Nach Genre filtern

'n Ma & 'n Mikrofoon

'n Ma & 'n Mikrofoon

Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"! Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel. 'n Ma & 'n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind. 'n Ma & 'n Mikrofoon is a podcast that reflects the world of the modern Afrikaans mom. Host Daniëlla van Heerden (herself a mom of two) engages in candid conversations with experts and special guests. The focus extends beyond the health of babies and children to encompass the emotional well-being of mothers. Here, you'll share laughter for those moments only another mom can understand – like how five minutes alone in the car can sometimes count as "me-time"! However, more serious topics such as postpartum depression, tantrums, and bullying are also openly discussed. Everyday and well-known moms alike drop by the studio to share their stories. 'n Ma & 'n Mikrofoon will inspire, empower, and remind you that, despite moments of doubt, you are always the best mom for your child.

42 - [Heruitsending] Vakansietyd = Skermtyd: Wat 'n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet/[Rebroadcast] Holiday Time = Screen Time: What an Occupational Therapist Wants You to Know
0:00 / 0:00
1x
  • 42 - [Heruitsending] Vakansietyd = Skermtyd: Wat 'n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet/[Rebroadcast] Holiday Time = Screen Time: What an Occupational Therapist Wants You to Know

    Terwyl 'n Ma & 'n Mikrofoon 'n produksiebreek neem en werk aan nuwe inhoud, deel ons weer van ons gewildste episodes. Dat skermtyd 'n rol gaan speel in jou kleuter, kind en tiener se lewe (soveel te meer tydens die vakansie) is byna onvermydelik. En hoewel amper elke ouer dit soms gebruik om ons te help om "dinge gedoen te kry", gaan dit dikwels gepaard met skuldgevoelens. In dié episode probeer ons riglyne skep vir gebalanseerde skermtyd. Arbeidsterapeut Carla Grobler deel die waarskuwingstekens wat jou kan help identifiseer of jou kind se skermtyd hulle negatief beïnvloed, en gee ook raad oor hoe om die kwessie aan te takel. Ons bespreek verskillende soorte skermtyd en die impak daarvan, en fokus op die alternatief—hoe om skermtyd te vervang met speel. Deur die gesprek probeer ons praktiese planne maak oor hoe gesinne skerms kan gebruik sonder om tyd saam prys te gee. While 'n Ma & 'n Mikrofoon takes a production break to work on new content, we’re sharing some of our most popular episodes again. Screen time is almost inevitable in the lives of toddlers, children, and teenagers—especially during the holidays. While most parents rely on it occasionally to "get things done," it often comes with feelings of guilt. In this episode, we aim to establish guidelines for balanced screen time. Occupational therapist Carla Grobler highlights the warning signs that can help you determine whether your child’s screen time is negatively affecting them. She also shares advice on how to address the issue. We explore different types of screen time and their impact, focusing on alternatives—how to replace screen time with play. Through the conversation, we aim to develop practical plans for families to use screens without sacrificing quality time together. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 27 Nov 2024 - 34min
  • 41 - [Heruitsending] Waterveiligheid dié Vakansie: So Kan Jy Keer dat jou Kind Verdrink/ [Rebroadcast] Water Safety This Holiday: How to Prevent Your Child from Drowning

    Terwyl 'n Ma & 'n Mikrofoon 'n produksiebreek neem en werk aan nuwe inhoud, deel ons weer van ons gewildste episodes. En met die vakansie en feestyd wat voorlê is dié episode oor waterveiligheid baie belangrik. Daniëlla praat met Petro Meyer, 'n sweminstrukteur van die NSRI, oor waterveiligheid, reëls en mites. Dis ook die storie van Suzanne Smit, en haar dogtertjie wat verdrink het. Suzanne het haar, in haar eie woorde, "weer lewendig gebid". Hierdie is 'n ma se getuienis, en 'n storie wat sy deel oor waterveiligheid wat ook ander kinders se lewens kan red. While 'n Ma & 'n Mikrofoon takes a production break to work on new content, we’re sharing some of our most popular episodes again. With the holidays and festive season approaching, this episode on water safety is especially important. Daniëlla speaks with Petro Meyer, a swimming instructor from the NSRI, about water safety, rules, and myths. It’s also the story of Suzanne Smit and her daughter, who almost drowned. In Suzanne’s own words, she “prayed her back to life.” This is a mother’s testimony and a story she shares about water safety, which could save the lives of other children. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 20 Nov 2024 - 47min
  • 40 - Episode 40: "'n Goeie Ma": Ons Vier 'n Jaar van 'n Ma & 'n Mikrofoon!/ Episode 40: "A Good Mom": Celebrating a Year of 'n Ma & 'n Mikrofoon!

    In die laaste episode van Seisoen 1 van 'n Ma & 'n Mikrofoon, vier ons 'n jaar van ouerskap, ondersteuning, raad en inspirasie. Hierdie platform is nou 'n wêreldwye Afrikaanse "kuber-netwerk" van ma's wat hulle stories ekom deel het. Sluit by ons aan vir 'n oorsig van die podcast se hoogtepunte van die afgelope 40 episodes, waar ons terugkyk na van die beste raad en mees emosionele oomblikke saam met ons gaste. Hier hoor jy ook die stemme van van ons luisteraars; en Daniëlla verklap van die nuwe dinge wat wag in Seisoen 2 in 2025. In the final episode of Season 1 of 'n Ma & 'n Mikrofoon, we celebrate a year filled with parenting, support, advice, and inspiration. It's now a global "cyber-village" of moms who have come together to share their stories. Join us for a recap of the podcast’s highlights from the past 40 episodes, where we revisit some of the best advice and most emotional moments shared with our guests. You’ll also hear the voices of some of our listeners, and Daniëlla reveals a sneak peek of what’s coming in Season 2 in 2025. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 13 Nov 2024 - 33min
  • 39 - Anneen Henze: Die Hart van 'n #Momtrepreneur/ Anneen Henze: The Heart of a #Momtrepreneur

    Anneen Henze het al 'n lang pad gestap as #momtrepreneur—eers as klere-ontwerper met 'n gewilde swangerskapsreeks agter haar naam. Nou het sy 'n nuwe reis aangepak, toe sy die webblad The Mom Archive begin het. The Mom Archive is "Suid-Afrika se eerste omvattende aanlyngids en gemeenskapsplatform wat ontwerp is om ouerskap en ma-wees te vereenvoudig." Maar hierdie is nie nét 'n gesprek oor besigheid nie. Anneen deel met Daniëlla die verhaal van hoe hierdie besigheid tot stand gekom het, uit die perspektief van 'n mamma wat ’n moeilike diagnose oor haar kind gekry het en selfs uitbranding ervaar het. Sy gee ook waardevolle raad wat sy deur die jare in die sakewêreld geleer het. *https://www.themomarchive.co.za/ Anneen Henze has come a long way as a #momtrepreneur—starting as a clothing designer with a popular maternity line to her name. Now, she's embarked on a new journey with the creation of The Mom Archive. The Mom Archive is "South Africa's first comprehensive online directory and community platform designed to simplify parenting and motherhood." But this conversation isn’t just about business. Anneen shares with Daniëlla the story of how this business came to life, from the perspective of a mother who received a challenging diagnosis concerning her child and even experienced burnout. She also offers valuable advice drawn from her many years in the business world. * https://www.themomarchive.co.za/ - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 6 Nov 2024 - 40min
  • 38 - Ons 330 dae in NICU: Gebore op 25 weke & 440 gram/ Our 330 Days in the NICU: Born at 25 Weeks & 440 Grams

    Mari Botha se dogtertjie, Ruaché, het net 440 gram geweeg toe sy op 25 weke gebore is. Wat gevolg het, was 330 dae in die neonatale eenheid (NICU), terwyl Mari sélf vir haar eie lewe moes veg, omdat haar niere ingegee het. In hierdie episode vertel sy vir Daniëlla wat sy as preemie-mamma geleer het, deel sy raad vir ander ouers met kinders in NICU, en vertel van die uitdagende pad wat hulle gestap het voor, tydens en ná hulle maande in die hospital. *November is Preemie-bewustheidsmaand, met "World Prematurity Day" wat op 17 November gevier word. Mari Botha’s daughter, Ruaché, weighed just 440 grams when she was born at 25 weeks. What followed was a journey of 330 days in the neonatal intensive care unit (NICU), during which Mari herself had to fight for her life due to kidney failure. In this episode, Mari shares with Daniëlla the lessons she's learned as a preemie mom, offers heartfelt advice for other parents with children in the NICU, and reflects on the challenging path they traveled before, during, and after their months in the hospital. * November is Prematurity Awareness Month, with "World Prematurity Day" observed on November 17. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    Wed, 30 Oct 2024 - 39min
Weitere Folgen anzeigen