Filtrar por género
'n Podcast deur Landbouweekblad. Die span van Landbouweekliks het al die land vol gereis om die landbou en Suid-Afrika se merkwaardige boere se stories in kykers se woonkamers te vertel. Die reeks vermaak kykers al vir byna twee jaar op VIA (kanaal 147 op Dstv) al vir twee jaar lank met stories uit die landboubedryf. Luister in dié podcast na jou gunsteling Landbouweekliks-episode en ontmoet die boere wat hulle deel doen om die land te bou.
- 25 - ‘Om in die paradys te kan boer’
Rossouw Cillié is die voorsitter van Pro-Agri en uitvoerende hoof van Laastedrif-boerdery. Dié boerdery is ’n mega-onderneming wat oor verskeie plase strek in die omgewing van Ceres en in die Sandveld. Rossouw het die boerdery binne twee dekades opgebou van ’n gewone vrugte- en skaapplaas tot een van Suid-Afrika se grotes. Landbouskrywers SA het hom in 2013 as nasionale Boer van die Jaar aangewys. Naas groente, vrugte en vee is daar ook ’n bemagtigingsplaas waarby meer as 135 werkers betrokke is.
Thu, 26 Nov 2020 - 24 - Hiér word drome ’n werklikheid
Ons kuier in die Klein-Swartbergpas. Mnr. Christof Cloete boer al byna 40 jaar lank met steenvrugte op die plaas Rietvlei in die distrik Laingsburg in die Wes-Kaap. Christof was voorheen voorsitter van Koup Produsente, die landboukoöperasie op Laingsburg wat onlangs sy 75ste bestaansjaar gevier het, asook voorsitter van Agri Wes-Kaap. Hy is ook al meer as 10 jaar lank ’n mentor en mede-aandeelhouer van die bemagtigingsprojek op die nabygeleë plaas Doornkloof. Hierdie plaas se vrugte is bestem vir die droëvrugtebedryf.
Mon, 16 Nov 2020 - 23 - Derek Mathews: ‘Weet wat in jou grond aangaan’
Ons kuier by mnr. Derek Mathews, ondervoorsitter van Graan SA. Hy boer met mielies, sonneblomme en sojabone op die plaas Silverton by Sannieshof in Noordwes. Hy boer al van 1983 af en is die vierde geslag van sy familie op die plaas. Sedert hy na bewaringsboerdery omgeswaai het, het hy meer as 60 liter brandstof op elke hektaar bespaar. Daar is ook minder las van winderosie. Weens die droogte moes hy al verskeie planne maak om staande te bly. In 2016 het hy Graan SA se eerbewys vir inspirerende leierskap ontvang.
Mon, 09 Nov 2020 - 22 - Boere met 'n oog vir 'n geleentheid
Ons kuier by Dewald Te Water van die plaas Schurvekop tussen Trichardt en Bethal in Mpumalanga. Dewald het in 1999 by sy ouer broer, Billy, aangesluit nadat die boerdery tot só ’n mate uitgebrei het dat Billy nie meer by alles kon uitkom nie. Dié twee broers het ’n oog vir ’n geleentheid. Die besigheid bestaan uit ’n saai- en beesboerdery, ’n kunsmis- en mielieverwerkingsaanleg en ’n bou- en grondverskuiwingsmaatskappy. Naas beeste boer Dewald onder meer met mielies en soja-, suiker- en mungbone.
Mon, 02 Nov 2020 - 21 - Arcadia Bonsmara: Sukses oor generasies gebou
Ons lê besoek af by Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara in die Vrystaat. Dié bekroonde stoetbeesteler van die Vrede-distrik van die Oos-Vrystaat is sinoniem met Bonsmaras en bou voort op ’n reputasie wat oor geslagte opgebou is. Die stoetery het in 1937 die lig gesien en in 1958 is Bonsmaras vir die eerste keer in die kudde ingebring. Arthur bespreek graag sy kennis en ondervinding en het al verskeie rubrieke en raadgewende artikels in landboupublikasies geskryf.
Mon, 26 Oct 2020 - 20 - Dawie en Danie Bester boer vorentoe met tegnologie
Ons lê besoek af by Dawie en Danie Bester, ’n pa-en-seunboerderyspan van Mpumalanga wat al 17 jaar saam boer. Danie en sy pa verbou hoofsaaklik mielies en sojabone op die Rietbult-landgoed, ’n klipgooi buite Balfour. Hy gebruik die nuutste tegnologie en geenbewerking om die beste moontlike opbrengs volgens sy grond se potensiaal te behaal. Danie is ’n voorstander van presisieboerdery en sê dié metode het sy opbrengste noemenswaardig opgestoot.
