Filtrar por gênero

Ja, DF!

Ja, DF!

Bemarking Bulletin

Ja, DF! is die amptelike podcast van die Bemarking Bulletin span. Dit is 'n podcast geskep vir die leerders deur die leerders en dit is hier waar ons alles DF gaan bespreek. Ja, DF! is 'n podcast waar ons gemaklik gebeurtenisse in DF gaan bespreek asook onderhoude voer en natuurlik goed bemark. Ons is baie opgewonde vir wat voorlê so sit terug en luister saam.

4 - Episode 1: Hendré Cubitt
0:00 / 0:00
1x
  • 4 - Episode 1: Hendré Cubitt

    Hello daar DF en welkom by die eerste episode van seisoen 2 van Ja, DF! In hierdie episode gesels ek, Sebastian Gelderblom, met Hendré Cubitt, die skepper van Bemarking Bulletin. Ons praat oor die maak van die heel eerste video, hoekom Hendré in Wassebad in 'n koei onesie gestaan het en vele meer!

    Sat, 30 Mar 2024 - 25min
  • 3 - Episode 2: Andries Harmse en Simon Tredoux

    Hello daar DF en welkom by die tweede episode van Ja, DF!.

    In hierdie episode gesels ek met Andries Harmse oor sy jaar as hoofseun vir 2021 in die skool en sy herinneringe van DF. Later gesels ek met die een en enigste Simon Tredoux, aka Frikkie Kancho, oor sy musiek lewe en sy laaste optrede by DF. Moet dit nie misloop nie. Maandag die 18de Oktober op die rugbyveld. Kom in massas en ondersteun hierdie true legend. 

    Matrieks sterkte met julle eindeksamen. Hou dit vars. Hou dit rustig. Hou dit DF!

    Ja, DF!

    Fri, 15 Oct 2021 - 16min
  • 2 - Episode 1: Ja, DF! en Bemarking

    Hello daar DF en baie welkom by die eerste episode en seisoen van die amptelike Bemarking Bulletin Podcast; Ja, DF!. In ons eerste episode kom gesels Zack Nell met ons oor die geskiedenis van die woorde "Ja DF!" en later praat ek en Arnold Hattingh oor Bemarking Bulletin en die planne vir die komitee. Ek hoop julle geniet ons eerste episode wat hopelik die begin van nog baie gaan wees. 

    Ek wil 'n spesiale dank aan Arnold Hattingh gee wat die intro vir die podcast geskryf het, vir Karl Voigt wat die logo ontwerp het asook die Bemarking komitee van 2020 wat met hierdie wonderlike idee begin het. 

    Hier is dit nou, sit terug en luister gerus saam na die gesprekke op ons podcast. 

    Ja, DF!

    Mon, 02 Aug 2021 - 15min