Filtrar por gênero
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak. Strandloper word vervaardig deur Maroela Media. Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie. Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal Strandloper, geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
- 99 - Strandloper – Episode 95
Tannie Ouvrou maak ʼn nuuskierige draai by Dylans en kry ʼn paar verrassings. Sy en Dylan maak ʼn skokkende ontdekking. Engela lewer ʼn pakkie vir Dylan af – dit is van ʼn onbekende afsender, wat suspisie by Tannie Ouvrou wek.
Fri, 20 Sep 2024 - 9min - 98 - Strandloper – Episode 94
Visstok sorg vir meer as een verrassing in Engela se soektog na ʼn nuwe huis. Word hy meer as ʼn steunpilaar vir haar? Willie daag ook op om Engela te help, en die ou vonk tussen hulle wil maar net nie uitgedoof word nie.
Thu, 19 Sep 2024 - 11min - 97 - Strandloper – Episode 93
Willie en Oom Fred is bekommerd oor hulle koffiekiosk wat toe is as gevolg van Dylan en sy probleme. Hulle besluit op ʼn hele nuwe strategie om die saak op te los. Intussen probeer Mauritz help – met chaotiese gevolge. En dan verras Dylan hulle almal, weer ʼn keer!
Wed, 18 Sep 2024 - 9min - 96 - Strandloper – Episode 92
Nicolien besoek Dok met haar buikprobleme en kry ontstellende nuus en ʼn opdrag: Sy moet haar biologiese ouers probeer opspoor vir hulle mediese geskiedenis. Toe sy Mauritz gaan groet, maak hy ʼn bekentenis wat haar in trane het.
Tue, 17 Sep 2024 - 10min - 95 - Strandloper – Episode 91
Nicolien en Engela hou nabetragting van die mieliebôl, en daar kom ʼn paar interessante dinge oor Visstok uit. Engela is verras oor die gebeure rondom Willie en sy vrou, Anet. Visstok kom tot Engela se redding in haar soektog na ʼn nuwe woonplek.
Mon, 16 Sep 2024 - 10min - 94 - Strandloper – Episode 90
Dis die mieliebôl! – ʼn vrolike mielietradisie wat gevier word, en die Bloubaaiers kap dit uit. Engela kry ʼn skok, Visstok sorg vir ʼn heerlike verrassing op die dansbaan, en die grootste verrassing van die aand kom van Dylan.
Fri, 13 Sep 2024 - 12min - 93 - Strandloper – Episode 89
Willie waarsku Mauritz weer om versigtig te wees na die jongste nuus oor die perlemoenstropers en die baasbrein wat steeds op vrye voet is. Wat sit agter Dylan se jongste vreemde optrede? Dit is presies wat Willie probeer uitvind.
Thu, 12 Sep 2024 - 10min - 92 - Strandloper – Episode 88
Nicolien deel haar kommer met Willie oor Mauritz se duikery en sy veiligheid. Sy probeer meer by hom uitvind oor Mauritz se pa se skielike dood. Was dit regtig ʼn hartaanval, of het sy duikery iets daarmee te doen gehad? Nicolien kry ʼn yslike opdrag ná haar besoek aan die dokter.
Wed, 11 Sep 2024 - 10min - 91 - Strandloper – Episode 87
Tant Betta se haan is besig om die loseerders die josie in te maak. Tannie Ouvrou vertel Engela van haar ontstellende besoek met die trommeltjie aan Jack de Wet en ook hoekom sy lojaal teenoor hom sal bly. Oom Fred gaan hom nie deur Dylan en sy vloermoer laat afpers nie.
Tue, 10 Sep 2024 - 10min - 90 - Strandloper – Episode 86
Dylan kry teleurstellende nuus oor sy planne om Gladys by sy koffiekiosk aan te stel, en hy gooi ʼn vloermoer soos ʼn prima donna. Engela maak nuwe planne vir haar en haar dogtertjie, Aliyah, se toekoms, wat Nicolien ontstel.
Mon, 09 Sep 2024 - 10min - 89 - Strandloper – Episode 85
Oesters word by die streepsakke vol afgekap in Bloubaai, en Willie moet bontstaan om orde te handhaaf. Dylan het almal verras met sy optrede by die Vonk-toekennings – selfs Tannie Ouvrou dink hy was ʼn ster, tot Willie se verdriet.
Fri, 06 Sep 2024 - 10min - 87 - Strandloper – Episode 84
Visstok waarsku Mauritz oor die onbekende mense wat aan sy Jeep gepeuter het, met byna katastrofiese gevolge. Hy vermaak Mauritz en Nicolien met sy vertelling van ʼn uitsonderlike verjaarsdaggeskenk wat hom doodsangs gegee het.
Thu, 05 Sep 2024 - 9min - 85 - Strandloper – Episode 83
Dylan neem sake in eie hande om nog hulp by sy koffiekiosk te kry, en hy nader Engela vir hulp. ʼn Eerste tekenopdrag vir Dylan kom uit ʼn onverwagte oord. Wat beplan Dylan vir sy toespraak by die Vonk-toekenningsaand vir uitsonderlike dapperheid?
