Filtrer par genre

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Preke en ander klankopnames van die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

325 - Lukas 24: 29(b) en 32| Jesus Christus (die Woord wat vlees geword het) se nabyheid gee alleen die ware vertroosting en bemoediging in hierdie lewe.
0:00 / 0:00
1x
  • 325 - Lukas 24: 29(b) en 32| Jesus Christus (die Woord wat vlees geword het) se nabyheid gee alleen die ware vertroosting en bemoediging in hierdie lewe.

    Ons ontmoet twee mense op pad na die dorpie Emmaus, sowat 11 km. van Jerusalem. Hierdie twee mense gesels egter oor ‘n hartseer saak wat afgespeel het die afgelope paasnaweek in Jerusalem. Daar is gemeenskaplike droefheid oor alles wat hulle gehoor en gesien het - sake oor die onregverdige verhoor en kruisiging van Jesus Christus.

    Nou is Hy dood, die hoop dat Hy Israel sou verlos van die Romeinse juk is verydel. Om alles te kroon het die berig dat sy liggaam verdwyn het, hulle nog meer ontstel. Sy liggaam is weg, die graf was oop en dan nog die berig dat daar sprake is dat Hy lewe.

    Maar dan is Jesus werklik ‘n mede-wandelaar. Jesus vra in vers 17: “Waaroor loop julle so met mekaar en redeneer?”

    Hulle antwoord in vers 18: “Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie?”

    Jesus vra in vers 19: “Watter dinge?” Dan kom die antwoord in vers 19 en 20: “Dit wat gebeur het met Jesus van Nasaret, ‘n profeet, magtig in woord en daad in die oë van God en die hele volk; en hoe die leierpriesters en ons volksleiers Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word en Hom laat kruisig het.”

    Hierop gebruik Jesus hierdie saak as inleiding tot ‘n magtige en kragtige preek. Ons lees in vers 27: “Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê”

    Die prediking fokus op menige profesieë uit die Ou Testament oor die koms van Christus. Ons kan nie werklik die Nuwe Testament verstaan as ons nie die Ou Testament ken nie. Eers dan besef ons die bede : Here bly by ons, by u kerk, nou en tot met die wederkoms.

     

    https://youtube.com/live/EY98GAeR_r4 

    Mon, 16 Sep 2024 - 26min
  • 324 - Matteus 27: 32| Christus lê sy volle reg af vir ons, sodat ons in Sy Naam die voorreg van die ewige lewe uit genade verkry.

    Stel u die volgende voor: Daar beweeg ‘n stoet van Jerusalem na Golgota op die weg wat vandag die Via Dolorosa genoem word. In hulle midde, redelik op die voorpunt is ‘n man, rooi bebloed van mishandeling. Sy rug getuig van die geseling, aan flarde geslaan (Markus 15:15), ‘n ontsaglike wrede straf.

    Al hierdie dinge, die heen en weer stuur van een regter na die ander deur die hele nag, die bespotting, die doringkroon, die vuishoue in die gesig en veral die geseling in die paleis van Pilatus het hierdie man se kragte uitgeput, so uitgeput dat dit voorkom asof die pad na Golgota met die kruishout op sy skouer vir Hom te veel geword het. Die Romeinse soldaat sien dit, daarom kommandeer (dwing) hulle ‘n man, Simon van Cirene, om die kruis te dra.

    ‘n Stukkie aangrypende geskiedenis as ons daar sou ophou. Maar die vraag is: Wat openbaar die Here vir ons in die gedeelte? Wat wil Hy vir ons vandag sȇ? Is daar ‘n boodskap dat daar ‘n oomblik was toe Jesus sy kruis nie verder kon dra nie en ‘n buitestander gedwing moes word om die kruis van Jesus na Golgota te dra?

     

    https://youtube.com/live/WiukpljsQfo 

    Mon, 16 Sep 2024 - 28min
  • 323 - Efesiërs 5:18b-20| ...oor my hart... en dit waarmee hy gevul is!

    Een enkele woordjie wat meer as 800 keer in die Bybel voorkom! En hoe belangrik moet hierdie woordjie dan nie wees nie?

    Dit gaan alles oor die 'hart' van n mens!

    Ook opvallend is dat as die Bybel na die woordjie 'hart' verwys dit feitlik nêrens na 'n fisiese orgaan verwys nie...maar meer geestelike lewe bedoel... dat jy maw 'n ander hartsgesindheid sal hê wat betref jou denke, nadenke, emosies, wilsbesluite, voor en afkeure ens... Soos die Bybel dan ook elders tereg sê: want uit die hart...'is die oorsprong van die lewe' (Spr 4:23).

    Meer nog: Hierdie ware hartsgesindheid en verandering gebeur slegs deur die innerlike en blywende werking van die Gees van God. En hierdie werking en dit wat die Gees jou bring lyk so totaal anders as wat die wereld jou ooit kan bied.

    Daarom druk Paulus dit hulle (mense van Efese) baie sterk op die HART. Hy gebruik selfs 'n skerp en amper kras voorbeeld dat hulle al die baie Godde-lose gebruike en afgode van Efese moet verwerp... en dat hulle sal 'toelaat' dat die Gees van God in hulle harte werk en hulle blywend sal verander...!

    Want: so 'n Geesvervulde en blye hart sal dan 'n wonderlike lied en melodie van lof en dankbaarheid sing wat soms selfs onhoorbaar vir ander mense sal wees ...!

    https://youtube.com/live/7NOp_BHiunQ 

    Mon, 16 Sep 2024 - 29min
  • 322 - Gen. 42:36 (b) & Rom. 8:28(a)| Die pad wat God ons in die lewe laat loop, is vir baie mense onverstaanbaar en selfs onregverdig, totdat God deur sy Gees ons wys dat dit ‘n verlossingspad is

    Jakob kom met hierdie pyngedagte : Alles is teen my. En hy sê dit nie ligtelik nie. In sy lewe het baie dinge gebeur wat tot hierdie uitspraak gelei het. Wat Jakob in sy lewe eerste stel, word laaste deur God geplaas en andersom. Wat vir Jakob die dierbaarste in sy lewe is, word die verste van hom weggeskeur.

    Is alles teen ons? Dit bring ons by die uitspraak van Paulus in Romeine 8. Die apostel Paulus leer ons dat niks teen ons is nie, maar alles ten goede meewerk. In groot kontras met Jakob stel Paulus dat alles, nie net voorspoed en vreugde nie, maar alles ten goede meewerk. Nie net die geboorte nie, maar ook die sterwe, ook die oop graf, ook die gebroke lewensideaal wat aan skerwe aan jou voete lê.

    Is die apostel Paulus nie werklikheidsvreemd nie. Ken hy swaar. Beslis, hy ken vervolging, tronkstraf, geseling, marteling, bespotting, veragting, maar desondanks stel Paulus dat alles ten goede meewerk.

    Dit gebeur dat ons in tye van hartseer en swaar soos Jakob kan voel alles is teen ons, daar is waaroms in die lewe, waarom so, waarom het dit gebeur. Hierdie waaroms kan egter nie opweeg teen die grootste waarom van alle eeue nie. Dit is die waarom aan die kruis, ‘n waarom wat al ons waaroms omvat. : “My God, my God, waarom het U my verlaat.”

     

    https://youtube.com/live/44n1dwPZ6lw 

    Mon, 26 Aug 2024 - 27min
  • 321 - Jesaja 51:17,22| Groot is God se liefde as Hy die toornbeker verander in ‘n genadebeker.

    Met nagmaal is daar drie belangrike sake, naamlik tekens, woorde en handelinge. Tekens : Brood en wyn Woorde: Dit is my liggaam, dit is my bloed. Handelinge : Die brood word geëet en die beker word gedrink.

    Die beker met die nagmaalviering het ‘n besondere BETEKENIS.

    In die Woord van die HERE kry ons ‘n beker van oordeel en ‘n beker van genade. In die prediking let ons op die oordeelsbeker, daarna op die genadebeker en dan die geheim van die verwisseling van die toornbeker na die genadebeker.

     

    https://youtube.com/live/AvOrPiCUTGM 

    Mon, 26 Aug 2024 - 15min
Afficher plus d'épisodes