Filtrar por género

Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

RSG

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

1884 - DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 3
0:00 / 0:00
1x
  • 1884 - DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 3

    Ousus bekla haar lot by Bekkie, maar is verstom om te hoor wat haar vriendin as kind moes deurmaak. Lammie vra Bertha en sy swaer, Louis du Toit, om hom te ontmoet want daar is ’n baie ernstige saak waarmee hy hulp benodig. Die oplossing bewaarheid egter sy grootste vrees.

    Fri, 31 May 2024
  • 1883 - DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 2

    Christina se dood het verreikende, negatiewe gevolge vir Lambertus Bredenhand en sy gesin. ’n Dag ná haar begrafnis doen Lambertus (Lammie) se ma, Bertha Bredenhand, ’n voorstel aan die hand waarmee Lammie hom nie kan vereenselwig nie. Tóg gee hy toe dat Ousus haar skoolloopbaan sal moet opoffer.

    Thu, 30 May 2024
  • 1882 - DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 1

    Die verhaal speel af in die moeilike depressiejare tussen 1929 en 1933. Lambertus Bredenhand en sy vier kinders word getref deur ’n ondenkbare tragedie. ’n Gebeurtenis wat indirek sal lei tot Bredenhand se finansiële en maatskaplike agteruitgang.

    Wed, 29 May 2024
  • 1881 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot)

    Ester gee Mandy die robotiese baba-pop terug vir Jolene. Wilma kry 'n uitnodiging na haar broer Albert se troue met Marita in Mauritius. Jolene bevestig sy is verwagtend en dat Lionel pa gaan word. Almal kom bymekaar vir Sammy se begrafnis by die gastehuis. Die dorp ervaar 'n laaste skudding.

    Tue, 28 May 2024
  • 1880 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 59

    Jolene vertel vir Ronel dat sy haar maandstonde gemis het, en vermoed sy is dalk swanger. Ryno pak sy seismograwe op by die nooddiens-stasie, en Ronel is ontsteld omdat sy dink hy gaan die dorp ook verlaat. Lionel vra Barend se hulp om Mandy die robot-pop by Ester en Wilma terug te kry.

    Mon, 27 May 2024
Mostrar más episodios