Mon, 19 Oct 2020 - 19 - Schoonbee-boerdery: Volgehoue toewyding en omgee
Ons besoek die Schoonbee-landgoed naby Groblersdal in Limpopo. Dié gesiene familiebesigheid is in 1950 op die been gebring en beslaan nou amper 3 000 ha oor drie produksiegebiede. Vandag voer hierdie boerdery sitrus en tafeldruiwe uit na 33 lande, hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond, en is ook betrokke by wildteeltprojekte met eksotiese en inheemse wild. Hulle bedryf ook ’n uitgebreide bemagtigingsinisiatief in die Loskopvallei, waar hul wortels diep lê.
Mon, 14 Sep 2020 - 18 - Pieter de Kock: Werk hard, hou aan verbeter
Pieter de Kock van Thabazimbi in Limpopo het ’n besondere liefde vir die Afrikanerbeesras wat gedy ten spyte van erge strestoestande. Hy voorsien ook vleis aan AfriBeef, ’n handelsmerk wat geskep is om veral die vleissagtheid van hierdie ras te bemark. Pieter is passievol oor die oordrag van kennis aan die jonger geslag en sy Pronk-Afrikanerstoetery is as die Landbounavorsingsraad se Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar vir 2019 bekroon.
Mon, 14 Sep 2020 - 17 - Justin Stirk: Liefde en geesdrif vir boerdery
Ons kuier by mnr. Justin Stirk, wat ’n gemengde boerdery bedryf in die distrik Southwell in die Oos-Kaap. Vertakkings sluit in sigorei, makadamianeute, pikantrissies, mielies, Bonsmarakoeie en Boerbokooie. Justin se beeste is sy trots en hy is ook ’n lid van die Frontier Bonsmaras-groep. “Ander mense het stokperdjies, maar ek hou daarvan om beeste te teel,” sê hy oor sy liefde vir die Bonsmaras. Die droogte het vanjaar sy produksie beperk, maar Justin is positief oor die toekoms.
Wed, 09 Sep 2020 - 16 - Justin Stirk: Liefde en geesdrif vir boerdery
Ons kuier by mnr. Justin Stirk, wat ’n gemengde boerdery bedryf in die distrik Southwell in die Oos-Kaap. Vertakkings sluit in sigorei,
makadamianeute, pikantrissies, mielies, Bonsmarakoeie en Boerbokooie. Justin se beeste is sy trots en hy is ook ’n lid van die Frontier Bonsmaras-groep. “Ander mense het stokperdjies, maar ek hou daarvan om beeste te teel,” sê hy oor sy liefde vir die Bonsmaras. Die droogte het vanjaar sy produksie beperk, maar Justin is positief oor die toekoms.Mon, 31 Aug 2020 - 15 - Mark Harris: 'Ek het geweet ek wil buite wees'
Ons kuier by mnr. Mark Harris, Suid-Afrika se grootste pynappelprodusent, wat ook ’n ver- sappingsnismark oorsee benut. “Voortdurende verbetering eerder as ’n grootknal-gebeurtenis,” is dié boer van Bathurst in die Oos-Kaap se beskrywing van hoe Langholm Farms daarin geslaag het om sy pynappelproduksie van 800 ton in 1988 tot 16 000 ton te verhoog. ’n Kudde Bonsmaras (200 kommersiële teelkoeie) benut ook gebiede wat nie vir pynappelproduksie gebruik word nie.
Mon, 24 Aug 2020 - 14 - Boere kan suksesvol saamboer
Mnr. Dirk van Papendorp boer op die plaas Voorstekop tussen Heidelberg en Swellendam in die Wes-Kaap. Dié plaas vorm deel van die Tweekop-boerdery. Dirk en mnre. Arno en Pieter Steenkamp van Oudekraalskop het in 2014 hul boerdery-ondernemings saamgevoeg in dié maatskappy (altesaam 3 000 ha). Só geniet hulle die skaalvoordele, maar sorg ook dat die bestuurskwessies nie die perke van een mens oorskry nie. Hulle bedryf ’n wol- skaapboerdery, melkery en graanvertakking
Mon, 17 Aug 2020 - 13 - Kyk altyd na die groter prentjie
Mnr. Hannes Wolvaardt, Limpopo se Jongboer van die Jaar in 2018, het met deeglike marknavorsing en die optimale benutting van hulpbronne en reserwes ’n boerdery op die been gebring met mannemoed en goeie verhoudinge. Hannes het agt jaar gelede met ’n studentemotor, R200 000, 3 ha huurgrond, en geleende werktuie begin boer. Deesdae oes hy meer as 120 000 kartonhouers soetrissies per jaar en hy boer saam met sy een buurman met wild in ’n swartbemagtigingsvennootskap.
Fri, 07 Aug 2020 - 12 - Droogte verg nuwe planne
Ons kuier by Hoppies Uys, ’n boer van die Swellendam-omgewing met ’n passie vir bewaringslandbou. Hy is al jare lank betrokke by Bewaringslandbou Wes-Kaap, en dra sy kennis oor onder meer dekgewasse graag oor aan medeboere. Hoppies se pa, Pietie, behartig die boerdery se lêhenvertakking, terwyl Hoppies verantwoordelik is vir hul skape en saaiery. Die Wes-Kaapse droogte het sy tol geëis, maar Hoppies se planne neem dan net ’n ander vorm aan.
Fri, 07 Aug 2020 - 11 - Uit 'n oogpunt van bewaring
Ons kuier by Josias le Roux van Langhoogte Plase naby Caledon in die Wes-Kaap. Hy is ’n bekroonde gars-, koring- en skaapboer wat alles uit ’n bewaringsoogpunt aanpak. Hy glo daarin om proaktief te wees, nie belangrike onderhoud op die plaas uit te stel nie, en om op hoogte te bly van landbou-ontwikkelings. Josias verryk sy kennis deur boere- en inligtingsdae by te woon, en maak tyd om navorsing op die internet te doen. Hy glo ingeligte besluite is noodsaaklik om vorentoe te boer.
Fri, 07 Aug 2020 - 10 - Altyd iets nuuts om te leer
Ons kuier by Dawie en Christine Rothmann, groenteboere van Brits. Dawie is Noordwes se Jongboer van die Jaar vir 2019 en hy, Christine en hul span oes, verpak en versend gemiddeld meer as 200 ton groente per dag, regdeur die jaar. Boerdery is in Dawie se bloed en hy groei al van kleins af in die familieboerdery. Vandag wy hy al sy aandag aan die boerdery, terwyl Christine in beheer is van die finansiële bestuur en van voedselveiligheid.
Fri, 07 Aug 2020 - 9 - Dié boerdery meer as ’n eeu oud
Ons kuier by Koos en Philip Blanckenberg van die boerderyonderneming JH Blanckenberg. Dié twee broers is meestersuiwelboere by Klipheuwel, noord van Durbanville in die Wes-Kaap. Hulle maak ook hul eie kuilvoer en plant koring, gars en kanola. Die Blanckenbergs het ’n wyd gediversifiseerde boerdery met sterk integrasie en wedersydse afhanklikheid tussen die vertakkings. In 2014 was hulle die Kaapse finaliste in Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-kompetisie.
Fri, 07 Aug 2020 - 8 - Vars produkte in die Swartland
Die agtste episode van reeks 7 van Landbouweekliks, Landbouweekblad se program oor suksesvolle boere en hul merkwaardige stories, word op Dinsdag 24 September uitgesaai.
Ons kuier by Gert Claassen van die Claassen- boerdery in die Swartland. Gert en sy pa, Koot, het in 2012 die mielielande van Delmas in Mpumalanga vaarwel geroep en hul bedrywighede na die Wes-Kaap verskuif. In ’n kort tyd het Gert indrukwekkende resultate behaal met gewasse wat aanvanklik sy nuwe bure se wenkbroue laat lig het. In dié bekende koring- en skaapwêreld produseer die Claassen-boerdery koring, gars en kanola, maar ook aartappelmoere, wortels, blomkool en broccoli. Hulle het ook wingerd.Thu, 06 Aug 2020 - 7 - Planne vir boerdery én werkers
Ons kuier by Rustin Shawe, wat verlede jaar aangewys is as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar. Hy boer in die bergagtige Groenvlei-omgewing van KwaZulu-Natal, tussen Wakkerstroom en Utrecht. Rustin se plaas, Grassfields, is 1 850 m bo seespieël. Die hoogste plek waar beeste kan wei, is 2 200 m bo seespieël. Rustin, ’n Droughtmaster-stoetteler, benut onder meer DNS-tegnologie om sy kudde optimaal te verbeter. Hy is ook besig om sowat 600 ha, met titelaktes en al, aan sy werkers te oorhandig.
Wed, 05 Aug 2020 - 6 - ‘Ek wil méér vir Suid-Afrika doen’
‘Ek wil méér vir Suid-Afrika doen’ - Ons kuier in Kiepersol in Mpumalanga by dr. Reuel Khoza. Dié nederige man is die eienaar van Koeltehof-verpakkers, die tweede grootste uitvoerder van avokado’s in Suid-Afrika. Reuel, wat op Bosbokrand grootgeword het, is ’n gerekende sakeleier en het voorheen gedien in die direksies van Nedbank, Liberty en Old Mutual. Hy is ook die tussentydse voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie. Maar in Kie¬per¬sol rol hy sy moue op as ’n avokado- en maka-damiaboer. Sy beeste loop naby Machadodorp
Mon, 16 Mar 2020 - 5 - Werkers vorm ons hoeksteen
Werkers vorm ons hoeksteen - Johan Reyneke van Reyneke-wyne buite Stellenbosch is ’n filosoof, branderplankryer en bekroonde biodinamiese wynboer. Hy het regte gestudeer, maar mettertyd begin boer en in 2000 oorgeslaan na organiese en biodinamiese wingerdpraktyke. Johan glo in ’n stelsel met verskeie plante en diere, al bly wingerd en wyn sy kernbesigheid. Ngunibeeste sorg byvoorbeeld vir goeie bemesting in die wingerd. Die Cornerstone-projek help werkers om hul eie huise te bekom en finansier naskoolse onderrig.
Mon, 02 Mar 2020 - 4 - Kontant (en dissipline) is koning
Tom van Rooyen is die vierde geslag op die plaas Rietkuil buite Potchefstroom in Noordwes.
Hy boer met mielies, sonneblom en droëbone in ’n wisselboustelsel, alles op droëland. Hy het ook ’n vee-afdeling, eiendomsportefeulje en aandele in landboumaatskappye. Tom slaan munt uit droëbone, ’n ongewone gewas in dié geweste. Hy beskou sy sakebeginsels as konserwatief en hy doen eers deeglik navorsing voor hy nuwe projekte aanpak. Tom is ’n voormalige Graanprodusent van die Jaar-finalis.Mon, 17 Feb 2020 - 3 - Boer saam met die natuur
Mnr. George Potgieter van Dwaalboom in Limpopo, Wildbedryf SA se Wildboer van die Jaar vir 2018, is bekend om sy uitstekende bastergemsbokke. Hy sê egter dit is sy jagonderneming wat die volhoubaarheid van sy totale boerdery verseker het. George glo aan vennootskappe. By Schoongezicht Jagsafari’s by Thabazimbi word gejag, skaars wild kry ’n hupstoot in verskeie teelprogramme, en gewasse word onder besproeiing verbou in die hartjie van die Bosveld langs die Botswana-grens.
Mon, 17 Feb 2020 - 2 - Pa en vier seuns boer sy aan sy
Mnr. Edward Vorster en sy vier seuns, Barend, Pieter, Eddie en Francois, bestuur die Mahela-
groep in Limpopo. Hulle het diverse belange in die landbou, maar (uitvoer)sitrus kraai koning. Hulle het ook op elk van die agt boerdery-eenhede ’n tonnel vir hul werkers opgerig. Elke eenheid se werkers verbou hul eie groente in dié tonnels. Dit het oor die jare in ’n mededinging onder die plase ontaard om te kyk watter groep werkers die mooiste groente kan verbou. Pieter was ook Limpopo se Boer van die Jaar in 2018.Mon, 17 Feb 2020 - 1 - Landbouweekliks kry nuwe aanbieders
DJ van der Linde was in 2016 die Vrystaat se Jongboer van die Jaar. Hy lê klem op presisieboerdery en grondregstelling om volhoubaarheid te verseker ondanks erge droogte (en jare met rekordoeste en lae graanpryse). DJ bedryf ’n mielie-en-beesboerdery op die plaas St. Helena by Vierfontein naby Bothaville.
Mon, 17 Feb 2020
Podcasts similares a Landbouweekliks
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- Tiempo de Juego COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Affaires sensibles France Inter
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- TED Talks Daily TED
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR