Filtra per genere
'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"! Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel. 'n Ma & 'n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind. 'n Ma & 'n Mikrofoon is a podcast that reflects the world of the modern Afrikaans mom. Host Daniëlla van Heerden (herself a mom of two) engages in candid conversations with experts and special guests. The focus extends beyond the health of babies and children to encompass the emotional well-being of mothers. Here, you'll share laughter for those moments only another mom can understand – like how five minutes alone in the car can sometimes count as "me-time"! However, more serious topics such as postpartum depression, tantrums, and bullying are also openly discussed. Everyday and well-known moms alike drop by the studio to share their stories. 'n Ma & 'n Mikrofoon will inspire, empower, and remind you that, despite moments of doubt, you are always the best mom for your child.
- 42 - [Heruitsending] Vakansietyd = Skermtyd: Wat 'n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet/[Rebroadcast] Holiday Time = Screen Time: What an Occupational Therapist Wants You to Know
Terwyl 'n Ma & 'n Mikrofoon 'n produksiebreek neem en werk aan nuwe inhoud, deel ons weer van ons gewildste episodes. Dat skermtyd 'n rol gaan speel in jou kleuter, kind en tiener se lewe (soveel te meer tydens die vakansie) is byna onvermydelik. En hoewel amper elke ouer dit soms gebruik om ons te help om "dinge gedoen te kry", gaan dit dikwels gepaard met skuldgevoelens. In dié episode probeer ons riglyne skep vir gebalanseerde skermtyd. Arbeidsterapeut Carla Grobler deel die waarskuwingstekens wat jou kan help identifiseer of jou kind se skermtyd hulle negatief beïnvloed, en gee ook raad oor hoe om die kwessie aan te takel. Ons bespreek verskillende soorte skermtyd en die impak daarvan, en fokus op die alternatief—hoe om skermtyd te vervang met speel. Deur die gesprek probeer ons praktiese planne maak oor hoe gesinne skerms kan gebruik sonder om tyd saam prys te gee. While 'n Ma & 'n Mikrofoon takes a production break to work on new content, we’re sharing some of our most popular episodes again. Screen time is almost inevitable in the lives of toddlers, children, and teenagers—especially during the holidays. While most parents rely on it occasionally to "get things done," it often comes with feelings of guilt. In this episode, we aim to establish guidelines for balanced screen time. Occupational therapist Carla Grobler highlights the warning signs that can help you determine whether your child’s screen time is negatively affecting them. She also shares advice on how to address the issue. We explore different types of screen time and their impact, focusing on alternatives—how to replace screen time with play. Through the conversation, we aim to develop practical plans for families to use screens without sacrificing quality time together. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 27 Nov 2024 - 34min - 41 - [Heruitsending] Waterveiligheid dié Vakansie: So Kan Jy Keer dat jou Kind Verdrink/ [Rebroadcast] Water Safety This Holiday: How to Prevent Your Child from Drowning
Terwyl 'n Ma & 'n Mikrofoon 'n produksiebreek neem en werk aan nuwe inhoud, deel ons weer van ons gewildste episodes. En met die vakansie en feestyd wat voorlê is dié episode oor waterveiligheid baie belangrik. Daniëlla praat met Petro Meyer, 'n sweminstrukteur van die NSRI, oor waterveiligheid, reëls en mites. Dis ook die storie van Suzanne Smit, en haar dogtertjie wat verdrink het. Suzanne het haar, in haar eie woorde, "weer lewendig gebid". Hierdie is 'n ma se getuienis, en 'n storie wat sy deel oor waterveiligheid wat ook ander kinders se lewens kan red. While 'n Ma & 'n Mikrofoon takes a production break to work on new content, we’re sharing some of our most popular episodes again. With the holidays and festive season approaching, this episode on water safety is especially important. Daniëlla speaks with Petro Meyer, a swimming instructor from the NSRI, about water safety, rules, and myths. It’s also the story of Suzanne Smit and her daughter, who almost drowned. In Suzanne’s own words, she “prayed her back to life.” This is a mother’s testimony and a story she shares about water safety, which could save the lives of other children. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 20 Nov 2024 - 47min - 40 - Episode 40: "'n Goeie Ma": Ons Vier 'n Jaar van 'n Ma & 'n Mikrofoon!/ Episode 40: "A Good Mom": Celebrating a Year of 'n Ma & 'n Mikrofoon!
In die laaste episode van Seisoen 1 van 'n Ma & 'n Mikrofoon, vier ons 'n jaar van ouerskap, ondersteuning, raad en inspirasie. Hierdie platform is nou 'n wêreldwye Afrikaanse "kuber-netwerk" van ma's wat hulle stories ekom deel het. Sluit by ons aan vir 'n oorsig van die podcast se hoogtepunte van die afgelope 40 episodes, waar ons terugkyk na van die beste raad en mees emosionele oomblikke saam met ons gaste. Hier hoor jy ook die stemme van van ons luisteraars; en Daniëlla verklap van die nuwe dinge wat wag in Seisoen 2 in 2025. In the final episode of Season 1 of 'n Ma & 'n Mikrofoon, we celebrate a year filled with parenting, support, advice, and inspiration. It's now a global "cyber-village" of moms who have come together to share their stories. Join us for a recap of the podcast’s highlights from the past 40 episodes, where we revisit some of the best advice and most emotional moments shared with our guests. You’ll also hear the voices of some of our listeners, and Daniëlla reveals a sneak peek of what’s coming in Season 2 in 2025. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 13 Nov 2024 - 33min - 39 - Anneen Henze: Die Hart van 'n #Momtrepreneur/ Anneen Henze: The Heart of a #Momtrepreneur
Anneen Henze het al 'n lang pad gestap as #momtrepreneur—eers as klere-ontwerper met 'n gewilde swangerskapsreeks agter haar naam. Nou het sy 'n nuwe reis aangepak, toe sy die webblad The Mom Archive begin het. The Mom Archive is "Suid-Afrika se eerste omvattende aanlyngids en gemeenskapsplatform wat ontwerp is om ouerskap en ma-wees te vereenvoudig." Maar hierdie is nie nét 'n gesprek oor besigheid nie. Anneen deel met Daniëlla die verhaal van hoe hierdie besigheid tot stand gekom het, uit die perspektief van 'n mamma wat ’n moeilike diagnose oor haar kind gekry het en selfs uitbranding ervaar het. Sy gee ook waardevolle raad wat sy deur die jare in die sakewêreld geleer het. *https://www.themomarchive.co.za/ Anneen Henze has come a long way as a #momtrepreneur—starting as a clothing designer with a popular maternity line to her name. Now, she's embarked on a new journey with the creation of The Mom Archive. The Mom Archive is "South Africa's first comprehensive online directory and community platform designed to simplify parenting and motherhood." But this conversation isn’t just about business. Anneen shares with Daniëlla the story of how this business came to life, from the perspective of a mother who received a challenging diagnosis concerning her child and even experienced burnout. She also offers valuable advice drawn from her many years in the business world. * https://www.themomarchive.co.za/ - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 6 Nov 2024 - 40min - 38 - Ons 330 dae in NICU: Gebore op 25 weke & 440 gram/ Our 330 Days in the NICU: Born at 25 Weeks & 440 Grams
Mari Botha se dogtertjie, Ruaché, het net 440 gram geweeg toe sy op 25 weke gebore is. Wat gevolg het, was 330 dae in die neonatale eenheid (NICU), terwyl Mari sélf vir haar eie lewe moes veg, omdat haar niere ingegee het. In hierdie episode vertel sy vir Daniëlla wat sy as preemie-mamma geleer het, deel sy raad vir ander ouers met kinders in NICU, en vertel van die uitdagende pad wat hulle gestap het voor, tydens en ná hulle maande in die hospital. *November is Preemie-bewustheidsmaand, met "World Prematurity Day" wat op 17 November gevier word. Mari Botha’s daughter, Ruaché, weighed just 440 grams when she was born at 25 weeks. What followed was a journey of 330 days in the neonatal intensive care unit (NICU), during which Mari herself had to fight for her life due to kidney failure. In this episode, Mari shares with Daniëlla the lessons she's learned as a preemie mom, offers heartfelt advice for other parents with children in the NICU, and reflects on the challenging path they traveled before, during, and after their months in the hospital. * November is Prematurity Awareness Month, with "World Prematurity Day" observed on November 17. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 30 Oct 2024 - 39min - 37 - Nageboorte Depressie: Die eerlike gesprek wat luisteraars wou hoor / Postpartum Depression: The Episode You Asked For
Hierdie episode is die gevolg van talle boodskappe versoeke van luisteraars van 'n Ma & 'n Mikrofoon. Nageboorte depressie. Post-partum depressie. Méér as net "baby blues" - en meer algemeen as wat ons almal besef. En ten spyte daarvan dat dit so baie van ons raak, steeds nie iets waaroor ons graag praat nie. Maar in dié episode praat Daniëlla en kliniese sielkundige Gerda Kriel wél sonder skroom. Gerda deel haar eie storie oor nageboorte depressie, iets wat sy ook as kind beleef het toe haar ma daaraan gely het. Sy verduidelik waarom dit gebeur, wat jy kan doen (vooraf, tydens en na die tyd) en waarom dit nooit te laat is om in te gryp nie. Ons praat ook oor hoe PPD ook mans en pa's raak; en hoe jy jou man, vriendinne of kollegas kan bystaan wanneer jy die tekens raaksien. This episode is the result of many messages and requests from listeners of 'n Ma & 'n Mikrofoon. Postpartum depression... It's more than just the "baby blues" – and more common than we all realize. Despite affecting so many of us, it’s still something we are often reluctant to talk about. But in this episode, Daniëlla and clinical psychologist Gerda Kriel talk openly and without hesitation. Gerda shares her own story of postpartum depression, something she also experienced as a child when her mother suffered from it. She explains why it happens, what you can do (before, during, and after), and why it’s never too late to intervene. We also discuss how PPD affects men and fathers too, and how you can support your husband, friends, or colleagues when you recognize the signs. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 23 Oct 2024 - 49min - 36 - Leer jou Kind Só om Stres te Hanteer/ How to Teach Your Child to Manage Stress
As ouers wéét ons hoe moeilik dit kan wees om te sien hoe ons kinders sukkel met spanning – hetsy weens eksamens, konflik met vriende, 'n nuwe omgewing, of selfs veranderinge in hul liggame. Dit kan ons magteloos laat voel, maar daar is dinge wat ons kan doen om hulle te ondersteun. In hierdie episode gesels die opvoedkundige profiel-ontleder Charne Lieberberg met Daniëlla en verduidelik hoe kinders se breine stres anders verwerk as volwassenes. Sy deel ook bemagtigende, maklike strategieë wat ouers kan gebruik om hul kinders toe te rus met die vaardighede om angs te oorkom en beheer te neem oor stresvolle situasies. * Kontak Charne by www.samindframe.com of 076 971 8138. As parents, we all know how difficult it can be to watch our children face stress—whether it’s from exams, friendships, new environments, or even changes in their bodies. While it may leave us feeling helpless, there are steps we can take to support them. In this episode, educational profile analyst Charne Lieberberg sits down with Daniëlla to break down how children’s brains process stress differently from adults. She also shares powerful, easy-to-follow strategies to help parents equip their children with the skills to overcome anxiety and take control of stressful situations. * You can reach Charne at www.samindframe.com or 076 971 8138. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 16 Oct 2024 - 34min - 35 - Borskanker: Wat Elke Ma Moet Weet/ Breast Cancer: What Every Mom Should Know
Borskanker word al hoe meer by jonger vroue, in hulle twintigs en dertigs, gediagnoseer. Vir hierdie Borskankerbewustheidsmaand deel dr. Heleen Hanekom, self 'n ma, haar kennis met ma's in eenvoudige, verstaanbare taal. Heleen is 'n radioloog in Pretoria met 'n groot passie vir borsradiologie (mammogramme, ensovoorts) en borskankerbewustheid. Sy leer ons hoe om 'n vinnige tuistoets te doen, wanneer jy dokter toe moet gaan, en wat jy kan verwag van 'n mammogram. Dié is episode 1 van 2 vir Borskankerbewustheidsmaand: Luister ook na die vorige episode waar 'n ma haar borskanker-storie deel. Breast cancer is increasingly being diagnosed in younger women, in their twenties and thirties. For this Breast Cancer Awareness Month, Dr. Heleen Hanekom, a mom herself, shares her knowledge with moms in simple, easy-to-understand language. Heleen is a radiologist in Pretoria, with a great passion for breast radiology (mammograms, etc.) and breast cancer awareness. She teaches us how to do a quick self-exam, when you should visit the doctor, and what to expect from a mammogram. This is episode 1 of 2 for Breast Cancer Awareness Month: Also listen to the previous episode, where a mom shares her breast cancer story. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 9 Oct 2024 - 33min - 34 - Episode 34: Borskanker: Só Het Ek My Kinders Vertel/ Episode 34: Breast Cancer: How I Told My Children
Borskanker is op 37 by Lydia van der Kooy gediagnoseer. "Van die oomblik wat die chirurg dit vir my gesê het, was dit asof kanker in elke liewe sel van my liggaam gaan sit," vertel sy in dié episode. Lydia deel met Daniëlla en luisteraars haar kanker-storie van die afgelope twee jaar: hoe sy dit vir haar vier seuns vertel het, die chemo-proses beleef het en mense se vrae hanteer het. Maar sy vertel ook hoe dit haar verhouding met haar man versterk en haar geloof verdiep het. *Dié is episode 1 van 2 tydens Borskanker-bewustheidsmaand: Luister ook die volgende episode waar 'n dokter belangrike mediese kennis deel. Lydia van der Kooy was diagnosed with breast cancer at 37. "From the moment the surgeon told me, it felt like cancer settled into every single cell of my body," she says in this episode. Lydia opens up to Daniëlla and the listeners about her cancer journey over the past two years: how she informed her four sons, navigated the chemotherapy process, and addressed people's questions. She also discusses how this experience strengthened her relationship with her husband and deepened her faith. *This is the first of two episodes for Breast Cancer Awareness Month. Be sure to listen to the next episode, where a doctor shares important medical insights. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 2 Oct 2024 - 38min - 33 - Swanger ná 13 rondtes IVF/ Pregnant after 13 rounds of IVF
Christa-Marie du Toit is swanger met haar tweede kind ná 13 rondtes IVF. Sy het haar eerste kind gehad na 6 rondtes UVF. Sy ken maar alte goed die emosionele wipwarit van maand na maand, jaar na jaar se wag en hoop. Hoop dat die swangerskapstoets dié keer positief sal wees. Sy wéét hoe uitmergelend dit kan wees vir 'n vrou se lyf; en hoe dit selfs die sterkste huwelik kan toets - om nie te praat van die finansiële tol wat dit eis nie. In dié episode praat Christa-Marie met Daniëlla oor haar jarelange IVF-reis, en deel ook wenke vir ander ma's wat dieselfde moeilike pad stap. Christa-Marie du Toit is pregnant with her second child after 13 rounds of IVF. She had her first after 6 rounds of IVF. She knows all too well the emotional rollercoaster of waiting and hoping month after month, year after year, for the pregnancy test to be positive this time. She understands how exhausting it can be for a woman's body and how it can test even the strongest marriage—not to mention the financial strain. In this episode, Christa-Marie talks to Daniëlla about her years-long IVF journey and shares tips for other moms walking the same difficult path. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 25 Sep 2024 - 42min - 32 - TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Juffrou Linky/ TWO Moms & a Microphone: Miss Linky
"Juffrou Linky" op YouTube kry daagliks duisende 'views' – en jou peuter of kleuter is waarskynlik een van hulle! In hierdie episode ontmoet Daniëlla Linkie Retief, beter bekend as "Juffrou Linky." Ons gesels oor haar uiters suksesvolle YouTube-kanaal, wat nou ook haar en haar man, Retief, se voltydse werk is. Sy vertel waarom hulle Afrikaanse video's maak al is dit eintlik hulle Engelse kanaal, "Miss Linky," wat die rekeninge betaal. Maar ons praat ook oor ma-wees, hoe haar kinders die inhoud van haar video's beïnvloed, en haar drome vir die toekoms. "Miss Linky" on YouTube gets thousands of views daily—and your toddler or preschooler is probably one of them! In this episode, Daniëlla meets Linkie Retief, better known as "Miss Linky." We chat about her extremely successful YouTube channel, which has now become a full-time job for her and her husband, Retief. She explains why they make videos in Afrikaans even though it's actually their English channel that pays the bills. We also discuss motherhood, how her children influence the content of her videos, and her dreams for the future. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 18 Sep 2024 - 27min - 31 - Noodhulp-Blitskursus: Wat jy moet Weet tydens 'n Noodgeval by jou Huis\ First Aid Crash Course: What You Need to Know During an Emergency at HomeWed, 11 Sep 2024 - 32min
- 30 - (Her)ontdek jou Styl as Ma/ (Re)discover Your Style as a Mom
(Her)ontdek jou Styl as Ma Voel jy dis tyd vir 'n verandering wat jou klere-keuses aanbetref? Haal jy keer op keer dieselfde items op dieselfde manier uit jou klerekas? Het jy hulp nodig om nuut na jou "ou" klere te kyk? In dié episode gee stylkonsultant Lizanne Anderson raad oor mode spesifiek vir ma's. Vroue sê dikwels hulle identiteit as mens het verander toe hulle 'n ma geword het. Jou leefstyl en finansies verander ook ingrypend, en daarmee saam is dit dikwels nodig om anders te kyk na jou klere en bykomstighede. Lizanne gee Daniëlla en die luisteraars raad oor hoe om op 'n begroting te koop, hoe om jou bestaande items te herbenut, en hoe om selfvertroue in jou eie styl te vind. (Re)discover Your Style as a Mom Do you feel it's time for a change in your clothing choices? Do you find yourself repeatedly reaching for the same items in the same way from your wardrobe? Do you need help to see your "old" clothes in a new light? In this episode, style consultant Lizanne Anderson offers advice on fashion specifically for moms. Women often say their identity as a person changed when they became a mother. Your lifestyle and finances also undergo significant changes, and with that, it's often necessary to reassess our clothes and accessories. Lizanne gives Daniëlla and the listeners advice on how to shop on a budget, how to repurpose your existing items, and how to find confidence in your own style. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 4 Sep 2024 - 34min - 29 - Skermtyd: Wat 'n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet/ Screen Time: What an Occupational Therapist Wants You to Know
Dat skermtyd 'n rol gaan speel in jou kleuter, kind en tiener se lewe, is byna onvermydelik. En hoewel amper elke ouer dit soms gebruik om ons te help om "dinge gedoen te kry", gaan dit dikwels gepaard met skuldgevoelens. In dié episode probeer ons riglyne skep vir gebalanseerde skermtyd. Arbeidsterapeut Carla Grobler deel die waarskuwingstekens wat jou kan help identifiseer of jou kind se skermtyd hulle negatief beïnvloed, en gee ook raad oor hoe om die kwessie aan te takel. Ons bespreek verskillende soorte skermtyd en die impak daarvan, en fokus op die alternatief—hoe om skermtyd te vervang met speel. Deur die gesprek probeer ons praktiese planne maak oor hoe gesinne skerms kan gebruik sonder om tyd saam prys te gee. That screen time will play a role in your toddler, child, and teenager's life is almost inevitable. And while nearly every parent uses it at times to help us get things done, it often comes with feelings of guilt. In this episode, we try to create guidelines for balanced screen time. Occupational therapist Carla Grobler shares the warning signs that can help you identify if your child's screen time is negatively affecting them, and also offers advice on how to tackle the issue. We discuss different types of screen time and their impacts, and focus on the alternative—how to replace screen time with play. Through the conversation, we try to create practical plans for how families can use screens without sacrificing time together. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 28 Aug 2024 - 34min - 28 - TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Karlien van Jaarsveld / TWO Moms & a Microphone : Karlien van Jaarsveld
Ouerskap het Karlien van Jaarsveld verander. Haar gestroop en omgedop. In hierdie episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Karlien met Daniella oor die verskillende fasette van ma-wees. Sy moes immers al baie trotseer - haar tweeling, Daniël en Eliah, is vroeg gebore en sy moes hulle toe hulle ouer word, ook lei deur 'n egskeiding. Daarna het sy 'n miskraam gehad op 19 weke. Later telkens met klein Elah hospitaal toe jaag to 'n seldame siekte by die dogtertjie gediagnoeer is. En haar jongste, Johannes Samuel, was 'n "lockdown baba". Maar, vertel Karlien in die onderhoud, dit alles het haar gesin en haar geloof net versterk - en ten spyte van die moeilike dae, geniet sy haar huis vol kinders, lag en lewe. Parenthood has changed Karlien van Jaarsveld. Laid her Bare and brought her back to life again. In this episode of 'n Ma & 'n Mikrofoon, Karlien talks with Daniella about the different facets of being a mother. She has had to endure a lot—her twins, Daniël and Eliah, were born prematurely, and she had to guide them through her divorce as they grew older. She then had a miscarriage at 19 weeks. Later, she had to rush little Elah to the hospital multiple times after the girl was diagnosed with a rare disease. Her youngest, Johannes Samuel, was a "lockdown baby." But, Karlien shares in the interview, all of this has only strengthened her family and her faith—and despite the difficult days, she enjoys her house full of children, laughter, and life. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 21 Aug 2024 - 53min - 27 - Die Hart van 'n Werkende Ma/ The Heart of a Working Mom
Om 'n werkende ma te wees voel soms asof jy in die sirkus is, en 10 balle gelyk in die lug probeer hou. Maar hoe gemaak wanneer die balle begin val? Daniëlla gesels in hierdie episode met bedryfsielkundige Elne Janse Van Rensburg van Moms At Work oor hoe 'n werkende ma balans (of die gebrek daaraan!) moet benader, moeilike keuses kan maak en haar nuwe identiteit vind en vestig wanneer sy terugkeer werk toe ná 'n baba. Elne praat ons ook moed in om vir ons kinders 'n voorbeeld te wees en te wys: "Kyk, ons kán moeilike goed doen". Being a working mom sometimes feels like you’re a circus juggler, trying to keep 10 balls in the air at once. But what happens when the balls start to fall? In this episode, Daniëlla talks with industrial psychologist Elne Janse Van Rensburg from Moms At Work about how a working mom should approach balance (or the lack of it!), make tough choices, and find and establish her new identity when she returns to work after having a baby. She also encourages us to be role models for our children and show them: "Look, we can do difficult things." - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 14 Aug 2024 - 34min - 26 - Die Hart van 'n Tuisblyma/ The Heart of a Stay-at-Home Mom
Om 'n tuisblyma te wees is baie dinge. 'n Uitdaging? Gereeld! Maar dis ook 'n voorreg en 'n roeping. In hierdie episode gesels Daniëlla met tuisblyma's Karyna le Roux en Riëtte van der Wat oor waarom hulle besluit het om op te hou werk, wat hulle doen wanneer hulle die dag oorweldig voel deur die verantwoordelikheid van dié rol; en hoe belangrik dit is om die einddoel voor oë te hou. Being a stay-at-home mom is many things. A challenge? Often! But it’s also a privilege and a calling. In this episode, Daniëlla talks with stay-at-home moms Karyna le Roux and Riëtte van der Wat about why they decided to stop working, what they do when they feel overwhelmed by the responsibilities of this role, and how important it is to keep the end goal in sight. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 7 Aug 2024 - 42min - 25 - Hoe Om 'n Ma Wat Borsvoed te Ondersteun/ How to Support a Breastfeeding Mom
Dié Wêreld-Borsvoedingsweek vier ons ma's wat borsvoed: Die hoogte- én laagtepunte, die koesteroomblikke en dié uitdagings. In hierdie episode gesels Daniëlla met Alwerí Brand en Caroli Diener, twee leidsters van La Leche League Suid-Afrika. LLL is een van die wêreld se voorste organisasies vir die ondersteuning van borsvoeding. Hulle gee raad oor hoe ma's wat borsvoed na hulleself kan omsien tydens hierdie spesiale tyd in hul verhouding met hul kind - maar ook hoe 'n borsvoed-mamma se man, familie en geliefdes kan help om haar te ondersteun. This World Breastfeeding Week, we celebrate mothers who breastfeed: the highs and lows, the cherished moments, and the challenges. In this episode, Daniëlla talks with Alwerí Brand and Caroli Diener, two leaders from La Leche League South Africa. LLL is one of the world's leading organizations for breastfeeding support. They offer advice on how breastfeeding mothers can take care of themselves during this special time in their relationship with their child - and also how a breastfeeding mother's partner, family, and loved ones can help support her. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 31 Jul 2024 - 49min - 24 - Die Dag Toe My Kind Verdrink Het/ The Day My Child Drowned
Suzanne Smit se dogtertjie het verdrink. Suzanne het haar, in haar eie woorde, "weer lewendig gebid". Hierdie is 'n ma se getuienis, en 'n storie wat sy deel oor waterveiligheid wat ook ander kinders se lewens kan red. 25 Julie is "World Drowning Prevention Day" en Daniëlla praat ook met Petro Meyer, 'n sweminstrukteur van die NSRI, oor waterveiligheid, reëls en mites. Suzanne Smit's young daughter drowned. Suzanne, in her own words, "prayed her back to life". This is a mother's testimony, and a story she shares about water safety that could save other children's lives too. July 25th is "World Drowning Prevention Day", and Daniëlla also speaks with Petro Meyer, a swimming instructor from the NSRI, about water safety, rules, and myths. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 24 Jul 2024 - 46min - 23 - Irvette van Zyl: Olimpiese Marathon-Ma! / Irvette van Zyl: Olympic Marathon Mom!
Irvette van Zyl (37) is 'n werkende ma - maar haar "werk" is uitsonderlik: sy's immers 'n Olimpiese marathon-atleet! Die spele in Parys skop op Vrydag 26 Julie 2024 af, en dit sal die vierde keer wees wat Irvette aan die Olimpiese Spele deelneem. Sy praat met Daniëlla oor die uitdagings van ouerskap en atletiek: om te probeer 'long runs' doen terwyl jy hand bysit met huiswerk, en om vrede te maak met beserings wat buite jou beheer is. Irvette moes al keer op keer opstaan ná teleurstellings, en sy vertel waarom en hoe ma-wees haar die krag gegee het om dit te kan vermag. Irvette van Zyl (37) is a working mom - but her "job" is unusual: she is, after all, an Olympic marathon athlete! The games in Paris kick off on Friday, July 26, 2024, and it will be the fourth time Irvette participates in the Olympic Games. She talks with Daniëlla about the challenges of parenting and athletics: trying to do 'long runs' while helping with homework, and coming to terms with injuries that are beyond your control. Irvette has had to get back up time and again after disappointments, and she explains why being a mom has given her the strength to do this as well. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 17 Jul 2024 - 34min - 22 - Die Ma wie se Man haar 3 Kinders voor haar Vermoor het/ The mom whose husband killed her 3 children in front of her
In Julie 2006 het Charlotte van der Westhuizen se man hulle drie kinders, Bianca (16), Marius (5) en Antoinette (21 maande) voor haar doodgeskiet. Hy kom binnekort uit op parool. Sy deel haar storie met Daniëlla en ons luisteraars. In July 2006, Charlotte van der Westhuizen's husband shot and killed their three children, Bianca (16), Marius (5), and Antoinette (21 months), in front of her. He will be released on parole soon. She shares her story with Daniëlla and our listeners. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 10 Jul 2024 - 52min - 21 - Etenstyd! Maak so seker jou baba & peuter word 'n goeie eter/A Solid Start: Make eating enjoyable for your baby & toddler
Een van die grootste uitdagings in jou baba se eerste jaar is wanneer hulle (wat nou uiteindelik net mooi begin bottel of borsmelk drink het) moet begin eet. Jy voel oorweldig: Wanneer is te gou, wanneer is te laat, hoeveel is te veel, of te min, wat moet jy gee en nié gee nie? En wat as hulle stik of nie wil eet nie? Marita Bezuidenhout van Magies Vol Liefde (Tummies Full of Love) het antwoorde op ons vrae oor die eerste 24 maande se eetgewoontes. Sy het jare se ervaring van vastekos-voorstelling vir babas en gee vir Daniëlla en luisteraars raad oor: Wanneer begin ek met vaste kos? Waarmee begin ek? Wat is die verskil tussen verstik en gag? Wanneer moet 'n peuter saam met die res van die gesin begin eet? Hoe maak ek as my peuter te veel of te min eet? Met Marita se raad sal kan jy vir jou kind die grondslag lê vir 'n lewenslange gesonde verhouding met kos. {https://www.tummiesfulloflove.co.za} One of the biggest challenges in your baby's first year is when they (who have just started drinking bottle or breast milk so nicely) need to start eating solid food. You feel overwhelmed: When is too soon, when is too late, how much is too much, or too little, what should you give and not give? And what if they choke or refuse to eat? Marita Bezuidenhout from Magies Vol Liefde (Tummies Full of Love) has answers to our questions about eating habits in the first 24 months. She has years of experience in introducing solid foods to babies and gives Daniëlla and listeners advice on: When do I start with solid foods? What do I start with? What is the difference between choking and gagging? When should a toddler start eating with the rest of the family? What do I do if my toddler eats too much or too little? With Marita's expert advice, you can ensure a healthy start to your baby and toddler's lifelong relationship with food. {https://www.tummiesfulloflove.co.za} - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 3 Jul 2024 - 39min - 20 - Vegter Vir Hoop: Die Ma Wat Met Reuse Baklei/Fighting for Hope: The Mother Who Took on Giants
Liézel Els se tweeling, Lia en Nelius, is nog nie eers 3 jaar oud nie, en sy't reeds 'n leeftyd se uitdagings agter die rug. Reeds vóór hulle geboorte moes Liézel (41) vir haar kinders begin baklei: As enkellopende vrou wat bitter graag 'n ma wou word, is sy deur ronde op ronde van fertiliteitsbehandeling. Maar net enkele weke na hulle geboorte, moes Liézel hoor Lia het 'n uiters seldsame toestand, een wat behels dat haar brein nie ten volle ontwikkel het nie. Daarna het nog uitdagings voorgelê: Om genoeg geld te kry vir die behandeling. Om tussendeur dit als voltyds te werk. En om een van die land se grootste mediese fondse aan te vat toe hulle Lia se behandeling afkeur. Liézel praat openhartig met Daniëlla oor die uitdagings van enkelma wees, van sorg vir 'n kind met spesiale behoeftes, en om elke keer op te staan wanneer die lewe jou wil platslaan. WEBBLAD: https://miraclesforlia.com/ Liézel Els' twins, Lia and Nelius, are not even 2 years old yet, and she has already faced a lifetime of challenges. Even before their birth, Liézel (41) had to start fighting for her children: as a single woman who desperately wanted to become a mother, she went through round after round of fertility treatment. But just a few weeks after their birth, Liézel had to hear that Lia had an extremely rare condition, one that means her brain did not fully develop. After that, more challenges lay ahead: getting enough money for the treatment, working full-time in between everything, and taking on one of the country's largest medical funds when they denied Lia's treatment. Liézel speaks with Daniëlla about the challenges of being a single mother, caring for a child with special needs, and getting back up every time life tries to knock you down. WEBSITE: https://miraclesforlia.com/ - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 26 Jun 2024 - 39min - 19 - Die 3 Dinge Wat Goeie Pa's Dikwels vir hul Kinders Sê/ The 3 Things Good Fathers Often Say to Their Children
Die rol van 'n pa in 'n kind se vorming en menswees is enorm. Daar word (met reg) van vandag se pa's verwag om nie meer bloot die versorger te wees nie, maar werklik 'n rol te speel in alle aspekte van die gesinslewe. Maar daarmee saam kom uitdagings - spanning, vrese en onsekerheid of pa's dié skoene kan volstaan. Soveel te meer as 'n man dalk nie self 'n pa gehad het wat 'n voorbeeld gestel het nie. In hierdie episode praat Daniëlla met Johan Botha, 'n pa en lewensafrigter, oor talle kwessies wat pa's en gesinne raak, soos: Raad vir mans wat binnekort vir die eerste keer pa word, en oorweldig voel Mans wat onlangs pa geword het, en onseker is oor hoe hy die man kan wees wat hy graag wil wees vir sy gesin Pa's van ouer kinders wat steeds 'n sterk band wil behou, te midde van die uitdagings van die tienerjare En dan beantwoord Johan ook nou vir ons die vraag: Wat is die 3 dinge wat goeie pa's gereeld vir hulle kinders sê? {Hierdie is die derde en finale episode in 'n reeks wat fokus op pa's, met die viering van Vadersdag in Juniemaand.} The role of a father in shaping a child’s life and character is immense. Today’s fathers are rightfully expected not just to be providers, but to actively participate in all aspects of family life. However, this comes with its own challenges - stress, fears, and uncertainties about whether fathers can live up to these expectations. This is especially true if a man did not have a father who set an example for him. In this episode, Daniëlla talks with Johan Botha, a father and life coach, about various issues affecting fathers and families, such as: Advice for men who are about to become fathers for the first time and feel overwhelmed Men who have recently become fathers and are unsure of how to be the man they want to be for their family Fathers of older children who still want to maintain a strong bond amid the challenges of the teenage years And then Johan also answers the question for us: What are the 3 things that good fathers regularly say to their children? {This is the third and final episode in a series focusing on fathers, in celebration of Father’s Day in June.} - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 19 Jun 2024 - 28min - 18 - (On)Betrokke Pa: Die Man wat die Siklus Breek/(Un)Involved Dad: The Man Who Breaks the Cycle
Jaco van Schalkwyk het sonder 'n betrokke pa grootgeword, en dit het baie seer in sy lewe veroorsaak. Jare later het hy voor 'n kruispad gestaan: Word hy sélf 'n onbetrokke pa, of kies hy 'n ander - maar moeiliker - pad? Jaco het gekies om te verander, om die werk te doen en te leer om 'n goeie pa te wees. Dit was egter nie die einde van sy vaderskapsreis nie, want Jaco het besef daars 'n hele geslag jong seuns in Suid-Afrika wat vaderloos is, of wie se pa nie 'n goeie rolmodel is nie. En toe begin Jaco "The Character Company", waar hy en ander mans as't ware "pa staan" vir jong seuns wat nie pa's het nie. Want Jaco wéét immers hoe voel die leemte waar 'n pa moet wees, en hy verstaan hoe moeilik dit is vir enkelma's is wat alleen daardie las moet dra. Nou vervul die mans van "The Character Company" die rol van positiewe manlike rolmodelle: Hulle leer vir die seuns goeie waardes, hulle gaan kamp saam met hulle en maak werklik 'n verskil in hulle lewens. Jaco praat met Daniëlla oor wat dit is om 'n goeie man en pa te wees, hoe mans "generational trauma" en ouerwonde kan genees en 'n nuwe storie van ouerskap skryf. Hy praat ook tot die hart van mans, so hierdie episode moet gehoor word deur elke man, pa, eggenoot en enkelma. {Hierdie is die tweede episode in 'n reeks wat fokus op pa's, met die viering van Vadersdag in Juniemaand} Jaco van Schalkwyk grew up without an involved father, which caused significant pain in his life. Years later, Jaco faced a crossroads: would he become an uninvolved father himself, or would he choose a different, albeit more difficult, path? Jaco chose to change, to do the work, and to learn how to be an involved father. But it didn't stop there—Jaco realized that there is a whole generation of young boys in South Africa who are fatherless or whose fathers are not good role models. Jaco then started "The Character Company," where he and other men essentially "stand in" as fathers for young boys who lack them. Jaco knows how it feels to have the void where a father should be, and he understands how difficult it is for single mothers who have to bear that burden alone. Now, the men of "The Character Company" fulfill the role of positive male role models. They teach the boys good values, go camping with them, and truly make a difference in their lives. They are committed to doing this long term. Jaco talks with Daniëlla about what it means to be a man and a father, how men can heal "generational trauma" and father wounds, and write a new story of parenthood. He speaks to the heart of men, so this episode should be heard by every man, father, husband, and single mother. {This is the second episode in a series focusing on fathers, in celebration of Father's Day in June.} - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 12 Jun 2024 - 36min - 17 - Niël Scholtz: Om Weer Te Lééf Ná Jou Vrou Sterf/ Niël Scholtz: Rebuilding a Life After Losing Your Wife
In minder as 'n jaar het Niël Scholtz se lewe verander. Borskanker is by sy vrou, Anica, gediagnoseer terwyl sy hoogswanger was met hulle tweede kind. Sy was maar 29 jaar oud. Die egpaar het moeilike besluite in die gesig gestaar: 'n noodkeiser, chemoterapie en 'n mastektomie. Ten spyte van hul pogings, het die kanker na haar brein versprei, en Anica is'n paar maande later oorlede. In hierdie episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon deel Niël sy storie. Hy vertel vir Daniëlla hoe hy moes opstaan na dié ondenkbare seer en aanpas by 'n nuwe normaal. Ons praat ook oor hoe hy en die seuntjies vir Anica onthou en gedenk, hoe hy emosioneel vir homself sorg; en oor genade, hoop en 'n nuwe hoofstuk. {Hierdie is die eerste episode in 'n reeks wat fokus op pa's, met die viering van Vadersdag in Juniemaand} * As jy wil kontak maak met Niël, stuur vir Daniëlla 'n boodskap op M&M se Instagram- of Facebook-blad, of stuur 'n e-pos na mamikrofoon@gmail.com In less than a year, Niël Scholtz's life was turned upside down. His wife, Anica, was diagnosed with breast cancer while heavily pregnant with their second child, at just 29 years old. They faced difficult decisions: an emergency cesarean, chemotherapy, and a mastectomy. Despite their efforts, the cancer spread to her brain, and Anica passed away a few months later. In this episode of 'n Ma & 'n Mikrofoon, Niël shares his story. He tells Daniëlla about rising above unimaginable pain and adapting to a new normal. We discuss how he and his sons remember and honor Anica, his emotional self-care, and the themes of grace, hope, and new beginnings. {This is the first episode in a series focusing on fathers, in celebration of Father's Day in June.} - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 5 Jun 2024 - 43min - 16 - TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Greteli de Swardt/WO Moms & a Microphone: Greteli de Swardt
Die aktrise Greteli De Swardt het op 20 getrou en op 21 ma geword. Die huwelik was beplan - maar die baba was 'n verrassing! Terwyl die meeste van haar vriende dus deurnag-swotsessies of -partyjies gehou het, was Greteli soms twee uur soggens nag wakker om doeke te ruil en te borsvoed. In hierdie episode gesels Daniëlla ('n "ouer ma"...) met Greteli ('n jonger ma) oor die ervaring en uitdagings om in jou vroeë twintigs mamma te word; hoe dit haar vriendskappe beïnvloed het; en hoe die koms van klein Alé haar en haar man se huwelik verander en verryk het. Actress Greteli De Swardt got married at 20 and became a mom at 21. The marriage was planned — the baby was a surprise! While most of her friends were having all-night study sessions or parties, Greteli was sometimes up at 2 a.m. changing diapers and breastfeeding. In this episode, Daniëlla (an "older mom"...) talks with Greteli (a younger mom) about the experience and challenges of becoming a mom in your early twenties; how it affected her friendships; and how the arrival of little Alé changed and enriched her and her husband's marriage. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 29 May 2024 - 33min - 15 - Groot Emosies, Klein Lyfies: Raad vir Tantrums & Woede-uitbarstings/Big Emotions, Little People: Advice for Tantrums, Meltdowns & Outbursts
Om kalm te bly terwyl jou kind se emosies buite beheer is, is een van ouerskap se groot uitdagings. En wanneer so tantrum dan nog plaasvind in 'n besige winkelsentrum, met verbygangers wat hulle tonge klik en jou sommer hardop veroordeel, voel jy dalk sommer ook lus om op die grond te gaan sit en huil! In hierdie episode help voorligtingsielkundige Fiona Doman van The Parenting Partner ons om sin te maak van groot emosies. Sy verduidelik vir Daniëlla hoe kinders se brein aanmekaargesit is en waarom hulle nie emosies nie kan reguleer soos 'n volwasse nie, en hoe ons hulle kan help om die nodige vaardighede aan te leer. Ons praat ook oor ouer kinders en hulle emosionele uitdagings. Aan die einde van dié episode sal jy verstaan dat tantrums (hoewel allermins aangenaam) eintlik 'n baie goeie teken is in jou kind se ontwikkeling! Staying calm while your child's emotions are out of control is one of parenting's greatest challenges. And when a tantrum happens in a busy shopping mall, with passersby clicking their tongues and openly judging you, you might feel like sitting on the ground and crying too! In this episode, counseling psychologist Fiona Doman from The Parenting Partner helps us make sense of big emotions. She explains to Daniëlla how children's brains are wired and why they can't regulate emotions like adults, and how we can help them learn the necessary skills. We also discuss older children and their emotional challenges. By the end of this episode, you'll understand that tantrums (although far from pleasant) are actually a very good sign in your child's development! - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 22 May 2024 - 39min - 14 - "Mom Guilt" Is 'n Lokval. Só Klim Jy Uit/ "Mom Guilt" Is a Trap. This is How You Get Out
“Mom Guilt” is orals. Dis die stemmetjie in jou kop wat sê: "Ek werk te veel en skeep my kinders af." Of dalk: "Ek gee nie genóég aandag by die werk nie.” Dis: “Ek voel sleg omdat ek wens vir tyd sonder my kinders" en "Ek moet begin oefen" of “Ek moenie elke dag oefen nie, ek moet eerder by my kinders wees.” Hierdie is ‘n episode wat die luisteraars van ’n Ma & ’n Mikrofoon self aangevra het, en dis duidelik ‘n kwelpunt. “Mom Guilt” raak immers ons almal – en dit is selde konstruktief. Om dit te takel, praat Daniëlla met die kliniese sielkundige (en ma van 3) Gerda Kriel. Gerda kén “mom guilt” self alte goed, maar sy het danksy haar beroep ook al paar maniere ontwikkel om te te herken en dit te hanteer. Dié episode sal jou die vaardighede aanleer om die stemmetjie binne jou wat sê Jy’s nié genoeg nie, stil te maak – en te vervang met ‘n sterk, outentieke stem wat sê: “Ek is!”
Wed, 15 May 2024 - 30min - 13 - Hettie Brittz: 'Kweek Kinders Met Karakter' Vir 'n Nuwe Generasie Ma's/ Hettie Brittz: 'Growing Kids with Character' for a New Generation of Moms
Sedert Hettie Brittz se ouerskapsboek "Kweek Kinders met Karakter" die eerste keer in 2007 gepubliseer is, het duisende kopieë verkoop en deel geword van Afrikaanse gesinne se verhaal en grootword-reis. Hettie, 'n ma van 3 (en nou ook ouma van 1!) het nou die boek opdateer en 'n nuwe weergawe is beskikbaar. Sy leer daarin dat jy jou kind werklik moet kén om hom of haar reg te kan hanteer - en dit beteken ook dat jy jouself (sterk- en swakpunte) moet ken. Daniëlla en Hettie gesels in dié onderhoud oor al die nuwe uitdagings wat vandag se ouers moet trotseer; Hettie se eie uitdagings as jong ma; wat sy sedertdien geleer het; en oor die gesin se nuwe lewe in Amerika. Hettie gee ook raad vir ander Afrikaanse mammas in die buiteland. Since Hettie Brittz's parenting book 'Growing Kids with Character' was first published in 2007, thousands of copies have been sold and have become part of many South African families' journey of raising children. Hettie, a mom of 3 (and now also a grandmother of 1!), has now updated the book, and a new version is available. In it, she teaches that you really need to know your child in order to handle him or her correctly - and that also means knowing yourself, both strengths and weaknesses. In this interview, Daniëlla and Hettie discuss all the new challenges that today's parents must face, Hettie's own challenges as a young mother, what she has learned since then, and about the family's new life in America. Hettie also gives advice to other South African moms living abroad. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 8 May 2024 - 33min - 12 - TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Simoné Pretorius / TWO Moms & a Microphone: Simoné Pretorius
Simoné Pretorius is 'n film-, televisie- en teateraktrise. Maar in hierdie podcast praat sy minder dáároor, en meer oor 'n ander, groter rol: dié as ma. Haar dogtertjie Harper is 'n kleuter en kleinboet James is nog net 'n paar weke oud, en Simoné gesels met Daniëlla oor die hoogtepunte, die uitdagings en die tweeledigheid van ouerskap. Ons praat oor grootword, oor miskrame, die lewe wat uit die dood spruit... en dat formule-baba's darem eindelik ook almal méér as oukei is! Simoné Pretorius is a film, television, and theater actress. But in this podcast, she speaks only a little about that, and more about another, bigger role: being a mom. Her daughter Harper is a toddler, and little James is just a few weeks old. Simoné talks with Daniëlla about the highlights, the challenges, and the dichotomy of parenthood. We discuss growing up, miscarriages, life springing from death... and the fact that, after all, "formula babies" are actually more than just okay! - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 1 May 2024 - 56min - 11 - Van Deurmekaar na Agtermekaar: Kry Beheer deur te Organiseer/From Chaos to Order: How to Organise and Thrive
Kinders en 'n deurmekaar huis voel al soos een en dieselfde ding. Maar dit beteken nie jy hoef in totale chaos te leef nie. Met die nodige beplanning, stelsels en spanwerk kán jy weer beheer kry oor jou huis. In dié week se episode gee Nita Newton vir Daniëlla en ander ma's raad oor hoe om (op 'n begroting!) uit te sorteer, te organiseer en weer kalmte en vrede in jou eie spasie (en sommer ook jou gemoed) te vind. {{Volg Nita op Instagram by @organisesa en Facebook by https://www.facebook.com/organisesa}} Kids and a messy house often feel like one and the same thing. But that doesn't mean you have to live in total chaos. With proper planning, systems, and teamwork, you can regain control over your home. In this week's episode, Nita Newton advises Daniëlla and other moms (on a budget!) on how to sort out, organiSe, and find calmness and peace in your own space, as well as in your mind. {{Follow Nita op Instagram at @organisesa and Facebook at https://www.facebook.com/organisesa}} - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 24 Apr 2024 - 26min - 10 - Ontmoet Die Ma Wat Kinders in Liefde Laat Sterf / Meet the Mom Who Helps Children Die with Love
Byna al Tarryn Bell se kinders gaan binnekort sterf. Tarryn wéét dit - sy't hulle immers gekies. Talle is gered uit haglike omstandighede: weggegooi in bosse, agtergelaat in hospitale, of verwaarloos en mishandel in hulle ouerhuise. Verskillende ongeneeslike siektes is by hulle almal gediagnoseer, wat beteken hulle het net weke of maande oor om te leef. Nou maak Tarryn, haar man en biologiese kinders, en haar span by die Butterfly Palliative Home seker dat dié sterwende kinders in hulle laaste dae die nodige sorg kry - sowel as en liefde, liefde, en nog liefde. Dis nie maklik nie, want dis duur om vir terminale siek kinders te sorg en hulle sukkel elke maand om kop bo water te hou. Daniëlla praat ook met Tarryn oor hoe sy en haar gesin dié gereelde trauma hanteer wanneer 'n kind sterf en wat hulle geleer het van die dood. Dié is 'n gesprek met 'n uitsonderlike ma wat jou nie ongeraak kan laat nie. {{Volg Tarryn en die werk wat hulle doen op Facebook of Instagram by "Butterfly Palliative Home"}} Almost all of Tarryn Bell's children are going to die soon. Tarryn knows this - after all, she chose them. Many of them were rescued from dire circumstances - abandoned in bushes, left behind in hospitals, or neglected and abused in their own homes. Various incurable diseases have been diagnosed in all of them, meaning they have only weeks or months left to live. Now Tarryn, her family, and her team at the Butterfly Palliative Home ensure that these dying children receive the necessary care in their final days - as well as love, love, and more love. It's not easy - because it's expensive to care for terminally ill children, and the Butterfly Home struggles every month to stay afloat. Daniëlla also asks Tarryn how she and her family handle the trauma when a child dies and what they have learned from death. This is a conversation with an exceptional mother that will not leave you untouched. {{Follow Tarryn and the work they do on Facebook or Instagram at "Butterfly Palliative Home"}} Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 17 Apr 2024 - 34min - 9 - Doen Dié 2 Dinge & Word 'n Fikse Ma/Do These 2 Things To Become a Fit Mom
In dié episode het jy toegang tot jou eie persoonlike afrigter. Michelle van Zyl is 'n fiksheidskenner, "wellness coach" en ma van 'n 6-jarige dogtertjie - en sy deel met Daniëlla van die oefen- en eetgeheime wat gewoonlik vir haar kliënte beskore is. Michelle het sélf al ervaar hoe uitdagend dit kan wees om weer te begin oefen ná jy 'n kind gehad het, en sy't ook al tientalle vroue gehelp wat vir die heel eerste keer wil begin op 'n fiksheidsreis. Ons praat oor: Hoeveel tyd moet ek minstens afstaan aan oefen? En hoe maak ek tyd? Moet ek kalorieë tel om goed te lyk en te voel? Wat is die rol van proteïene in 'n vrou se dieet? Hoe lyk 'n goeie dag se eetplan? Hoe word ek sterk, sonder om manlik te begin lyk? {{Volg Michelle op Facebook of Instagram @fitnwellwithmichelle }} In this episode you have access to your own personal trainer. Michelle van Zyl is a fitness expert, wellness coach and mom of a 6-year-old girl - and she shares with Daniëlla the training - and eating secrets that she usually gives to her clients. Michelle herself has experienced how challenging it can be to start exercising again after having a child, and she has also helped countless women at the very start of their fitness journey. We talk about: How much time should I devote to training per week? And how do I find the time ? Do I need to count calories to look and feel good? What is the role of protein in a woman's diet? What does a good day's meal plan look like? How do I get strong, without looking manly? {{Follow Michelle on Facebook or Instagram @fitnwellwithmichelle }} Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z
Wed, 10 Apr 2024 - 31min - 8 - Wat 'n Dokter-Ma Wil Hê Jy Moet Weet/What a Doctor-Mom Wants You to Know
Winter is sinoniem met siektes. Verkoues. Griep. En kinders wat net nie gesond word nie. Dr. Chantelle van der Bijl, ook bekend as Bloem MomDoc op sosiale media, gee in hierdie episode waardevolle raad. Sy gesels met Daniëlla oor onder meer: Hoe jy verkoues en griep kan voorkom en behandel Die rol van antibiotika, en hoe en wanneer om dit NIE te gebruik nie Waarom koors eintlik goed is Jou immuunstelsel en hoe om dit gesond te hou {{Volg Chantelle op Facebook by Bloem MomDoc of Instagram @bloemmomdoc }} Winter is synonymous with illness. Colds. Flu. And kids who just don't seem to stay healthy. Dr. Chantelle van der Bijl, also known as Bloem MomDoc on social media, gives advice in this episode. She talks with Daniëlla about, among other things: How to prevent and treat colds and flu The role of antibiotics, and how and when NOT to use them Why fever is actually good Your immune system and how to keep it healthy {{Follow Chantelle on Facebook at Bloem MomDoc or on Instagram @bloemmomdoc }}"
Wed, 3 Apr 2024 - 44min - 7 - TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Sarina Bosman / TWO moms & a Microphone: Sarina Bosman
Kom kuier in hierdie episode saam met Daniëlla en Sarina Bosman - ma van 'n woelige seuntjie met nog een op pad, radio-aanbieder en fiksheidsfanatikus.
Ons gesels oor geboorte"planne" wat nié volgens plan verloop nie, kraamverlof, borsvoeding en melk (probeer) express op kantoor, en hoe om steeds vir jou verhouding tyd te maak met 'n besige kleutertjie wat heeltyd ook tyd en aandag opeis. Sarina deel meer oor die dinge wat moederskap vir háár makliker gemaak het, en ons droom ook saam oor die toekoms.
This episode is a mom chat between Daniëlla and Sarina Bosman - mother of a lively little boy, with another one on the way. She's also a radio presenter and fitness enthusiast.
We discuss birth "plans" that dón't go according to plan, maternity leave, breastfeeding and (attempting) to express milk at the office, and how to still make time for your relationship with a busy toddler who constantly demands time and attention. Sarina also shares her best "mom hacks" that make her life easier, and we dream about the future.
Wed, 20 Mar 2024 - 32min - 6 - Speel jou Kind Genoeg? / Does Your Child Play Enough?
Speel is nie sommer net kinderspeletjies nie! Deur speletjies leer kinders meer van hulleself, mekaar en sommer ook hoe die wêreld werk. Dis ouers se werk om seker te maak ons kinders bly kinders, en die beste manier om dit te doen is om seker te maak hulle speel genoeg. In hierdie episode gesels Daniëlla met Marezelda Combrinck oor hoe jy betekenisvol met jou kind kan speel op elke ouderdom, hoekom 'n magdom peperduur speelgoed nie so belangrik is nie en hoe jy as volwassene sélf nog kreatief kan "speel". Marezelda is 'n opvoedkundige kenner, oud-onderwyser en die eienaar van Wikkelvingers, wat emmertjies vol speelgoed vir kleingoed saamstel. Does Your Child Play Enough? Play isn't just child's play! Through games, children learn more about themselves, each other, and even how the world works. It's a parents' job to guard their children's childhood, and the best way to do that is to make sure they play enough. In this episode, Marezelda Combrinck explains to Daniëlla how to play meaningfully with your child at every age; emphasizes why having expensive toys isn't important, and tells us how adults themselves can still be creative in "playing." Marezelda is an educational expert, former teacher, and the owner of "Wikkelvingers", where she assembles buckets full of toys for little ones.
Wed, 13 Mar 2024 - 28min - 5 - Ontmoet die Ma van Pretoria met 12 Kinders /Meet the Mom from Pretoria with 12 Children
Tina en Francois van Deventer van Pretoria het 12 kinders. Ja, hulle is die biologiese ouers van al 12. Ja, Tina het aan al 12 geboorte geskenk. Ja, mense gaap hulle soms aan.
Nee, dit was nie altyd maklik nie - maar dit is 'n seën en 'n voorreg!
Daniëlla gesels met ma Tina oor dié gesin se uitsonderlike lewe, hoe sy vir 12 kinders tuisonderrig gegee en kos gemaak het toe almal nog onder haar dak was.Tina deel ook wenke vir ander ma's oor hoe om die lewe te vereenvoudig en uitdagings te hanteer.
Tina and Francois van Deventer from Pretoria have 12 kids. Yes, they are the biological parents of all 12. Yes, Tina gave birth to all 12.
Yes, people sometimes stare at them.
No, it isn't always easy - but it's a blessing and a privilege!
Daniëlla talks to mom Tina about this family's exceptional life, and how she homeschooled and cooked for 12 children when they were all still under her roof.
Tina also shares tips for other mothers on how to simplify life and handle challenges.
Wed, 6 Mar 2024 - 35min - 4 - Hoe om met jou kind oor seks te praat / How to talk to your child about sex
Hierdie episode bevat inligting wat jy dalk nie wil hoor nie, maar wat jy moet hoor:
Die kans is goed dat jou kind al teen graad 6 aan pornografie blootgestel sal wees - waarskynlik op 'n ander kind se foon by die skool. As jy wag tot dan om met jou kind oor seks te praat, is dit te laat.
Só sê Marita Rademeyer, 'n kliniese sielkundige van Pretoria wat veral met kinders en seksuele blootstelling werk. Sy wil jou nie bang praat nie, maar sy wil jou oë oopmaak vir wat regtig aangaan, en jou die "tools" gee om te verseker jou kind kom praat met jouom die feite te kry.
In hierdie episode leer ons:
Hoe praat jy oor seks met onderskeidelik 'n kleuter, laerskoolkind en tiener?Hoe kom jy jou eie ongemak te bowe?Wat kan jy doen as jou kind pornografie op 'n skoolmaat se foon gesien het?
This episode contains information you might not want to hear, but that you need to hear:
The chances are good that your child will be exposed to pornography by grade 6 - probably on another child's phone at school.If you wait until then to talk to your child about sex, it's too late.
How to talk about sex with a preschooler, elementary school child, and teenager respectively?How to overcome your own discomfort?What can you do if your child has seen pornography on a classmate's phone?
That's according to Marita Rademeyer, a clinical psychologist from Pretoria who specializes in working with children and sexual exposure. She doesn't want to scare you, but she wants to open your eyes to what's really going on, and give you the tools to ensure your child comes to you to get the facts.
In this episode we learn:
Wed, 28 Feb 2024 - 30min - 3 - Infertiliteit, Jou Geestesgesondheid & Jou Huwelik/Infertility, Your Mental Health and Your Marriage
Behandeling vir onvrugbaarheid, soos IVF, plaas baie druk op verhoudings. Dis dikwels selfs die oorsaak van egskeidings.
Om te hoor dat jy nie net "maklik" 'n kind sal kan verwek nie, is 'n diep emosionele ervaring en kan ook lei tot angs, depressie, eetversteurings en lae selfvertroue.
In hierdie episode van'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Daniëlla van Heerden met Lizanne van Waart, 'n sielkundige en direkteur van die Wijnland-fertiliteitskliniek.
Lizanne het sélf gesukkel om swanger te raak en miskrame gehad, en het haar loopbaan daaraan toegewy om ander wat deur dié proses gaan, te kan bystaan.
In hierdie episode gee sy raad hoe vroue, mans en ook paartjies sáám die emosionele impak van vrugbaarheidbehandeling (van die begin tot die einde van die reis) kan hanteer en trotseer.
Treatment for infertility, such as IVF, exerts immense pressure on relationships and can often be a contributing factor to divorce.
Discovering that conceiving a child won't be as straightforward as hoped is a profoundly emotional experience, often leading to anxiety, depression, eating disorders, and diminished self-confidence.
In this episode of 'n Ma & 'n Mikrofoon, Daniëlla van Heerden engages in conversation with Lizanne van Waart, a psychologist and director of the Wijnland Fertility Clinic.Lizanne, having faced her own challenges with conception and miscarriage, has devoted her career to supporting others navigating similar journeys.
Throughout this episode, Lizanne offers guidance on how women, men, and couples can collectively address and overcome the emotional toll of fertility treatment, spanning from the initial stages to the end of the fertility journey.
Wed, 21 Feb 2024 - 34min - 2 - Boelies: Redes, tekens en Oplossings/Reasons, Signs, and Solutions
"My Child Is Being Bullied" Reasons, Signs, and Solutions Bullies and tormentors take various forms. Perhaps your primary school child's peers tease her about her appearance. Your son may be getting hit every break – and he doesn't want to talk to you about it because he feels embarrassed. Your teenager might encounter cruel comments on their social media posts every day. Or you receive a call from school and hear the shocking news: your child IS the bully. In this episode, Dr. Louisa Stoker, a family counselor, provides advice on how to address the bullying issue together with your child and ultimately make them bully-resistant. * CONTACT DR. STOKER: confident2thrive.com / +27 81 271 3108"
Wed, 14 Feb 2024 - 42min - 1 - Help, ek is 'n nuwe ma!/Help, I'm a new mom!
Dis drie uur die oggend. Jou week oue baba hou nie op huil nie - jy het al alles probeer. Jou man is vas aan die slaap.
Jy wonder: "Wat het my besiel? Hoe gaan ek hierdie kind kan grootmaak?"
Vir 'n Ma & 'n Mikrofoon se heel eerste episode, begin ons by die heel begin van 'n ma en haar kind se reis. Daardie oomblik wat jy die eerste keer daardie bondeltjie vashou - JOU kind. In die hospitaalteater, of kraamsaal, in jou huis, of wanneer jou aanneem-kind vir jou gegee word.
Daniëlla van Heerden gesels met Katinka Lategan, is ‘n geregistreerde verpleegster en borsvoedkonsultant by die "Breastfeeding and Baby Clinic" in Roodepoort. Katinka het al honderde nuwe ma’s besoek by hulle huise, in daardie brose toestand met 'n nuwe baba, en sy't al alles gesien.
Sy deel die basiese dinge wat elke nuwe ma moet weet, en gee ook wenke oor hoe om daardie eerste paar weke van jou "nuwe lewe" as mamma, te oorleef.It's three in the morning. Your week-old baby won't stop crying - you've tried everything. Your husband is fast asleep.
You wonder, "What on earth possessed me? How on earth will I manage motherhood?"
For the very first episode of 'n Ma & 'n Mikrofoon, we start at the very beginning of a mother and her child's journey. That moment when you hold that bundle for the first time - YOUR child. Whether it's in the hospital theater, delivery room, at home, or when your adopted child is placed in your arms. Daniëlla van Heerden talks with Katinka Lategan, a registered nurse and lactation consultant at the "Breastfeeding and Baby Clinic" in Roodepoort. Katinka has visited hundreds of new moms at their homes, in that delicate state with a new baby, and she has seen it all. She shares the essential things that every new mom should know and also provides tips on how to survive those first few weeks of your "new life" as a momTue, 9 Jan 2024 - 59min
Podcast simili a <nome>
- Global News Podcast BBC World Service
- Kriminálka Český rozhlas
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Affaires sensibles France Inter
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- Espacio en blanco Radio Nacional
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR