Nach Genre filtern
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
- 325 - Lukas 24: 29(b) en 32| Jesus Christus (die Woord wat vlees geword het) se nabyheid gee alleen die ware vertroosting en bemoediging in hierdie lewe.
Ons ontmoet twee mense op pad na die dorpie Emmaus, sowat 11 km. van Jerusalem. Hierdie twee mense gesels egter oor ‘n hartseer saak wat afgespeel het die afgelope paasnaweek in Jerusalem. Daar is gemeenskaplike droefheid oor alles wat hulle gehoor en gesien het - sake oor die onregverdige verhoor en kruisiging van Jesus Christus.
Nou is Hy dood, die hoop dat Hy Israel sou verlos van die Romeinse juk is verydel. Om alles te kroon het die berig dat sy liggaam verdwyn het, hulle nog meer ontstel. Sy liggaam is weg, die graf was oop en dan nog die berig dat daar sprake is dat Hy lewe.
Maar dan is Jesus werklik ‘n mede-wandelaar. Jesus vra in vers 17: “Waaroor loop julle so met mekaar en redeneer?”
Hulle antwoord in vers 18: “Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie?”
Jesus vra in vers 19: “Watter dinge?” Dan kom die antwoord in vers 19 en 20: “Dit wat gebeur het met Jesus van Nasaret, ‘n profeet, magtig in woord en daad in die oë van God en die hele volk; en hoe die leierpriesters en ons volksleiers Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word en Hom laat kruisig het.”
Hierop gebruik Jesus hierdie saak as inleiding tot ‘n magtige en kragtige preek. Ons lees in vers 27: “Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê”
Die prediking fokus op menige profesieë uit die Ou Testament oor die koms van Christus. Ons kan nie werklik die Nuwe Testament verstaan as ons nie die Ou Testament ken nie. Eers dan besef ons die bede : Here bly by ons, by u kerk, nou en tot met die wederkoms.
https://youtube.com/live/EY98GAeR_r4
Mon, 16 Sep 2024 - 26min - 324 - Matteus 27: 32| Christus lê sy volle reg af vir ons, sodat ons in Sy Naam die voorreg van die ewige lewe uit genade verkry.
Stel u die volgende voor: Daar beweeg ‘n stoet van Jerusalem na Golgota op die weg wat vandag die Via Dolorosa genoem word. In hulle midde, redelik op die voorpunt is ‘n man, rooi bebloed van mishandeling. Sy rug getuig van die geseling, aan flarde geslaan (Markus 15:15), ‘n ontsaglike wrede straf.
Al hierdie dinge, die heen en weer stuur van een regter na die ander deur die hele nag, die bespotting, die doringkroon, die vuishoue in die gesig en veral die geseling in die paleis van Pilatus het hierdie man se kragte uitgeput, so uitgeput dat dit voorkom asof die pad na Golgota met die kruishout op sy skouer vir Hom te veel geword het. Die Romeinse soldaat sien dit, daarom kommandeer (dwing) hulle ‘n man, Simon van Cirene, om die kruis te dra.
‘n Stukkie aangrypende geskiedenis as ons daar sou ophou. Maar die vraag is: Wat openbaar die Here vir ons in die gedeelte? Wat wil Hy vir ons vandag sȇ? Is daar ‘n boodskap dat daar ‘n oomblik was toe Jesus sy kruis nie verder kon dra nie en ‘n buitestander gedwing moes word om die kruis van Jesus na Golgota te dra?
https://youtube.com/live/WiukpljsQfo
Mon, 16 Sep 2024 - 28min - 323 - Efesiërs 5:18b-20| ...oor my hart... en dit waarmee hy gevul is!
Een enkele woordjie wat meer as 800 keer in die Bybel voorkom! En hoe belangrik moet hierdie woordjie dan nie wees nie?
Dit gaan alles oor die 'hart' van n mens!
Ook opvallend is dat as die Bybel na die woordjie 'hart' verwys dit feitlik nêrens na 'n fisiese orgaan verwys nie...maar meer geestelike lewe bedoel... dat jy maw 'n ander hartsgesindheid sal hê wat betref jou denke, nadenke, emosies, wilsbesluite, voor en afkeure ens... Soos die Bybel dan ook elders tereg sê: want uit die hart...'is die oorsprong van die lewe' (Spr 4:23).
Meer nog: Hierdie ware hartsgesindheid en verandering gebeur slegs deur die innerlike en blywende werking van die Gees van God. En hierdie werking en dit wat die Gees jou bring lyk so totaal anders as wat die wereld jou ooit kan bied.
Daarom druk Paulus dit hulle (mense van Efese) baie sterk op die HART. Hy gebruik selfs 'n skerp en amper kras voorbeeld dat hulle al die baie Godde-lose gebruike en afgode van Efese moet verwerp... en dat hulle sal 'toelaat' dat die Gees van God in hulle harte werk en hulle blywend sal verander...!
Want: so 'n Geesvervulde en blye hart sal dan 'n wonderlike lied en melodie van lof en dankbaarheid sing wat soms selfs onhoorbaar vir ander mense sal wees ...!
https://youtube.com/live/7NOp_BHiunQ
Mon, 16 Sep 2024 - 29min - 322 - Gen. 42:36 (b) & Rom. 8:28(a)| Die pad wat God ons in die lewe laat loop, is vir baie mense onverstaanbaar en selfs onregverdig, totdat God deur sy Gees ons wys dat dit ‘n verlossingspad is
Jakob kom met hierdie pyngedagte : Alles is teen my. En hy sê dit nie ligtelik nie. In sy lewe het baie dinge gebeur wat tot hierdie uitspraak gelei het. Wat Jakob in sy lewe eerste stel, word laaste deur God geplaas en andersom. Wat vir Jakob die dierbaarste in sy lewe is, word die verste van hom weggeskeur.
Is alles teen ons? Dit bring ons by die uitspraak van Paulus in Romeine 8. Die apostel Paulus leer ons dat niks teen ons is nie, maar alles ten goede meewerk. In groot kontras met Jakob stel Paulus dat alles, nie net voorspoed en vreugde nie, maar alles ten goede meewerk. Nie net die geboorte nie, maar ook die sterwe, ook die oop graf, ook die gebroke lewensideaal wat aan skerwe aan jou voete lê.
Is die apostel Paulus nie werklikheidsvreemd nie. Ken hy swaar. Beslis, hy ken vervolging, tronkstraf, geseling, marteling, bespotting, veragting, maar desondanks stel Paulus dat alles ten goede meewerk.
Dit gebeur dat ons in tye van hartseer en swaar soos Jakob kan voel alles is teen ons, daar is waaroms in die lewe, waarom so, waarom het dit gebeur. Hierdie waaroms kan egter nie opweeg teen die grootste waarom van alle eeue nie. Dit is die waarom aan die kruis, ‘n waarom wat al ons waaroms omvat. : “My God, my God, waarom het U my verlaat.”
https://youtube.com/live/44n1dwPZ6lw
Mon, 26 Aug 2024 - 27min - 321 - Jesaja 51:17,22| Groot is God se liefde as Hy die toornbeker verander in ‘n genadebeker.
Met nagmaal is daar drie belangrike sake, naamlik tekens, woorde en handelinge. Tekens : Brood en wyn Woorde: Dit is my liggaam, dit is my bloed. Handelinge : Die brood word geëet en die beker word gedrink.
Die beker met die nagmaalviering het ‘n besondere BETEKENIS.
In die Woord van die HERE kry ons ‘n beker van oordeel en ‘n beker van genade. In die prediking let ons op die oordeelsbeker, daarna op die genadebeker en dan die geheim van die verwisseling van die toornbeker na die genadebeker.
https://youtube.com/live/AvOrPiCUTGM
Mon, 26 Aug 2024 - 15min - 320 - Numeri 21:5| God is die bepaler van ons lewenspad, dit moet in geloofsgehoorsaamheid gevolg word.
Waarom, ‘n vraag wat so dikwels gestel word. Waarom lei die HERE ons op hierdie pad van ons lewe? Israel kom ook nou met die waarom vraag.
Die eerste rede vir Israel se ontevredenheid was dat hulle vergeet het waarvan die HERE hulle verlos het. Die tweede rede van Israel se verlange na Egipte gaan oor versorging. Hulle sȇ: “Want hier is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.” Daarom is die “waarom vraag” van Israel so groot stuk ondankbaarheid.
Dit is geen wonder dat die HERE in felheid teen die ondankbaarheid van Israel reageer nie. Hy stuur giftige slange wat die volk pik en baie Israeliete sterf. Dan besef die volk hulle sonde en bely dat hulle teen die HERE gesondig het.
Die slang moes dus wys op God se genade en liefde. So alleen kon die slang heenwys na die komende Christus. Wanneer Christus kom, verbind Hy die verlossende genade van die HERE aan dit wat destyds gebeur het in die woestyn. Hy sȇ in Johannes 3:14 “Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hȇ.”
Met ons voorbereiding tot nagmaal moet ons weer God se liefde en genade raaksien. Nagmaal moet in besonder ons wys op die ontsaglike redding uit die dood van sonde wat ons alleen verkry deur die volkome versoening van Christus.
En die enigste uitkoms is dat ons sal opkyk na die verhoogde Christus, sal opkyk na die kruis in berou en die besef dat ons redding alleen van die verhoogde Here af kom.
https://youtube.com/live/-HQvLZB9X3w
Mon, 26 Aug 2024 - 21min - 319 - Psalm 68:6| ...jou eerste en laaste woorde... ooit!
Ek en jy sal heelwaarskynlik nie so goed kan onthou wat ons heel eerste woorde as kinders was nie. Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorden raai dat woorde soos 'pa-pa' en 'ma-ma' moontlik van die heel eerste maklike en eenvoudige klanke sou wees wat ons gemaak het... dis immers die eerste persone wat oor ons gebuig het en met wie ons in kontak gekom het.
Maar daar was toe ook alreeds n ander Persoon teenwoordig wat oor ons 'gebuig' het en Homself oor ons ontferm het - ons Hemelse Vader! Iemand wat permanent na my gaan omsien...
Vraag is: Hoe ervaar ek Hom as Vader in my lewe? Dat hy oor my buig? En na my omsien? Dat Hy die eerste naam op my lippe moet wees as ek alleen is of in nood verkeer...
Herken en erken ek Hom as dié Vader van my lewe?
Onthou: Hy het as Vader opgetree en ons (weeskinders) Syne gemaak toe Hy sy Seun Jesus na hierdie wereld gestuur het... Hy Jesus, Vader-verlate aan die kruis gesterf sodat ons as sy kinders nooit weer stom en alleen hoef te voel nie...
Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorde sal wees...!
https://youtube.com/live/nR_mZDfNoDc
Mon, 26 Aug 2024 - 33min - 318 - 2 Timoteus 4:6-8| Die HERE los die geloofsworstelaar in sy hinderniswedloop af en gee aan hom die ewige lewe.
Die dood is ‘n realiteit, maar ons is huiwerig om daaroor te praat. Die vraag is : Hoe staan ons teenoor die dood? Is dit ‘n verskrikking? Kom ons kyk hoe God deur die Heilige Gees vir die apostel Paulus lei om oor die dood te praat. Hierdie sterwensbelydenis handel oor die verlede, hede toekoms.
Verlede : Sy lewe wat verby is. Hede : Die dood wat naby is. Toekoms : Sy lewe in die hiernamaals.
VERLEDE : SY LEWE WAT VERBY IS.
In vers 7 vat Paulus sy lewe saam in drie kort sinne : Ek het die goeie wedloop afgelê (1983) - Ek het die goeie stryd gestry (2020) Ek het die wenstreep bereik (1983) - Ek het die wedloop voltooi (2020) Ek het gelowig end-uit volgehou (1983) – Ek het die geloof behou (2020)
DIE HEDE : DIE DOOD WAT NABY IS: Hoe moet ‘n gelowige sy dood sien? Paulus gebruik in vers 6 twee pragtige beelde om sy eie dood te beskryf: “Want ek word reeds as drankoffer uitgegiet” en “Die tyd van my dood is naby”
TOEKOMS Paulus skryf in vers 8 met blydskap oor die lewe anderkant die graf. Daar staan: “Nou wag die oorwinningskrans van geregtigheid op my, wat die Here, die regverdige Regter, op daardie dag vir my sal gee- “ https://youtube.com/live/rsWJkgwRauY
Mon, 26 Aug 2024 - 23min - 317 - Lukas 1:8-10,22 & Lukas 24:50-53| In Christus, die ware Liturg, het ons die voltooide erediens waardeur ons verseker word van die verhoring van ons gebede en Sy liefdevolle nabyheid.
Besef ons werklik die wonderlike voorreg om aan die begin van die erediens die seën van die HERE te ontvang en teen die einde van die erediens na ons huise te gaan nadat ons sy seën ontvang het? In Lukas 1 word aan ons die gebeure met Sagaria meegedeel. ʼn Priester wat deur die lot aangewys is, gaan om te offer en hy moet seën. Dit is ʼn besondere geleentheid vir die priester. Hier in die bedehuis is ʼn erediens aan die gang. Maar dan gebeur daar iets in die tempel wat niemand verwag het nie. Om dit goed te verstaan moet ons die saak in konteks sien: Maleagi, die laasste boek van die Ou Testament, is 400 jaar voor die geboorte van Christus geskryf. Daar is vir 400 jaar stilte uit die hemel. En dan word die stilte verbreek! Let op drie sake van wesentlike belang vir die korrekte verstaan: Waar begin God praat? Wanneer begin God praat? Met wie begin God praat?
In die prediking gaan ons fokus op die betekenis van die koms van Christus vir ons erediens en die groot troos wat ons het om met elke erediens met die seën van ons Here na ons huise te gaan.
https://youtube.com/live/ZouMn8jRvVQ
Mon, 26 Aug 2024 - 28min - 316 - Johannes 7 : 37-39| Jesus Christus is die ware Watervoorsiener wat ons red van die ewige woestyndors en maak ons deur sy Heilige Gees lewende fonteine in hierdie dor wêreld.
Christus rig op die huttefees in ons teksvers die uitnodiging: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Die huttefees was die fees van die waters, die fees wat die volk herinner het aan die HERE wat water voorsien. Die groot dag van die fees was die sewende dag, die hoogtepunt van die fees. Dit is genoem die dag van die watergieting.
Dit is nie die eerste keer dat Jesus Hom openbaar as die water van die lewe nie, alreeds in sy gesprek met die Samaritaanse vrou daar by die put van Jakob het Jesus Hom geopenbaar as die ewige water, as jy Hom drink, sal jy nooit dors kry nie.
Wanneer ons elke dag leef en drink, naby God leef, gebeur daar iets. Die Heilige Gees woon in jou. Die Gees is uitgestort en soos die water uit die kan na alle kante oor die brandofferaltaar gestort het, so het God sy Gees uitgestort in die harte van gelowiges. Die Heilige Gees is God se lewende water!
Kyk rondom ons rond, ons leef in ‘n wȇreld wat dors is, ons leef in ‘n wȇreld waarin korrupsie, bedrog, moord en doodslag heers. Ons leef in ‘n wȇreld wat dors na geregtigheid (een van die saligsprekinge), ons het die antwoord vir die dors van mense wat ongeregtigheid belewe – ons antwoord is – Drink by die fontein van verlossing, drink by Jesus Christus, Hy is die enigste antwoord in die korrupte en sondige lewe.
Wees ‘n fontein vir jou medemens – jy kan want die Heilige Gees rus jou toe. Is u ‘n fontein wat die lente in u mendemens se hart laat ontluik?
https://youtube.com/live/2cOiasuAW_c
Mon, 26 Aug 2024 - 19min - 315 - Jos. 4:5-7| Wat beteken hierdie klippe?
(1) Die Here gee gedenktekens sodat ons Sy werke sal onthou en (2) sodat ons aan die opkomende geslagte kan getuig! https://youtube.com/live/yFMXehK23CQ
Mon, 08 Jul 2024 - 31min - 314 - Matt. 14:33 & 15:25| ...as jy voor die Here kniel...!Tue, 02 Jul 2024 - 28min
- 313 - Jak. 4:1-3| Jakobus Reeks: Konflik in die kerkMon, 24 Jun 2024 - 30min
- 312 - Ps. 40| Psalms, Boek 1-Reeks: Wat die Here wil, wil ek
(1) Die Here Jesus Christus het Hom gewillig vir ons oorgegee (2) en Hy is die rede waarom ons gewillig-dankbaar die Here se hulp kan verwag https://youtube.com/live/XtRmg_BNzwM
Tue, 18 Jun 2024 - 33min - 311 - Jak. 3:15-18| Jakobus Reeks: Aardse en hemelse wysheidFri, 14 Jun 2024 - 34min
- 310 - Ps. 39| Psalms, Boek 1-Reeks: 'n Vreemdeling en bywoner by die Here
(1) Vreemdelinge onder die mense, (2) Bywoners op aarde, (3) Vreemdelinge en bywoners by die Here https://youtu.be/Mws0gifPOvM
Fri, 14 Jun 2024 - 23min - 309 - Jak. 3:13,14| Jakobus Reeks: Het ons die wysheid wat van bo kom?Thu, 30 May 2024 - 32min
- 308 - Geselekteerde tekste| "Wat van die arme man daar ver in die Amasone wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?”
(1)Wat is die standaard waarvolgens God mense oordeel en (2)kan enigiemand van Sy oordeel verontskuldig word? (3)Wat dan van die arme man daar ver in die Amasone wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?
https://youtube.com/live/eacOqByn2c4
Mon, 20 May 2024 - 33min - 307 - Jak. 3:1-12| Jakobus Reeks: Tem die tong
(1) Struikelende tonge (2) verwoestende tonge (3) getemde tonge.
https://youtube.com/live/timUCGlyfh4
Mon, 20 May 2024 - 36min - 306 - 1 Kor. 1:4-9| Vyf genadewerke van God in gelowiges
(1) Ons dank die Here vir sy prestasies in ons: (2) Sy verryking,(3) die vrug van bekering, (3) die verwagting van die wederkoms, (4) ons blaamloosheid in, en (5) verbondeid met Christus
https://youtube.com/live/-E-8EvhMsNY
Mon, 20 May 2024 - 33min - 305 - Ps. 38| Psalms, Boek 1-Reeks: Genesing vir die sondesiekte
(1) Die sondesiekte het 'n allesomvattende effek op ons, (2) maar daar is ook vir ons totale genesing wanneer die Here ons onthou
https://youtube.com/live/dmR6H-DxMEs
Mon, 20 May 2024 - 33min - 304 - Jak. 2:18-26| Jakobus Reeks: Het jy geloof soos demone of soos Abraham en Ragab?Mon, 20 May 2024 - 32min
- 303 - Mat 5:3| ... kan 'n arme van gees ook ryk wees...?Thu, 18 Apr 2024 - 35min
- 302 - 1 Kor. 1:17; 4:6| Is daar nog krag in ons prediking?
(1) Daar is geen krag in die vlees en wêreldse wyshede nie, (2) maar daar is krag in ons prediking wanneer ons buig voor die gesag van die Skrif en die Evangelie proklameer!
https://youtube.com/live/nwmBq85rPHU
Mon, 08 Apr 2024 - 33min - 301 - Geselekteerde tekste| "Alle godsdienste is goed, dit maak nie saak wat jy glo nie."
(1) Waarom is daar so baie verskillende godsdienste en (2) is alle godsdienste dieselfde?
https://youtube.com/live/Mde1DysZiXA
Tue, 02 Apr 2024 - 31min - 300 - Gen. 3:21| Die Here se bekledingTue, 02 Apr 2024 - 30min
- 299 - Ps. 37| Die sagmoediges sal die aarde beërweMon, 25 Mar 2024 - 33min
- 298 - Spr. 30:15,16| "Genoeg!"
(1) In 'n immer-onversadigbare wêreld, (2) is die Here ons "Genoeg!" https://youtube.com/live/gRjBm1uc6MY
Mon, 11 Mar 2024 - 28min - 297 - Johannes 14:65| Christus is die weg na die Vader in wie ons moet glo en vir wie ons moet werk.
(1) Christus is die enigste weg na die die waarheid en die lewe (2) daarom moet ons in Hom glo (3) en voortgaan met die verkondiging van die evangelie
https://youtube.com/live/D_OfcXE_fBY
Mon, 04 Mar 2024 - 23min - 296 - Jak. 2:5-13| Jakobus Reeks: Ontferming triomfeer oor die oordeel
(1) Daar is geen ontferming in die beoordeling van die uiterlike nie, (2) maar die Here se wet beveel ontferming en (3) ontferming sal triomfeer oor die oordeel
https://youtube.com/live/pIJR6oq5BAA
Mon, 26 Feb 2024 - 27min - 295 - Rig. 14:14 & Heb. 2:14,15| Hoe kan ek bevry word van my vrees vir die dood?
(1) Christus het die eis wat die duiwel op ons lewens het betaal (2) en so is ons bevry van die vrees vir die oordeel wat ons dood ingehou het
https://youtube.com/live/gzGyiW_swzc
Mon, 19 Feb 2024 - 32min - 294 - Psalm 36| Psalms, Boek 1- Reeks: In Sy lig sien ons lig
Hoe dit lyk wanneer ons (1) nie in die Here se lig lewe nie en (2) wél in die Here se lig lewe
https://youtube.com/live/koQsPMZ637s
Mon, 12 Feb 2024 - 33min - 293 - Jak. 2:1-4| Jakobus Reeks: Moet nie iemand na die uiterlike beoordeel nie
(1) Gelowiges moet, soos God, (2) nie onderskeid tussen mense tref op grond van die uiterlike nie, (3) want dit maak van ons regters wat nie die heerlikheid van Christus in die oog hou nie. https://youtube.com/live/yAoT0k26vaM
Mon, 05 Feb 2024 - 25min - 292 - Geselekteerde tekste| "Die Bybel is vol weersprekings!"
(1) Die Bybel is deur die Gees geïnspireer en (2) onfeilbaar, daarom kan dit geen weersprekings bevat nie
https://youtube.com/live/2K_U6aTQ4vQ
Mon, 29 Jan 2024 - 31min - 291 - Ps. 35| Psalms, Boek 1-Reeks: Die Here veg vir ons
(1) Die Here help in ons vervolgingstryd, (2) herstel ons lewe en (3) handhaaf ons reg!
https://youtube.com/live/EflP8nTkz0Q
Mon, 29 Jan 2024 - 29min - 290 - Mark. 10:42-45| Vry om te dien
(1) Die wêreld is vasgevang in 'n eindelose siklus van oorheersing en onderwerping, (2) maar Christus maak ons vry om te dien.
https://youtube.com/live/2oO02Z7qonk
Mon, 08 Jan 2024 - 25min - 289 - Jes. 43:18,19| Vergeet en kyk vooruit!
(1) Die Here beveel ons om nie in die verlede vas te steek nie, maar om (2) vooruit te beweeg na die vernuwing wat Hy bewerk!
https://youtube.com/live/8DrqMCn4wno
Tue, 02 Jan 2024 - 23min - 288 - Hand. 5:4| Die Heilige Gees is waarlik God en is geregtig op ons lof
(1) Ons sien bewyse van die Godwees van die Heilige Gees in die Bybel (2) en ook in sy eienskappe wat ooreenstem met die Vader en die Seun (3) daarom moet ons die Heilige Gees aanbid en loof as God omdat Hy waarlik God is.
https://youtube.com/live/zMupHirrXtI
Wed, 27 Dec 2023 - 24min - 287 - 1 Pet. 1:15,19| Ons word gered om heilig te lewe vir God
(1) God red ons elkeen deur die offer van die vlekkelose Lam, Jesus Christus, (2) Daarom moet ons in dankbaarheid heilig leef.
https://youtube.com/live/aGUkAI0jiog
Mon, 18 Dec 2023 - 24min - 286 - 1 Pet. 2:4,5| God kies sy Kerk sodat ons lewende offers aan Hom bring
(1) God uitverkies ons as sy heilige Kerk (2) wat lewend gemaak word deur Jesus Christus, die uitverkore hoeksteen (3) sodat ons onsself kan toewy aan Hom as lewende offers.
https://youtube.com/live/vKo7YiJkRB8
Mon, 11 Dec 2023 - 24min - 285 - Ps. 34| Psalms, Boek 1-Reeks: Die plan van aksie as ek op my laagste is
Wanneer ons op ons laagste is: (1) moet ons die Here steeds prys, (2) sy goedheid proe, (3) en ontsag vir Hom hê.
https://youtube.com/live/hSSFkq_5B-c
Mon, 04 Dec 2023 - 29min - 284 - Jak. 1:22-25| Jakobus Reeks: Ontvang die Woord deur dit te dóén!
Drie redes waarom ons die Woord moet dóén: (1) as ons net die Woord hoor mislei ons onsself, (2) en groei ons nie, (3) maar as ons die Woord hoor en dóén word ons geseën!
https://youtube.com/live/KSybQ3Yuujo
Mon, 27 Nov 2023 - 27min - 283 - Ps. 33| Psalms, Boek 1-Reeks: 'n Lofsang pas by opregtes
(1) Christene sing, (2) as gevolg van die woord en werke van die Here!
https://youtube.com/live/tVJkxOkdFds
Mon, 20 Nov 2023 - 30min - 282 - Geselekteerde tekste| Die Woord en die weermag
Die Bybelse perspektief op (1) die wêreld, (2) die weermag en (3) die hoop wat ons het te midde van oorloë. https://youtube.com/live/mj2DOdgJrFQ
Mon, 13 Nov 2023 - 37min - 281 - Jak. 1:19-21| Jakobus Reeks: Hoe ontvang jy die Woord?
