 Aug 2017 - 433 - AL DANSENDE VAN MACCASSAR TOT ROTTERDAM deur Johan van Lill
Kirvan Fortuin is jong danser en choreograaf, wat in Macassar op die Kaapse Vlakte grootgeword het en wat sy passie as 'n beroep gekies het. Hierdie passie het hom gelei na verhoë, oorsee en plaaslik.
Thu, 03 Aug 2017 - 432 - SEUNSKOOR deur Christelle van Tonder
Die wêreldbekende Drakensberg Seunskoor vier vanjaar sy 50e bestaansjaar. Die skool het in 1967 begin met 20 seuns, en 50 jaar later spog hulle met 120 seuns van graad 4 tot graad 9. Die woord broederskap word graag deur die onderwysers en die seuns gebruik om hulle verhoudings te beskryf. Christelle van Tonder het twee dae saam met die seuns spandeer, en uitgevind wat dit beteken om 'n Drakie te wees.
Thu, 27 Jul 2017 - 431 - DIE LIPIZZANERS deur Esté Gross
Die Lipizzaners, ook bekend as die dansende witperde, is 'n ras met 'n unieke geskiedenis wat oor eeue heen strek. Die pronkperde is reeds sedert 1948 in Suid-Afrika en het deur die jare 'n integrale deel van die land se erfenis geword. Este Gross het gaan uitvind hoe die pronkperde opgelei word.
Thu, 20 Jul 2017 - 430 - IN DIE BOL GETIK deur Jacqui January
Die ewig groeiende, bose kringloop van dwelms verwoes die lewens van die afhanklikes, hul geliefdes en kring boonop uit na die res van die gemeenskap. Eersterust in Pretoria is geen uitsondering nie, maar die gemeenskap rol hul moue op, staan saam en soms ook nie. Híer is oorlog teenoor dwelms verklaar! Die dokumentêr, In die Bol geTik deur Jacqui January, handel oor die mense van Eersterust en die dwelmkwessie wat hulle gemeenskap teister.
Thu, 13 Jul 2017 - 429 - 'N ONDERSTEBO WÊRELD deur Christelle van Tonder
Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Die is hulle verhaal van 'n onderstebo wêreld - Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.
Thu, 06 Jul 2017 - 428 - DIE BAAI SE HONDEMAN deur Mariska Spoormaker
Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. Hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie Baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. En dis ook nie sommer enigiemand wat al diep in sy sewentigs soos 'n entrepreneur in 'n noodsituasie sal kan dink nie. Mariska Spoormaker het tydens drie huisbesoeke oor Johnson se skouer geloer.
Thu, 30 Mar 2017 - 427 - ONS DIEN DIE MENSDOM deur Christelle van Tonder
Dr. Imtiaz Sooliman het 25 jaar gelede 'n organisasie gestig, wat tot op hede meer as R2 miljard se noodlenigingshulp aan 42 lande gegee het. Gift of the Givers is 'n nie-regeringsorganisasie wat 21 projekte bestuur, van gesondheid, opvoeding en lewensvaardighede tot voedingsprogramme en werkskepping.
Thu, 23 Mar 2017 - 426 - DIE HART VAN MY HUIS deur Jacqui January
Jozi, Egoli, Goudstad... Na al die jare is Johannesburg steeds 'n plek waar duisende mense hulle rykdom kom soek. Jacqui January fokus op 'n groepie jongmense by 'n organisasie in die middestad. Die jongmense se hoofdoel is om met 'n positiewe houding, uitreikwerk in die middestad te doen.
Thu, 16 Mar 2017 - 425 - TWEE PASIËNTE deur Marí Hudson
Elke dag word daar in staat- en private hospitale honderde operasies gedoen. Pasiënte word hospitaalnommers, maar Marí Hudson neem jou op 'n kort reis van drie dae saam met twee pasiënte – van opname tot die dag ná die operasie. Die twee pasiënte is nie familie van mekaar nie, maar het tog iets gemeen.
Thu, 09 Mar 2017 - 424 - JAN POHL: 'N 100-JAAR GOUD deur Johan Rademan
“Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie, hy is so klein en so skraal. Hy dra 'n ou klein koffiekannetjie en stap na die werk vir die hondertste maal.” Jan Pohl sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. Hy is op 80-jarige ouderdom oorlede in Phillipolis waar hy en sy vrou gaan aftree het. Sy is nou 88 en woon steeds daar.
Thu, 02 Mar 2017 - 423 - DIE VRYSTELLING VAN DIE SLAWE deur Chris Swanepoel
Volgens Britse wetgewing is alle slawe aan die Kaap op 1 Desember 1834 vrygestel, maar hulle moes vir vier jaar as inboekelinge by hulle voormalige eienaars aanbly om hulle op vryheid voor te berei. Die datum is met groot opgewondenheid deur die vrygestelde slawe afgewag. Daarenteen het dit groot onsekerheid by die koloniste gewek – amper soos wat baie Suid-Afrikaners in 1994 ervaar het. En toe die dag uiteindelik aanbreek, het daar iets gebeur wat baie mense as 'n teken uit die hemel gesien het, hoewel die koloniste en die vrygestelde slawe nie dieselfde betekenis daaraan geheg het nie. Chris Swanepoel probeer meer lig werp op hierdie lotsbepalende gebeurtenis in Suid-Afrika se geskiedenis.
Thu, 23 Feb 2017 - 422 - SHAYGAM VAN HANGBERG: DIEREREDDER deur Martelize Brink
Teen die hange van Hangberg in Houtbaai het die 23-jarige diereredder, Shaygam Newman, 'n plek van veiligheid geskep vir diere, wat soos hy, eens op 'n tyd in die lewe tweede gekom het.
Thu, 16 Feb 2017 - 421 - CONRAD THEYS: LAASTE KAAPSE IMPRESSIONIS deur Johan van Lill
Conrad Theys staan bekend as een van die laaste Kaapse impressioniste. Johan van Lill het by hom in sy huis in Bellville-Suid gaan kuier. Hierdie geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaar is al met vele pryse vir sy skilderwerk vereer, onder meer 'n eredoktorsgraad, 'n medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en onlangs die Suidoosterfees en die ATKV se toekenning vir 'n lewensbydrae in kuns.
Thu, 02 Feb 2017 - 420 - DIE LUXORAMA deur Johan van Lill
Johan van Lill bring hulde aan die gewilde en omstrede Luxurama-teater in Wynberg in die Kaap. Soveel Kaapse kunstenaars wat later groot internasionale name sou word, se loopbane het in hierdie teater begin. Giempie Vardien, Terry Fortune en Terry Hector Smith het almal van jongs af in die Luxurama opgetree en deel hulle herrinneringe van hierdie teater.
Thu, 26 Jan 2017 - 419 - CALITZDORP SE MENSE deur Haidee Muller
Haide ry altyd deur Calitzdorp om by haar tuisdorp, Oudtshoorn, uit te kom. Sy het altyd gewonder oor die mense hier - wat hulle doen en wie hulle is? Sy maak toe 'n draai op die dorpie, wat onder inwoners as die Port-hoofstad bekendstaan. Ander verwys ook na die dorp as Kallieklip. Haidee het 'n hele paar mense se stories gehoor, en vertel vir ons meer van plaasboer Klokkie, die taxi-man met die rastalokke, Neale Coetzee, en 'n hele spul ander kleurryke mense wat op hierdie klein Karoordorpie woon.
Thu, 19 Jan 2017 - 418 - THANDI KLAASEN 1931 - 2017 deur Johan Rademan
Johan Rademan was in 2006 bevoorreg om 'n spesiale aand tydens die Kanasiefees in Canmore, Kanada, in die geselskap van Thandi Klaasen en haar dogter Lorrainne deur te bring. Sy het juis die “The Woman of Distinction Award” sewe jaar tevore in Kananda ontvang vir 50 jaar se werk in die bedryf. Haar dogter Lorrainne het uit Montreal, waar sy meer as 35 jaar lank al bly, kom kuier. Lorrainne is self 'n gerekende sanger in Kanada en het in 2014 as liedjieskrywer-sanger die 2014 Montreal SOCAN-toekenning in die kategorie wêreldmusiek verower. Karen Zoid, Randall Wicomb en Thys die Bosveldklong was ook by die huispartytjie waar hulle van Kanadese yswyn tot Suid-Afrikaanse Pinotage geniet het. Hoe later hoe kwater. Langarm en sokkie met Lorraine en Thandi… en toe die mikrofoon en 'n meesleurende verhaal van geloof en ongeloof wat vertel word deur Thandi en Lorrainne ten aanhore van Suid-Afrikaners wat in die simbole van biltong en braaivleis saamgeluister het. Verbeel jou jy's daar tussen die sederhoutbome in 'n gesofistikeerde houthuis in Canmore aan die voet van die Rockies net buite die vakansiedorp, Banff, met die Bowrivier wat diepblou deur die voormalige steenkoolmyndorpie vloei. Die De Wets, sielkundige en mediese-dokter-egpaar, het sag gestoomde salm op die spyskaart, en die lieflike soet tongval van Suid-Afrika is by hulle en nou ook by jou...
Thu, 19 Jan 2017
Podcasts ähnlich wie RSG Dokumentêr
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- The Clement Manyathela Show Primedia Broadcasting
- La Zanzara Radio 24
- Radioteater RSG
- Les Grosses Têtes RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Andere Bildung Podcasts
- TED Talks Daily TED
- Global News Podcast BBC World Service
- What Now? with Trevor Noah Spotify Studios
- Forensic Files HLN
- Conversations ABC listen
- Mevrou Mevrou JacPod
- True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe JacPod
- Focus on the Family with Jim Daly Focus on the Family
- Naweekaktueel RSG
- Ahmed Deedat Muslim Central
- Ukraine: The Latest The Telegraph
- Best Of Dr. Phil Dr. Phil McGraw
- Ikwekwezi FM Documentaries Ikwekwezi FM
- L'Heure Du Crime RTL
- MSA My Story Animated
- Affaires sensibles France Inter
- Muhammad Carr Muslim Central
- Before We Say I Do Yahoo! UK
- #Khulumanifm Khulumani FM
- The Zod & Drea Podcast Podcast Generator User