Wed, 04 Sep 2024 - 10min - 84 - Strandloper – Episode 82
Jack de Wet se vergete trommeltjie maak opslae, en Oom Fred vra lastige vrae daaroor. Tannie Ouvrou ontdek ʼn ontstellende foto daarin … en sy besluit om die raaisel in die trommeltjie eens en vir altyd op te klaar met ʼn aankondiging.
Tue, 03 Sep 2024 - 11min - 83 - Strandloper – Episode 80
Dis ʼn blye maar gespanne ontmoeting tussen Engela en Willie nadat sy Pretoria toe was. Willie verras Engela met ʼn uitnodiging na een van Bloubaai se tradisionele feestelikhede. Tannie Ouvrou blyk ʼn baie skerper waarnemer te wees as wat mense dink.
Fri, 30 Aug 2024 - 9min - 82 - Strandloper – Episode 81
ʼn Seeotter sorg vir groot konsternasie by Seeredding. Visstok verduidelik waar sy naam vandaan kom en nooi vir Nicolien en Mauritz uit na ʼn baie spesiale geleentheid op Bloubaai. Daar is vreemde mense doenig by Mauritz se Jeep, blykbaar sonder dat hy weet.
Mon, 02 Sep 2024 - 9min - 79 - Strandloper – Episode 79
Dylan en Boesman gaan vir hulle heldedade vereer word. Oom Fred probeer om vir Dylan voor te berei vir die toespraak wat hy moet lewer … maar Dylan verstaan verkeerd. Daar kom nuus van iemand wat Oom Fred en Dylan albei verras.
Thu, 29 Aug 2024 - 10min - 78 - Strandloper – Episode 78
Met Engela se terugkeer uit Pretoria kry sy ʼn kil ontvangs van Nicolien. Daar is baie dinge wat tussen hulle twee uitgeklaar moet word. Tannie Ouvrou raai Nicolien aan om dringend ʼn afspraak by die dokter te maak, en Nicolien se dag eindig op ʼn verrassende noot.
Wed, 28 Aug 2024 - 10min - 77 - Strandloper – Episode 77
ʼn Misverstand sorg vir ʼn vreeslike omwenteling toe Willie vir Dylan besoek. Oom Fred se nuus boul Dylan uit. Willie en Oom Fred sit opgeskeep met ʼn probleem wat hulle maar net nie kan oplos nie.
Tue, 27 Aug 2024 - 9min - 76 - Strandloper – Episode 76
Tant Betta kry raad by Tannie Ouvrou oor die ontstellende Facebook-plasing van Jack de Wet. Hoekom wil Tannie Ouvrou met alle mag Jack se vergete trommeltjie oopmaak? Wat kry sy in die proses?
Mon, 26 Aug 2024 - 10min - 75 - Strandloper – Episode 75
Mauritz kry ʼn verrassingsbesoek tydens die noodsituasie in die dorp, ná die storm. Ná Nicolien hoor van die noodoproep wat Seeredding gekry het, weier sy om te gaan duik of te snorkel. Sy en Mauritz het ʼn nuwe afspraak.
Fri, 23 Aug 2024 - 10min - 74 - Strandloper – Episode 74
Visstok en Oom Fred spring in om die dorp uit ʼn krisis te help, en in die proses tel hulle self teëspoed op. Engela hoor van Boesman se heldedaad, en Tant Betta is erg ontsteld oor nuus op Facebook van niemand anders nie as Jack de Wet.
Thu, 22 Aug 2024 - 10min - 73 - Strandloper – Episode 73
Nicolien hoor van Dylan se verskriklike ervaring met die boeresportdag, iets wat nog gevolge vir hom op Bloubaai gaan hê. Die nuus wat Tant Betta bring, raak al die dorpenaars se lewens vir die volgende paar weke.
Wed, 21 Aug 2024 - 11min - 72 - Strandloper – Episode 72
Die boeresportdag breek eindelik aan met ʼn streep verrassings, onder andere vir Nicolien en Mauritz. Dylan moet skielik vir Mauritz instaan. Ná al die reëlings kon niemand voorsien die dag sou op so ʼn noot eindig nie. Dis naelbyttyd op Bloubaai.
Tue, 20 Aug 2024 - 10min - 71 - Strandloper – Episode 71
Willie kry onverwags stempos van Engela uit Pretoria. Dylan se nuwe assistent, Ricu, sorg dat die dorp gons. Die boeresportdag waarna almal uitsien word skielik bedreig en dis hierdie keer nie Jack de Wet nie.
Mon, 19 Aug 2024 - 12min - 70 - Strandloper – Episode 70
Oom Fred besoek Dylan en kry nuus wat hom heeltemal onkant vang. Willie sluit by Fred en Dylan aan om sake oor die boeresportdag te finaliseer, en ʼn tweede skok tref Oom Fred.
Fri, 16 Aug 2024 - 9min - 69 - Strandloper – Episode 69
Nicolien moet ʼn paar “eksamenvrae” op ʼn vreemde plek beantwoord. Sy kry ʼn onverwagse uitnodiging van Mauritz. Visstok probeer om vir Mauritz te werf vir sy toutrekspan op die boeresportdag.
Thu, 15 Aug 2024 - 10min - 68 - Strandloper – Episode 68
Tannie Ouvrou en Tant Betta is besig om plek te maak vir die dorp se skenkings van bestanddele, en hulle kry ʼn liederlike ontnugtering van Visstok. ʼn Noodsituasie ontstaan waarvoor dringend ʼn plan gemaak moet word.
Wed, 14 Aug 2024 - 9min - 67 - Strandloper – Episode 67
Tannie Ouvrou vis by Dylan oor Bobbi en hoor van sy ma se tragiese verlies. In die proses kry sy meer as waarop sy gereken het: ʼn koekieresep wat werk, maar wat sy nie mag eet nie.
Tue, 13 Aug 2024 - 9min - 66 - Strandloper – Episode 66
Die voorbladfotosessie vir die boeresportdag word ʼn uitdaging vir Nicolien, Mauritz en Willie. Tussen die drie van hulle word ʼn skitterende plan uit nood gebore.
Mon, 12 Aug 2024 - 10min - 65 - Strandloper – Episode 65
Engela en Aliyah se lewens is op die punt om radikaal en vir altyd te verander. Sy soek hulp en troos by iemand wat jare gelede op dieselfde plek as sy was. Word die band tussen Engela en Tannie Ouvrou hegter?
Fri, 09 Aug 2024 - 11min - 64 - Strandloper – Episode 64
Dis die finale vergadering voordat een van Bloubaai se groot tradisies herleef. Die Bloubaaiers hou nie terug nie, Willie ontvang ʼn ontstellende boodskap van Engela, en Boesman sorg vir die grootste verrassing van die dag.
Thu, 08 Aug 2024 - 10min - 63 - Strandloper – Episode 63
Nicolien en Mauritz se paaie kom nader aan mekaar toe hulle ontdek hulle het ʼn gemeenskaplike belang. Mauritz vra Nicolien ʼn ongemaklike vraag wat haar laat bloos en waarop sy geen antwoord het nie.
Wed, 07 Aug 2024 - 11min - 62 - Strandloper – Episode 62
Engela het ʼn ontstellende droom oor verlore liefde. Dit raak al hoe moeiliker om te onderskei tussen waarheid en verbeelding. Hoekom kom gee Willie vir Engela persoonlik ʼn uitnodiging na ʼn belangrike vergadering?
Tue, 06 Aug 2024 - 11min - 61 - Strandloper – Episode 1
Oom Fred se geduld is op met die wagtery by die losieshuis vir Tannie Ouvrou se personeel wat hy smiddae moet wegry. Hy en sy stamp weer koppe oor ʼn ou geskil. Hoekom ontstel dit haar steeds ná al die jare? Nicolien kry ʼn saamrygeleentheid by Oom Fred, maar dit eindig rampspoedig.
Mon, 13 May 2024 - 9min - 60 - Strandloper – Episode 2
Willie lig Tannie Ouvrou in oor die ongeluk by die hawe waarin Oom Fred, Nicolien en Bobbi-hulle was. Engela wonder oor Dylan. Hy is nie sy ou vrolike self by sy koffie kiosk op die hawe nie; selfs die seevoëls word uitgeskel. Boonop kry hy ʼn oproep wat hy ongemaklik kortknip.
Tue, 14 May 2024 - 10min - 59 - Strandloper – Episode 3
Nicolien wag Mauritz by die losieshuis in. Sy moet vir hom ʼn geheimsinnige briefie van Tannie Ouvrou gee. Sy wil dolgraag saam met hom gaan duik, maar die ongeluk verander die planne. Tannie Ouvrou bied aan om Oom Fred by die losieshuis te versorg. Dít is ʼn plofbare situasie in wording.
Wed, 15 May 2024 - 11min - 58 - Strandloper – Episode 4
Engela en Willie se vriendskap vat vlam oor middagete in haar restaurant, Die Seekat. Engela is bekommerd oor Mauritz se duikery, veral met sy pa wat jare gelede ook geduik het en sy raaiselagtige dood daarna. Dylan raak onverwags soek. Hoekom is almal op hol oor sy verdwyning?
Thu, 16 May 2024 - 10min - 57 - Strandloper – Episode 5
Oom Fred en Nicolien spoor Dylan eindelik op, maar daar is meer vrae as antwoorde oor Dylan se gedrag. Oom Fred stel ʼn ultimatum aan Dylan. Daar is pistoolskote by die hawe … ʼn eerste keer op Bloubaai. Wie skiet na wie, en hoekom?
Fri, 17 May 2024 - 9min - 56 - Strandloper – Episode 6
Mauritz maak klaar om te gaan duik. Willie waarsku hom om ekstra versigtig ná die skietery te wees. Hulle spekuleer, soos almal, oor die voorval by die hawe. Mauritz onthou van die briefie die vorige aand en Dylan se woorde, “my luck sal draai”, wat Willie twee en twee bymekaar laat sit.
Mon, 20 May 2024 - 10min - 55 - Strandloper – Episode 7
Nicolien is verstom oor die ware stories wat Dylan haar van die visvywers op Bloubaai vertel. Sy loop Mauritz by Geel Walle raak waar hy pas klaar geduik het. Maar hulle is nie alleen nie. Daar is vreemde mededuikers, en hulle twee kry ʼn onwelkome verrassing.
Tue, 21 May 2024 - 9min - 54 - Strandloper – Episode 8
Tannie Ouvrou en Oom Fred het een van hulle vele uitbarstings in die losieshuis. Engela leer hoe om Seewierjellie te maak wat ʼn feestelike Bloubaai-nagereg is. Daar is groot kommer oor Mauritz wat nie met die geleende bakkie opdaag ná sy duikery nie.
Wed, 22 May 2024 - 9min - 53 - Strandloper – Episode 9
Willie besoek Engela by Die Seekat-restaurant om haar handtekening vir die casinopetisie te kry, maar hy kry ʼn antwoord wat sy asem wegslaan en wat hulle verhouding verander. Dit is duidelik dat Bloubaai in twee geskeur word deur Jack de Wet se aksies.
Thu, 23 May 2024 - 10min - 52 - Strandloper – Episode 10
Oom Fred terg Mauritz oor die twee aantreklike Spaanse duikers wat vir ʼn duikkursus by hom aangekom het en boonop ook by die losieshuis tuisgaan. Dylan se koffiekiosk boer agteruit, en die casinogedagte word al hoe aantrekliker vir hom.
Fri, 24 May 2024 - 9min - 51 - Strandloper – Episode 11
Nicolien hoor by Engela hoe die twee Spaanse vroue wat saam met Mauritz duik oor hom swymel. Sy probeer Engela oorreed om saam te gaan na ʼn oefening van seeredding, maar Engela het haar bedenkinge – veral omdat Willie daar gaan wees.
Mon, 27 May 2024 - 10min - 50 - Strandloper – Episode 12
Tannie Ouvrou se rustige aand by die losieshuis word versuur deur Oom Fred wat ontstellende nuus met haar deel. Jack de Wet se naam kom weer ter sprake, die man wat Bloubaai wil verander met sy casinoplanne. Hoekom gaan Tannie Ouvrou hom nie teë nie? Sy kry ʼn SMS wat haar onthuts.
Tue, 28 May 2024 - 9min - 49 - Strandloper – Episode 13
Willie en Tannie Ouvrou loop op Dylan se spoor ná Bobbi se boodskap. Hulle het rede om onrustig te wees, want dieselfde boodskap duik weer op: “Jou luck het gedraai.” Dinge is aan die verander tussen Willie en Engela.
Wed, 29 May 2024 - 9min - 48 - Strandloper – Episode 14
Nicolien se dagboek hoor van haar diepste hartsgeheime. Dylan soek dringend na Mauritz oor ʼn noodsituasie. Nicolien moet saam met hom inspring in ʼn dapper reddingspoging. Versag dit Mauritz se hart teenoor haar?
Thu, 30 May 2024 - 11min - 47 - Strandloper – Episode 15
Dit is Oom Fred se verjaarsdag, maar eintlik ʼn dag wat hy nie wil vier nie. Tannie Ouvrou bederf hom, en Mauritz sorg vir ʼn verrassingspresent wat almal in die Son en See-losieshuis weer aan die lag het.
Fri, 31 May 2024 - 10min - 46 - Strandloper – Episode 16
Oom Fred se verjaarsdagbrakkie kry ʼn naam. Mauritz kry die jongste nuus oor die perlemoenstropers én ʼn waarskuwing van Oom Fred oor sy duikery. Nicolien probeer Mauritz oor die Haliartus-skeepswrak en sy pa se skielike duikdood uitlok, maar sy loop haar weer vas.
Mon, 03 Jun 2024 - 10min - 45 - Strandloper – Episode 17
Nicolien is verras met Dylan se oulike planne vir sy kiosk. Hy het net een doel, en dit is om meer geld te maak. Sy gee nie op om die waarheid oor die dood van Mauritz se pa uit te vind nie en besoek Willie wat sy destydse duikmaat was. Maar ʼn ongeluk beduiwel sake weer vir haar.
Tue, 04 Jun 2024 - 10min - 44 - Strandloper – Episode 18
Engela en Willie se verhouding kry weer koers ná die casinopetisie. Is dit begrip en omgee vir mekaar of liefde wat hulle saambind? Tannie Ouvrou waarsku Engela oor haar en Willie se verhouding, en Engela word gedwing om ʼn drastiese besluit ter wille van haar dogtertjie te neem.
Wed, 05 Jun 2024 - 11min - 43 - Strandloper – Episode 19
Jack de Wet sorg vir groot nuus oor die casinobesluit wat almal, ook vir Tannie Ouvrou, onkant vang. Oom Fred is beïndruk met Dylan se nuwe voorbeeldige lewe. Maar kan Dylan vertrou word? Tannie Ouvrou kry ʼn kookles oor die tradisionele “Langsous”.
Thu, 06 Jun 2024 - 10min - 42 - Strandloper – Episode 20
Engela se besluit oor haar en Willie se vriendskap maak verskeie emosies in haar wakker. Daar is groot drama by Mauritz se Surf Shack en opnuut vrae of dit ʼn ongeluk, misdaad of stropers se werk was. Nicolien wonder of sy ooit nader aan die hart van die Strandloper sal kom.
Fri, 07 Jun 2024 - 10min - 41 - Strandloper – Episode 21
Oom Fred stel Nicolien by die Toeristekantoor bekend aan die unieke varswaterpalings van Palinggat. Engela en Jack de Wet daag ook daar op, en Oom Fred noem hom “so glad soos ʼn paling”. Engela doen aansoek vir ʼn nuwe werk, en Nicolien trek ʼn geheim van Tannie Ouvrou uit ʼn onwillige Oom Fred.
Mon, 10 Jun 2024 - 9min - 40 - Strandloper – Episode 22
Mauritz ruim sy Surf Shack op ná die brand en deel sy groot planne vorentoe met Willie. By die koffiekiosk het Dylan ook nuwe sakeplanne, met Die Seekat wat gesluit word vir opgradering. Dis nie aldag dat Jack de Wet hom ʼn gaping gee nie, en hy gaan dit vat. Nicolien kom een stap nader aan haar duiklesse by Mauritz.
Tue, 11 Jun 2024 - 10min - 39 - Strandloper – Episode 23
Engela ruim Die Seekat se stoorkamer op en kry allerhande verrassings, onder andere ʼn ou bliktrommel wat aan Jack de Wet behoort het. Hoekom is Tannie Ouvrou geskok toe sy dit sien, en hoekom neem sy dit dadelik weg? Is daar geraamtes van die verlede daarin soos die een waarvoor Engela haar byna doodgeskrik het by die Toeristekantoor?
Wed, 12 Jun 2024 - 9min - 38 - Strandloper – Episode 24
Dylan kry ʼn groot verrassing by die koffiekiosk wat sy bemarkingsplanne ʼn hupstoot gee. Nicolien en Oom Fred maak op hulle beurt ook nuwe ontdekkings daar, soos memorabilia en ou foto’s wat stories van Bloubaai en Dylan se mense op see vertel.
Thu, 13 Jun 2024 - 10min - 37 - Strandloper – Episode 25
Dis Markdag op Bloubaai, en Tannie Ouvrou en Mauritz is ook daar. Sy gebruik die kans om Mauritz ʼn belangrike lewensles te gee. Willie dink hy het Tannie Ouvrou in ʼn hoek oor Jack de Wet se omspring met die casinovoorstel, maar sy het hom gou op die agtervoet met slim voetwerk. Dis haar beurt om vir Willie skoknuus te gee.
Fri, 14 Jun 2024 - 9min - 36 - Strandloper – Episode 26
Mauritz nooi Nicolien om die duikgoed in sy kamer te kom aanpas, en dit word amper meer as ʼn aanpassessie. Oom Fred vertel hulle ʼn paar dinge oor skubaduik in Bloubaai wat vir hulle nuus is.
Mon, 17 Jun 2024 - 12min - 35 - Strandloper – Episode 27
Dylan daag op by die Toeristekantoor in gietende reën met stories oor vloede-van-vroeër wat Engela skaars kan glo, maar eintlik wil hy met Gladys gesels. Willie daag ook daar op, en Engela hoor Seeredding is op bystand vir mense op see. In dié weer? Dinge is op ʼn mespunt en op ʼn seer plek vir Engela en Willie.
Tue, 18 Jun 2024 - 9min - 34 - Strandloper – Episode 28
Mauritz word laataand in stormweer uitgeroep deur Seeredding. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ongerus en hou tuis wag met ware stories van oorlewing en verdrinking om hulle wakker te hou. Onbekende besoekers hang weer rond by Dylan se koffiekiosk.
Wed, 19 Jun 2024 - 9min - 33 - Strandloper – Episode 29
Dylan is raadop met die Swartrugmeeue wat sy kiosk bemors, maar Willie het raad en ʼn ernstige waarskuwing oor jong manne wat weer daar opgedaag het. Skote klap op die hawe. Tannie Ouvrou probeer laataand vir Dylan troos met stories van die Blombos-grot, maar dit is tevergeefs.
Thu, 20 Jun 2024 - 10min - 32 - Strandloper – Episode 30
Mauritz nooi Nicolien vir aandete, iets wat sy nie in haar wildste drome voorsien het nie. Die vraag verdiep rondom die rooi Valentynsroos wat sy gekry het, want sy is nou seker dit was nie hý wat dit gestuur het nie. Wie was dit dan?
Fri, 21 Jun 2024 - 13min - 31 - Strandloper – Episode 31
Bobbi is besig om die losieshuis vir die Blombos-span skoon te maak toe sy ʼn ontstellende ervaring in kamer 9, die spookkamer, het. Tannie Ouvrou dink Bobbi se naarheid is as gevolg van die groot skrik. Bobbi doen navraag by Dylan oor die skietery by sy koffieplek, en hy kry ʼn skrobbering oor ʼn ou saak.
Mon, 24 Jun 2024 - 9min - 30 - Strandloper – Episode 32
Engela en Nicolien sien hoe Mauritz soos ʼn sirkusarties ʼn heldedaad verrig by die hawe. Mauritz se aansien styg verder by Nicolien toe hy haar bekendstel aan een van die kusbesoekers wat hy teen vakansiegangers moet beskerm. Engela stuur ʼn WhatsApp vir Willie in die hospitaal … dis meer as goeie wense.
Tue, 25 Jun 2024 - 10min - 29 - Strandloper – Episode 33
Oom Fred verras Tannie Ouvrou en Bobbi by die losieshuis. Hy moet vure doodslaan oor die spook van kamer 9 wat Bobbi terroriseer. Daar’s ʼn aankondiging wat almal en veral Tannie Ouvrou tot stilstand ruk. Bobbi kry ʼn werksaanbod van Oom Fred wat eers deur meneer Jack goedgekeur moet word.
Wed, 26 Jun 2024 - 9min - 28 - Strandloper – Episode 34
Nicolien en Engela se vriendskap versterk. Hulle gesels oor ma-wees, en Engela hoor van Nicolien se hartseer verlede. Mauritz laat Nicolien en Engela bont staan by Seeredding … En daar is ʼn nuwe kodetaal tussen hom en Nicolien.
Thu, 27 Jun 2024 - 10min - 27 - Strandloper – Episode 35
Oom Fred kom met ʼn werksaanbod na Tannie Ouvrou wat ʼn omwenteling onder die personeel sal meebring. Daar’s ʼn arrestasie wat die dorpenaars verwelkom en ʼn helikopter in die lug wat hulle aan die raai het. Hoekom loop Dylan deesdae mank? En hoe sal hy op oom Fred se nuwe aanbod reageer?
Fri, 28 Jun 2024 - 9min - 26 - Strandloper – Episode 36
Oom Fred doen herstelwerk by die losieshuis. Hy en Tannie Ouvrou het baie om uit te pluis oor die personeelskuiwe tussen Die Seekat en die losieshuis – daar moet geen misverstande wees nie, veral nie as Jack betrokke is nie. Bobbi verklap dinge oor Dylan wat oom Fred as “waardevolle inligting” bestempel.
Mon, 01 Jul 2024 - 9min - 25 - Strandloper – Episode 37
Mauritz en Nicolien se fietsrit na Dassiepunt eindig met ʼn besering, maar dit bring ook goeie dinge mee. Deel Nicolien Mauritz se passie vir die see en sy stories, of is dit net om nader aan die Strandloper te kom? Bobbi skok Nicolien toe sy die naam van die man verklap wat die Valentynsroos gegee het.
Tue, 02 Jul 2024 - 10min - 24 - Strandloper – Episode 38
Oom Fred vertel Dylan van die planne wat hy en Willie het om die kiosk op te kikker. Dylan het inligting oor die helikopter wat bedags oor Bloubaai vlieg. Bobbi kry weer met die spookkaptein van kamer 9 te doen, en oom Fred dik die storie verder aan met feite en foto’s.
Wed, 03 Jul 2024 - 10min - 23 - Strandloper – Episode 39
Engela raak opgewonde oor haar nuwe werkplek, maar daar ontstaan gou ʼn krisis, en Mauritz probeer raad gee. Engela is in twee geskeur oor ʼn geheim wat sy met Mauritz deel. Willie kry laataand ʼn WhatsApp van Engela oor nuwe verwikkelinge in Bloubaai.
Thu, 04 Jul 2024 - 10min - 22 - Strandloper – Episode 40
Boesman kom onverwags alleen by die losieshuis aan en sonder Oom Fred is dit nie ʼn goeie teken nie. Engela en Nicolien ontdek foto’s in ʼn ou plakboek in die losieshuis waaroor Tannie Ouvrou haar skaam. Mauritz verras almal weer eens met sy dapperheid.
Fri, 05 Jul 2024 - 10min - 21 - Strandloper – Episode 41
Nicolien en Mauritz se duikplanne loop skeef, en dít nadat albei so uitgesien het na die dag. Nicolien soek na redes hiervoor by Engela, maar die gesprek bring net verdere skok en teleurstelling. Die “hoekom”-vraag bly onbeantwoord.
Mon, 08 Jul 2024 - 10min - 20 - Strandloper – Episode 42
Dylan kry ʼn goeie verrassing toe Oom Fred met verfblikke vir die kiosk opdaag, maar dit is ʼn ontnugtering toe oom Fred vir hom die verfkwaste aangee. Daar is ʼn groot aankondiging oor ʼn Boeresportdag. Dylan sien net dollars. Bobbi bly naar en maak ʼn bekentenis.
Tue, 09 Jul 2024 - 10min - 19 - Strandloper – Episode 43
Engela deel haar spesiale mosselsopresep met Nicolien, maar voor sy opskep kom die ongemaklike Valentynsroos-geskenk ter sprake. Mauritz het nuus oor hoekom die strand gesluit is. Engela bieg by Mauritz oor iets wat sy voel sy liewer nie moes gedoen het nie.
Wed, 10 Jul 2024 - 9min - 18 - Strandloper – Episode 44
Tannie Ouvrou is geskok toe sy die agterdeur vroegoggend oopmaak en ʼn beseerde Boesman daar sien. Dit word ʼn saak van lewe en dood. Oom Fred kry nuus oor Dylan, en ʼn nuwe soektog na hom begin met ʼn storieboek-einde wat almal laat glimlag.
Thu, 11 Jul 2024 - 10min - 17 - Strandloper – Episode 45
Bobbi deel haar diepste geheim met Tannie Ouvrou, en saam besluit hulle op ʼn plan vorentoe. Die situasie neem Tannie Ouvrou terug na ʼn tyd in haar lewe wat sy liewer wil vergeet. Oom Fred neem ʼn besluit oor sy terugkeer na die losieshuis, en dinge voel weer soos van ouds.
Fri, 12 Jul 2024 - 10min - 16 - Strandloper – Episode 46
Willie is terug op Bloubaai en kry die jongste nuus oor alles wat in sy afwesigheid gebeur het. Van die drama by Seeredding tot Dylan se nuut ontdekte talent. Mauritz se logiese verklaring oor die helikopter wat knaend oor Bloubaai vlieg, laat egter nie die ongemaklike gevoel wat Willie hieroor het, weggaan nie.
Mon, 15 Jul 2024 - 9min - 15 - Strandloper – Episode 47
Engela is uit haar vel van blydskap om Willie terug te sien, en sy gee hom ontstellende nuus oor die palings van Palinggat Toeristekantoor. Kaptein Van Niekerk en Willie wil Gladys inspan om te help met inligting oor Dylan se bewegings. Engela en Willie whatsapp mekaar laataand, en daar’s ʼn uitnodiging na ʼn groot viering.
Tue, 16 Jul 2024 - 10min - 14 - Strandloper – Episode 48
Nicolien verjaar, en dit word omtrent die aand by die losieshuis gevier saam met almal wat persoonlike verrassings bring. Die beste een vir haar is die een van Mauritz af. Boonop het die aand ʼn einde wat haar wildste drome oortref.
Wed, 17 Jul 2024 - 11min - 13 - Strandloper – Episode 49
Tannie Ouvrou en Oom Fred hou nabetragting van die verjaarsdagviering. Tannie Ouvrou gee hom skoknuus wat sy nie langer kan stilhou nie. Wie ry agterop Nicolien se bromponie wat so styf vashou aan Oom Fred? Engela en haar dogtertjie beland in die hospitaal.
Thu, 18 Jul 2024 - 9min - 12 - Strandloper – Episode 50
Engela probeer om vir Nicolien iets belangriks te vertel wat swaar op haar hart druk. Dit is moeiliker as wat sy gedink het. Mauritz en Nicolien begin oefen aan hulle item vir die Boeresportdag, en dit bring hom voor ʼn keuse oor hartsake.
Fri, 19 Jul 2024 - 11min - 11 - Strandloper – Episode 51
Die Boersportdag kry skielik die wind van voor. Wat is dit met die helikopter wat steeds oor die dorp vlieg? Waarna word daar gesoek en deur wie? Willie hoor van ʼn groot seer in Oom Fred se lewe, en Tannie Ouvrou het raad.
Mon, 22 Jul 2024 - 9min - 10 - Strandloper – Episode 52
Oom Fred kan ʼn storie só goed vertel dat die lang pad dorp toe eintlik kort voel, boonop is dit ʼn tragiese, ware storie wat Nicolien se hare laat rys. ʼn Grusame vonds wag later die dag vir haar en Oom Fred op die strand waar Willie sy hande vol het.
Tue, 23 Jul 2024 - 10min - 9 - Strandloper – Episode 53
Nicolien is nie die enigste een wat op soek is na Willie nie. Sy en hy beplan ʼn groot verrassing vir Aliyah, terwyl Mauritz dringend ʼn reëling met hom moet tref. Nicolien word uit ʼn verknorsing gehelp deur Mauritz. Dylan verklap onwetend ʼn geheim wat skok.
Wed, 24 Jul 2024 - 9min - 8 - Strandloper – Episode 54
Tannie Ouvrou en Dylan deel bangmaakstories en bygelowe met mekaar oor babas en Bobbi se swangerskap. Dylan is diep bekommerd oor Bobbi se optrede in die laaste tyd. Engela maak haar hart oop teenoor Willie. Tannie Ouvrou kry skoknuus oor Jack de Wet se restaurant, Die Seekat.
Thu, 25 Jul 2024 - 11min - 7 - Strandloper – Episode 55
Engela kom bedank Willie by sy kantoor vir Aliyah se spesiale tuiskomsgeskenk en gee hom nuus oor Johann, haar nuwe werksvennoot, wat Willie deurmekaarder en verwarder as ooit te vore maak. Mauritz het vir Willie ʼn geskenk in ʼn streepsak wat hom sprakeloos laat.
Fri, 26 Jul 2024 - 9min - 6 - Strandloper – Episode 56
Tannie Ouvrou druk Oom Fred in ʼn hoek oor die ontstellende nuus wat sy gekry het oor haar personeel. Hy het immers alles gereël, en nou? Nicolien kry waardevolle raad oor Mauritz en inligting oor sy oorlede pa van Tannie Ouvrou, en Nicoline deel ʼn groot bekommernis met haar.
Mon, 29 Jul 2024 - 9min - 5 - Strandloper – Episode 57
Dylan is erg op sy senuwees oor ʼn onderhoud met die Sweedse span argeoloë by die toeristekantoor en Engela kry in die proses ʼn onverwagse nuwe posisie. Willie kry ʼn ligte waarskuwing oor goeie bedoelings. Dylan se toekomsplanne lyk skielik rooskleurig.
Tue, 30 Jul 2024 - 10min - 4 - Strandloper – Episode 58
Dylan bring vroegoggend skokkende nuus vir Tannie Ouvrou. Hoekom weier hy dat sy die hulp van die polisie inroep? Tannie Ouvrou maak ʼn emosionele bekentenis teenoor Engela. Dylan se kontrak met die Swede en sy toekomsdrome staan gevaar om tot niet te gaan.
Wed, 31 Jul 2024 - 11min - 3 - Strandloper – Episode 59
Mauritz stel Nicolien voor aan een van sy nuwe kliënte wat Nicolien laat skater van die lag. Haar gemoedstoestand verander wanneer sy aan Bobbi se nuus dink. Oom Fred probeer om haar te kalmeer met sy ware storie oor die skipbreukelinge van Bloubaai.
Thu, 01 Aug 2024 - 11min - 2 - Strandloper – Episode 60
Hoe is dit moontlik dat Jack de Wet weer die beste daarvan afkom met sy ooreenkoms oor die losieshuis se personeel? Tannie Ouvrou en Oom Fred se hewige bekgeveg word onverwags onderbreek, en ʼn bottel gemmerbier word die fokuspunt waarmee goeie nuus gevier word.
Fri, 02 Aug 2024 - 10min - 1 - Strandloper – Episode 61
Tannie Ouvrou is bekommerd oor ʼn WhatsApp-boodskap wat sy gekry het wat sy geheim moet hou. Boesman sorg vir welkome afleiding, en Dylan se nuwe assistent by die koffiekiosk laat Oom Fred onrustig voel – met rede.
Mon, 05 Aug 2024 - 10min
Podcasts semelhantes a Strandloper – ʼn vervolgverhaal
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Dateline NBC NBC News
- El colegio invisible OndaCero
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- Espacio en blanco Radio Nacional
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Outros Podcasts de Sociedade e Cultura
- RSG Dokumentêr RSG
- Global News Podcast BBC World Service
- True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe JacPod
- What Now? with Trevor Noah Spotify Studios
- TED Talks Daily TED
- Forensic Files HLN
- Conversations ABC listen
- Hoss & Hopf Kiarash Hossainpour & Philip Hopf
- Real Narcos NOISER
- LANZ & PRECHT ZDF, Markus Lanz & Richard David Precht
- Mirza Yawar Baig Muslim Central
- #Khulumanifm Khulumani FM
- Mufti Menk Muslim Central
- Mevrou Mevrou JacPod
- The Why Files: Operation Podcast The Why Files: Operation Podcast
- Marriage Counselor's Corner: Marriage Advice From a Real Marriage Counselor David Taylor, LMHC: Licensed Mental Health Counselor, Relationship Coach, Husband
- Riyadh Walls •Podcast • Muslim Central Muslim Central
- ZBC Radio Podcast ZBC Digital
- The Best of Early Breakfast 702
- Run-a-way #RunAWay