(1) Egte Christenskap is om die ingeplante Woord te ontvang (2) met 'n gesindheid van ontvanklikheid, leergierigheid, nederigheid en sagmoedigheid
https://youtube.com/live/2RF8v0MOfh0
Mon, 06 Nov 2023 - 29min - 280 - Geselekteerde tekste| Geniet die werk van die Heilige Gees!
Ons geniet (1) die skeppende en ordende werk van die Gees in die natuur en (2) veral die werk van die Gees in ons deur middel van die Here se gewone genademiddele!
https://youtube.com/live/SfwWf_BL6NQ
Wed, 01 Nov 2023 - 31min - 279 - Jak. 1:13-18| Jakobus Reeks: Wie se skuld is dit?
Wanneer ons (1) in ons hart verlei word moet ons nie God die skuld daarvoor gee nie, want (3) Hy het ons verwek en is volkome goed vir ons! https://youtube.com/live/9Suuszs8Htw
Mon, 23 Oct 2023 - 23min - 278 - Ps. 32| Psalms, Boek 1-Reeks: Die verligting wat vergifnis bring
Hierdie Psalm leer ons (1) van God se vergifnis, (2) die verligting wat vergifnis vir ons bring en (3) die verstand wat ons nodig het.
https://youtube.com/live/-ONvisAPlwg
Mon, 16 Oct 2023 - 32min - 277 - Jak. 1:12| Jakobus Reeks: Die seën en sukses van 'n gelowige
(1) Die Here se definisie van 'n geseënde is een wat volhard in versoeking en (2) Sy definisie van sukses is om die oorwinningskrans te ontvang! https://youtu.be/g2eQ0RtyNBo
Mon, 16 Oct 2023 - 34min - 275 - Mark. 3:2,5| Die verharde hart
Ons sien (1) die simptome van trotse godsdienstiges se verharde harte en ook (2) die sagte hart van ons Here Jesus Christus. https://youtube.com/live/kPTEwJdNA8Q
Mon, 02 Oct 2023 - 33min - 274 - Sag. 8:19,23| Geloof gaan sit nie sommer net in jou klere nie...!
Profeet Sagaria sien in aantal gesigte dat die Here se volk uit ballingskap sal terugkeer en dat die stad Jerusalem en die tempel weer herstel sal word... 'n baie wonderlike tyd, wat ook tot gevolg sal hê 'n tyd van blydskap en vrede...
En tog... tipies die liggelowige volk van die Here is daar nog soveel vrae, soveel twyfel! Omdat hulle die 'onmoontlike' letterlik uit die godsdiens gehaal het en daarom alles vir hulle (die volk) 'onmoontlik' lyk... en sou dit ook kon beteken dat dit vir God onmoontlik moet wees (6)... ?
Hy is tog immers God die Almagtige! Hy is hartstogtelik 'begaan' (2) oor hulle. Hoeveel keer moet Hy dit nog herhaal? Sy teenwoordigheid hier in Jerusalem (3) beteken juis genade en deernis. Sodat hulle kan weet: swaarmoedige vasdae gaan nou in wonderlike feesdae verander...!
... En dis dan juis daardie besondere iets wat die innerlike, harte gaan verander... en nie sommer net iets wat uiterlik in jou klere gaan bly sit nie... ! https://youtube.com/live/Kv7KiaSqBPI
Tue, 26 Sep 2023 - 35min - 273 - Fil. 1:20b-24 | ... om te lewe, of... om nie te lewe nie..!
Die geheim van die lewe. Wat is dit? Beteken dit dalk iets soos om suksesvol te wees wat my beroep aanbetref, goeie finansiële sukses te behaal of 'n goeie sosiale lewe of gesinslewe te geniet... of anders gestel, om so 'voluit' te lewe en op einde te kan sê, dit was alles die moeite werd...? Vraag is: Kan dit as die 'geheim van die lewe' beskryf word as dit alles net tydelik van aard is? Ons kan eers werklik van 'lewe' praat as dit soveel meer is as bogenoemde. Soos die ewige lewe. Paulus verduidelik en sê dis daardie lewe saam met Jesus wat nie vasgebind (teks: 'vasgeketting') kan word aan die tydelike dinge en omstandighede van hierdie wêreld nie... In ons teks bevind hy homself nogals in 'n 'dilemma' - moet hy hier op aarde bly en vir die Here werk... Of sal dit beter wees as hy gaan en hy dan by die Here is...? Genadiglik vir hom en ons almal, is dit iets waaroor die Here sal besluit... Eers as ek dit so sien begin hierdie lewe regtig vir my sin maak en kan ek ook uitsien na die ander lewe hierna.... en dit gee my ook 'n baie spesiale roeping terwyl ek my nog hier op aarde bevind... Ek moet dus nooit vergeet nie: daar kom 'n tyd in elkeen van ons se aardse lewe dat ons uiteindelik sal 'emigreer' na 'n ewige-land (die hemel-land)...! https://youtube.com/live/CF_0VGN5tV8
Mon, 18 Sep 2023 - 35min - 272 - Jak. 1:9-11| Jakobus Reeks: Die arme en ryke se versoeking en trotsMon, 11 Sep 2023 - 26min
- 271 - Ps. 31:6,15-16: Psalms, Boek 1-Reeks: Die liturgie van 'n sterwende manMon, 04 Sep 2023 - 29min
- 270 - Ps. 30:3,7-8| Psalms, Boek 1-Reeks: Die Here maak ons gesond
(1) Die Here verdruk ons soms as ons onbesorgd geraak het, maar (2) Hy kan ons ook weer gesond maak.
https://youtube.com/live/jsTqyHnVm0s
Mon, 21 Aug 2023 - 35min - 269 - Jak. 1:5-8| Jakobus Reeks: "Wat is die regte ding om te doen?!"
(1) Die behoefte in tye van versoeking is dat ons nie weet wat ons moet doen nie en Jakobus gee dan (2) die oplossing, (3) 'n pragtige belofte en (4) 'n belangrike kwalifikasie
https://youtube.com/live/HBGutRJjIIc
Mon, 28 Aug 2023 - 29min - 268 - Jak. 1:1-4| Jakobus Reeks: Ontwikkel in volharding wanneer jy versoek word
(1) Jakobus wys vir ons egte Christenskap in aksie en (2) hoe ons versoekings met vreugde tegemoet mag gaan en (3) ook moet ontwikkel in ons volharding.
https://youtube.com/live/j3X2H7Kl8Zk
Mon, 14 Aug 2023 - 24min - 267 - Ps. 29| Psalms, Boek 1-Reeks: Gee eer aan God!
(1) Gee eer aan die Here in die hoë hemel en (2) op aarde en (3) in Sy huis!
https://youtube.com/live/MzaNR_tHWf0
Mon, 31 Jul 2023 - 24min - 266 - Apostolicum Art. 12; 1 Tim. 6:12b| Wat glo ek? Reeks: Ek glo ek sal vir ewig lewe
Ek glo (1) dat ek vir ewig sal lewe en (2) dat ek ook nóú die ewige lewe moet gryp! https://youtube.com/live/k_GolgtnW7Y
Mon, 31 Jul 2023 - 27min - 265 - Ps. 28:1,2| Psalms, Boek 1-Reeks: As die Here stil isTue, 18 Jul 2023 - 27min
- 264 - Apostolicum Art. 11; Job 19:25-27| Wat glo ek? Reeks: Ek glo dat my liggaam eendag opgewek sal word
Ek glo (1) dat my siel na my dood by die Here Jesus is en (2) dat Hy ook my liggaam sal opwek
https://youtube.com/live/nsTpOebHe-k
Mon, 10 Jul 2023 - 27min - 263 - Spr. 29:25| Vrees vir mense: die Here se antwoord
(1) Vrees vir mense maak ons paniekerig oor diefisiese of geestelike "straf" wat mense kan toedien,(2) maar die Here bevry ons van hierdie vrees wanneer ons Hom vertrou en vrees.
https://youtube.com/live/U3RyjT4fklc
Mon, 03 Jul 2023 - 27min - 262 - Apostolicum Art. 10; 1 Joh. 1:8,9| Wat glo ek? Reeks: Ek glo my sondes kan vergewe word
Ek erken (1) dat ek sonde doen en (2) ek glo dat God my sondes kan vergewe!
https://youtube.com/live/Ueh-uUtEW0Q
Wed, 28 Jun 2023 - 24min - 261 - Ps. 27| Psalms, Boek 1-Reeks: Lesse van vertroue in tye van sekerheid en onsekerheid
(1) In tye van sekerheid leer ons om nie selfversekerd te wees nie, maar ons sekuriteit in die Here te vind en die lieflikhede van die Here te kerheid leer ons om Sy aanskou. (2) In tye van onse teenwoordigheid te soek en te wag op die Here.
https://youtube.com/live/Ueh-uUtEW0Q
Wed, 28 Jun 2023 - 28min - 260 - Apostolicum Art. 9 & Mattheus 16:16-18| Wat glo ek? Reeks: Ek glo aan die Christelike kerk
Ek glo aan (1) een, (2) heilige, (3) algemene Christelike kerk, (4) die gemeenskap van die heiliges. https://youtube.com/live/N39vx5JVcOc
Tue, 13 Jun 2023 - 29min - 259 - Ps. 26| Psalms, Boek 1 - Reeks: Die gelyk grond waarop ek die Here aanbid
Wanneer mense nie ons onskuld kan of wil insien nie, dan is dit (1) die goedertierenheid van God, (2) gehoorsame geselskap en (3) getroue godsdiens wat die grond onder ons voete gelykmaak. https://youtube.com/live/c6FbdCZGTfg
Tue, 13 Jun 2023 - 25min - 258 - Apostolicum Art. 8; Eseg. 36:25-27; Joh. 16:5-15| Wat glo ek? Reeks: Ek glo in die Heilige Gees
(1) Ek glo in die gestuurde Gees van God, wat persoonlik en heilig is (2) om ons te transformeer, te oortuig, te lei en Christus te verheerlik
https://youtube.com/live/-sGCtahvLc0
Mon, 29 May 2023 - 33min - 257 - Apostolicum Art. 7; 2 Kor. 5:10| Wat glo ek? Reeks: Ek glo Jesus sal weer kom om te oordeel
Ek glo (1) Jesus sal weer uit die hemel kom, (2) sodat elkeen voor sy regterstoel kan verskyn
https://youtube.com/live/_3iA2PDay6g
Mon, 29 May 2023 - 35min - 256 - Romeine 8:31-37| Wie kan teen ons wees?Mon, 29 May 2023 - 26min
- 255 - Apostolicum Art. 6; Joh. 20:27; 1 Joh. 2:1| Wat glo ek? Reeks: Ek glo Jesus het na die hemel opgevaar
Ek glo (1) Jesus het opgevaar na die hemel om vir ons 'n Voorspraak en (2) 'n Waarborg te wees.
https://youtube.com/live/ptvnkQjnj5c
Mon, 29 May 2023 - 31min - 254 - Pred. 4:6; 1 Kor. 7:20| Ons vergenoegdheid te midde van allerhande verwagtinge
(1) Die Here roep ons in bepaalde omstandighede en (2) daar moet ons vergenoegdheid in Christus leer
https://youtube.com/live/ZI32wOYGZhY
Mon, 29 May 2023 - 25min - 253 - Ps. 25:4,5| Psalms, Boek 1-Reeks: Vra dat die Here jou leer
(1) Ons vra knaend dat die Here Sy weg en waarheid vir ons sal leer en ons daarin sal lei, (2) en ons verwag geduldig dat Hy dit sal doen!
https://youtube.com/live/8Jd5kU-7qcM
Mon, 29 May 2023 - 30min - 252 - Geselekteerde tekste| Christene moet krities kan dink
Chrsitene moet geoefend kan onderskei en hiervoor is dit nodig dat ons (1) die Waarheid ken (2) die leuen ontbloot en (3) die ervaring opdoen
https://youtube.com/live/YvOEoqzEVEA
Tue, 25 Apr 2023 - 34min - 251 - Ps. 24| Psalms, Boek 1 - Reeks: Wie is Hy?
Die Here is (1) die Almagtige wat alles besit, (2) wat Heilig is en (3) wat woon in Sy tempel https://youtube.com/live/GwEJqGBTqzk
Mon, 17 Apr 2023 - 27min - 250 - Apostoliese Geloofsbelydenis Art. 5; 1 Kor. 15:19,20| Wat glo ek?
(1) Jesus het werklik opgestaan uit die dood en as ons dit glo (2) sal ons ook liggaamlik opgewek word uit die dood!
https://youtube.com/live/66YkKerF3JE
Mon, 17 Apr 2023 - 23min - 249 - Johannes 19:34 | Water en BloedMon, 17 Apr 2023 - 22min
- 248 - Apostolicum Art. 4, Jes. 53:1-10| Wat glo ek? Reeks: Ek glo die lyding van Jesus ChristusWed, 05 Apr 2023 - 28min
- 247 - Rom. 5:1-5| Wat is 'n Christen?
(1) 'n Christen is iemand wie se hart besny is, (2) om te glo in Christus, daarom (3) het hy vrede met God en (4) lewe vir God.
https://youtube.com/live/ks3089wV6nc
Mon, 27 Mar 2023 - 27min - 246 - Apostolicum Art. 3; Matt. 1:20b,23| Wat glo ek? Reeks: Ek glo die twee nature van Jesus Christus
Ek glo (1) dat Jesus deur die Heilige Gees verwek en (2) uit die maagd gebore is en (3) daarom as ware God-mens my Middelaar is. https://youtube.com/live/oXuNlHILJFo?feature=share
Wed, 22 Mar 2023 - 27min - 245 - 1 Pet. 2:5| Ontdek jou roeping
(1) God roep ons om tot Christus te nader en (2) om as priesters geestelike offers te bring (3) wat vir God welgevallig is.
https://youtube.com/live/jApHYY5DAhg
Mon, 13 Mar 2023 - 31min - 244 - Apostolicum Art. 2; Kol. 1:15-20| Wat glo ek? Reeks: Ek glo in Jesus Christus
Ek glo (1) Jesus Christus, Gesalfde Verlosser is (2) die unieke Seun van die Vader en (3) ons HERE
https://youtube.com/live/MrwzJ-HlFC0?feature=share
Mon, 06 Mar 2023 - 26min - 243 - 1 Tim. 4:10,11| Die lewende God red ons sodat ons dit aan ander kan verkondig.Wed, 01 Mar 2023 - 16min
- 242 - Apostolicum Art. 1; Rom. 1:18-25; Gal. 4:6,7| Wat glo ek? Reeks: Ek glo in God die Vader
Ek glo (1) daar bestaan 'n Drie-Enige God, (2) wat die Vader is van alles wat Hy geskep het en (3) ons in Christus aangeneem het as Sy kinders.
https://youtube.com/live/HPvLnU79Zrg
Mon, 20 Feb 2023 - 31min - 241 - 1 Kor. 1:22,23| Soms is die Woordbediening onprakties
(1) Ons moet nie pragmatiese of humanistiese Skrif- en Wêreldbeskouings inneem nie, (2) want die Here roep en red deur die skynbaar onpraktiese en oneffektiewe verkondiging van die Gekruisigde.
https://youtube.com/live/E_X1pggS6WU
Mon, 13 Feb 2023 - 33min - 240 - Heb. 10:23 & Apostolicum| Wat glo ek? Ek glo...
(1) Ons moet weet wat die ononderhandelbares van ons geloof is en styf daaraan vashou, want (2) ons belydenis is ’n saak van hoop en vertroue dat God getrou is. https://youtube.com/live/F1cPgKmDgjI
Mon, 06 Feb 2023 - 28min - 239 - Spr. 16:9| Ons beplan en God bepaal
(1) God neem ons beplannings in Sy diens om dit wat Hy bepaal uit te voer. (2) Daarom beplan ons en gee dit oor aan God.
https://youtube.com/live/FaVUE7aenWY
Mon, 30 Jan 2023 - 25min - 238 - 1 Kor. 10:12,13| Die Here se beloftes wanneer ons versoek wordMon, 16 Jan 2023 - 31min
- 237 - Ef. 6:21-24| Efesiërs Reeks: Getroue dienaars van die Here
(1) Paulus stuur ‘n getroue dienaar van die Here (2) met ‘n boodskap van onverganklike liefde. https://youtu.be/Ex4NeBFi4TQ
Mon, 09 Jan 2023 - 24min - 236 - Ef. 6:18-20| Efesiërs Reeks: In gebed neem ons die volle wapenrusting van God opTue, 03 Jan 2023 - 34min
- 235 - Matt. 2:1-6,9-12| "Ons het sy ster gesien…"Wed, 28 Dec 2022 - 33min
- 234 - Ef. 6:10-13| In ons stryd moet ons kragtig word in die Here deur die wapenrusting van God.
Die oomblik toe God ons lewend gemaak het, het ons 'n nuwe stryd gekry om in die geloof te stry. As gelowiges word ons geroep om sterk weerstand te bied teen die Bose en teen die sonde.
Ons is dus soldate wat geroep word om in 'n geestelike oorlog die stryd te voer, en 'n soldaat wat nie opreg en eg in sy hart en gedagte is nie, sal nie staande kan bly in hierdie oorlog nie. Daarom moet gelowiges deur die Here bekragtig word vir hierdie stryd, sodat ons kan staande bly teen die aanslae van die Bose.
Terwyl die Here ons toerus vir hierdie stryd, roep Hy ons ook op om die wapenrusting wat Hy beskik, aan te trek. In die prediking hoor ons wat is die aard van die stryd (vv. 10-13) en ontvang ons die opdrag: bied sterk weerstand deur die wapenrusting (vv. 14-17) https://youtu.be/MyrvEzQIi-s
Mon, 19 Dec 2022 - 37min - 233 - HK 29-30; V/A 78-80, Joh. 6:54-55 & Mat. 26:26-28| Die betekenis en verwantskap van brood en wyn met die liggaam en bloed van Christus.
Gelowiges moet verstaan hoe Christus teenwoordig is by die Nagmaalstafel, sodat ons nie mislei word deur onbybelse idees nie. Hiervoor moet ons weet wat bedoel word met die instellingswoorde van ons Here Jesus by die Nagmaal. Wat beteken dit dan as Jesus sê: “(Hierdie brood) is my liggaam”, en “(Hierdie wyn) is my bloed”. In die prediking sal ons dan onder die volgende punte hoor presies hoe ons deur die deelname aan die Nagmaal waarlik gemeenskap met Christus se liggaam en bloed het:
1. Die liggaam en bloed van Jesus Christus in die nagmaal
2. Jesus Christus se teenwoordigheid by die nagmaal
Mon, 12 Dec 2022 - 35min - 232 - 1 Tim. 1:15,16| God red ons van ons sondes sodatons van Sy genade kan getuig aan ander
Ons elkeen wat Christus as Here het word deur God se genade gered. Die vraag is, is ons dankbaar vir hierdie genade? Al ons sondes, tot die ergste daarvan, word deur Christus betaal (1), en die Heilige Gees roep ons om aan ander te getuig daarvan (2). Dit is dit merkteken vir ons lewens as gelowiges (3).
Mon, 05 Dec 2022 - 25min - 230 - 1 Timoteus 1:8,11| God se wet is gegee aan ons tot ons voordeel
(1) Ons benodig ’n gesonde leer oor God se Woord, (2) Die gesonde leer wat verkondig van ons Here Jesus Christus ons verlosser. (3) Ons leer wel van die afwykings van God se Woord: die wat na regs afwyk en die wat na links afwyk – Die een wat die wet verloën en die wat die wet gebruik vir hul redding. (4) Beide moet verwerp word, God se wet is goed en moet goed gebruik word.
Mon, 28 Nov 2022 - 30min - 229 - Genesis 37:19-20| Sonde maak ons blind en hard en onvoldoende.Mon, 21 Nov 2022 - 49min
- 228 - Genesis 37:3-4| Ons het ’n diepenood aan die Here se genade in ons gesinneMon, 14 Nov 2022 - 42min
- 227 - Luk. 18:15| ...die wonder van geloofskind te wees...of dalk net 'kinder-agtige' kind te wees...?
Baie van ons gewoontes en ook karaktertrekke, positief of negatief, is afkomstig uit die tyd toe ons nog kinders was... En so neem die Here Jesus ons dan juis ook terug na ons kinderdae as Hy praat van klein kindertjies en hulle manier van doen...
En een saak wat veral hier uitstaan: Hy rig Sy boodskap EINTLIK aan grootmense, en nie soseer kinders soos wat ons dalk sou verwag nie...! En tog is Sy bedoeling verseker nie dat ons weer soos kinders moet word, redeneer of optree nie... MAAR dat daar veral een aspek van kindwees is wat Hy wil uitsonder en in ons geloof veral, moet nastreef...
Hy sê: dit beteken dat ons sonder enige voorwaardes of eie belangrikheid Sy koninkryk - soos 'n kind - met ope arms moet aanvaar en omhels...want anders, kan ons Sy koninkryk 'NOOIT' ingaan nie...
ENIGE ander manier, waar ons as 'grootmense' miskien sou dink dat ons deur eie belangrikheid of eie 'volwassenheid' sy koninkryk sou kon ingaan is eintlik maar niks anders as net blote verwaandheid of 'kinder-agtigheid'...!
Opgesom - soos iemand gesê het: by die poorte van die hemel is daar 'n 'bordjie' wat sê: SLEGS KINDERS - VOLWASSENES VERBODE
Mon, 14 Nov 2022 - 33min - 226 - Ps. 77:5,7,8,11| ... vir daardie tye as my ooglede moet 'waghou'...!
Vir ons as gelowiges is dit ‘n wonderlike troos dat God, ons hemelse Vader, alomteenwoordig, almagtig, onveranderlik, wys en regverdig is... Tog kom daar soms momente in elke gelowige se lewe dat Sy wee vir ons onverstaanbaar en onbegryplik is. Soveel so dat dit so baie gemengde gevoelens by ons wakkermaak. Mens sou dit seker, tereg ook, 'die dilemma van die geloof' kon noem? Maar ons hoef nie alleen te voel nie. Selfs Asaf van Psalm 77 het hiermee soveel keer, tot diep in die nag, geworstel... en sy grootste bekommernis: ...se nou maar net God gaan verander en nie meer optree soos voorheen nie....? Maar anders as die veranderlikheid en wispelturigheid van die mens is God soveel anders...Hy bly getrou op Sy 'pad' - veral as dit by sy kinders se wel en wee kom...! ... En so gebeur dit dan dat Asaf, na so baie onnodige worsteling, sy 'Psalm van die nag' met ‘n loflied kan afsluit...!
Mon, 31 Oct 2022 - 28min - 225 - Open. 1:7; 22:17| Kom, Here Jesus! Is jygereed daarvoor?Mon, 24 Oct 2022 - 13min
- 224 - Ef. 6:14-17| Efesiërs Reeks: Bly staan met die volle wapenrusting van God aanMon, 10 Oct 2022 - 30min
Podcasts ähnlich wie Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
- AD Voetbal podcast AD
- Dik Voormekaar Show Andre van Duin / Ferry de Groot
- Boekestijn en De Wijk BNR Nieuwsradio
- Moordzaken Carrie & Eddie
- De zaak ontleed De Telegraaf
- Het Land van Wierd Duk De Telegraaf
- EasyToys.nl • Erotische Verhalen EasyToys.nl
- MOREIRA’S MANSION ON AIR – FREDDY MOREIRA FunX
- F1 Aan Tafel Grand Prix Radio
- KieftJansenEgmondGijp KieftJansenEgmondGijp
- Kris Kross Amsterdam | Kris Kross mixtape Kris Kross Amsterdam
- Weer een dag Marcel van Roosmalen & Gijs Groenteman
- Wat een week! Maxim Hartman & Willem Treur
- De Jortcast NPO Radio 1 / AVROTROS
- Spijkers met Koppen NPO Radio 2 / BNNVARA
- NRC Vandaag NRC
- Veldheren Peter van Uhm, Mart de Kruif, Jos de Groot / Corti Media & WPG studio's
- Amerika in 15 minuten Raymond Mens
- Erotische verhalen - Rouze.me Rouze
- Maarten van Rossem - De Podcast Tom Jessen en Maarten van Rossem / Streamy Media
- Geschiedenis Inside Tonny Media
- De Universiteit van Nederland Podcast Universiteit van Nederland
- Vandaag Inside Vandaag Inside
- Napleiten Wouter Laumans, Christian Flokstra, Ayse Çimen
Andere Religion und Spiritualität Podcasts
- Joel Osteen Podcast Joel Osteen, SiriusXM
- Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® Radio Podcast Joyce Meyer
- The Potter's Touch on Lightsource.com - Audio Bishop T.D. Jakes
- Bishop Mosa Sono Bishop Mosa Sono
- Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans Thru The Bible Afrikaans, Die Bybel vir Vandag
- Elevation with Steven Furtick iHeartPodcasts
- Joseph Prince Audio Podcast Joseph Prince
- Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® TV Audio Podcast Joyce Meyer
- The Learn Xhosa Podcast - Free with Makhosi UBuntu Bridge
- Derek Prince Legacy Radio International Derek Prince
- Radiokansel / Radio Pulpit Radiokansel / Radio Pulpit
- Ahmed Deedat Muslim Central
- The Gospel Truth Andrew Wommack Ministries
- Sermon Podcast New Life EFC - Hastings, MN
- Uit 'n ander hoek RSG
- Mufti Menk Podcast Dr Mufti Ismail Menk
- Bybelstories in Afrikaans Carin Conradie
- Hope Alive Radio Station Hope Alive Radio
- Everything Islam Marwan Al Masri
- Sitar Meditation Music Nick Young