Nach Genre filtern
Welkom op ons Stoep. Op ons Stoep glo ons in musiek. Ons glo in woorde. Ons glo in Afrikaans. Ons glo in geselskap.Ons luister die musiek wat jy nie noodwendig op radio sal hoor nie. Ons gesels oor die dinge waaroor jy nie noodwendig aan die eetkamertafel gesels nie. Ons drink die rooiwyn en bier wat lekkerder smaak as jy dit laataand langs 'n vuur drink saam die mense vir wie jy lief is.
- 8 - Opinies & Onkunde 1
Welkom by Opinies & Onkunde 1!Dis 'n koue, donker laataand op die Stoep, en dinge ruk bietjie handuit op die Stoep. Wian en Leon probeer om een of twee global debates op te los, maar verval in 'n donker gat van ranting en stry oor die een onderwerp wat die mag het om die Stoep te kelder: Wat is beter? Wyn... of bier?Dis haar verjaarsdagmaand! Baie geluk, Hilde! Ons ongelooflike Stoepsit kuns word soos altyd gemaak deur Ineffable Digital Designs. Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons ...
Sat, 28 May 2022 - 7 - Spookasem & Roller Coasters: Deel 2
Welkom by Spookasem & Roller Coasters Deel 2!Dis Deel 2 van Spookasem & Roller Coasters en Wian en Leon gesels oor die "ander kant" van spoke, geeste, poltergeists, Van Hings, Uniondale en alles anders para-normaal. As jy 'n bydrae wil lewe op hierdie punt, laat weet ons asseblief by stoepsitpotgooi@gmail.comDie ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs. Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.Tema Musiek: Infraction - Holiday
Sat, 14 May 2022 - 6 - Spookasem & Roller Coasters
Welkom by Spookasem & Roller Coasters!Ons almal het eens op 'n tyd al te doen gehad met iets wat ons nie kan verduidelik nie. Deure wat kraak, fluisterstemme in die donker, of dalk 'n pragtige ryloper in die Klein Karoo wat op 'n geheimsinnige manier net jou kar verlaat na 'n rukkie. Of jy nou daarin glo of nie, ons kan nie die feit ignoreer dat daar dalk 'n paranormale deel van die wêreld is wat ons nie kan verstaan nie. Die begin koeler raak op die Stoep, maar Wian & Leon is gepanse...
Sat, 30 Apr 2022 - 5 - Afgestroop: Die Lewe Het 'n Punt Gemaak
Welkom by Afgestroop!Dis twee jaar later en ons voel steeds die emosies wat niemand van ons gedink het ons sal voel nie. Dis twee jaar later en ons is steeds gatvol. Dis twee jaar later en ons voel steeds afgestroop. Dis twee jaar later en die lewe het 'n punt gemaak. Dis twee jaar later, en nou sluit ons dit af. Hierdie episode se Instagram Digter is Ilze du Plessis, 'n fantastiese mens wat met woorde kan toor.Die ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs. Baie da...
Sat, 26 Mar 2022 - 4 - Hier Is Ek Weer
Welkom by Hier Is Ek Weer!Hoe werk dit dat as die klok Oktober slaan, almal soos een man begin funksies, troues, partytjies, braais, kuiers, ingrypings, vakansies en feeste reël? In hierdie kort incheck vra Wian en Leon plegtig omverskoning vir die laaste paar maande se radiostilte, maar stel ook gerus dat die Stoep uiteindelik weer lewe gekry het. Daar was beplan en verander, ge-backpaddle en ge-borsslag, wawiele en bollemakiesies gemaak. Als wyl daar 'n bestendige stroom van rooiwyn en bier...
Mon, 14 Feb 2022 - 3 - Die Vere Maak die Voël
Welkom by Die Vere Maak die Voël!Sonder dat ons dit besef, het ons almal al eens op 'n tyd die knie gebuig voor sosiale media. Dalk nogsteeds? Vanaand op die Stoep gesels Leon en Wian oor die gevare van sosiale media en hoe dit jou loopbaan, jou verhouding en jou eiewaarde kan kelder. As't ware maak die blou vere van Twitter werklik somtyds die voël. Hierdie episode se Instagram Digter is 'n anonieme persoon wat graag 'n Instagram blad wil begin vir hulle gedigte. As jy van hierdie gedig geho...
Wed, 24 Nov 2021 - 2 - Naald & Ink
Welkom by Naald & Ink!Dis 'n warm somersaand op die Stoep en oor 'n glas rooiwyn en 'n yskoue Castle Light krap Wian & Leon onder die vel om by 'n onderwerp uit te kom wat in sommige huishoudings steeds met 'n stywe lip bespreek word. Hierdie episode se Instagram Digter is Lindie van Gass. Besoek haar webwerf vir allerhande cool woorde en merch. Weereens word die fantastiese Stoepsit kuns gemaak deur Ineffable Digital Designs. Baie dankie aan die girls van SAARKIE vir "As ...
Wed, 06 Oct 2021 - 1 - Welkom Op Ons Stoep
WELKOM OP ONS STOEPOns nooi jou uit om die Stoepsit reis saam met ons te begin! In hierdie kort trailer episode gesels Wian & Leon oor die kultuur van Stoepsit, watter sleutelelemente nodig is vir 'n lekker Stoepsit sessie en wat jy kan verwag van Stoepsit seisoen 1.Vind ons stoep op Facebook en Instagram as "Stoepsit Potgooi", of stuur vir ons 'n epos na stoepsitpotgooi@gmail.comDie fantastiese Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs. Trek 'n stoel nader, en Welkom Op On...
Tue, 24 Aug 2021
Podcasts ähnlich wie Stoepsit Potgooi
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Affaires sensibles France Inter
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- Espacio en blanco Radio Nacional
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- TED Talks Daily TED
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR