Nach Genre filtern

Strandloper – ʼn vervolgverhaal

Strandloper – ʼn vervolgverhaal

Maroela Media

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak. Strandloper word vervaardig deur Maroela Media. Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie. Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal Strandloper, geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.

99 - Strandloper – Episode 95
0:00 / 0:00
1x
  • 99 - Strandloper – Episode 95

    Tannie Ouvrou maak ʼn nuuskierige draai by Dylans en kry ʼn paar verrassings. Sy en Dylan maak ʼn skokkende ontdekking. Engela lewer ʼn pakkie vir Dylan af – dit is van ʼn onbekende afsender, wat suspisie by Tannie Ouvrou wek.

    Fri, 20 Sep 2024 - 9min
  • 98 - Strandloper – Episode 94

    Visstok sorg vir meer as een verrassing in Engela se soektog na ʼn nuwe huis. Word hy meer as ʼn steunpilaar vir haar? Willie daag ook op om Engela te help, en die ou vonk tussen hulle wil maar net nie uitgedoof word nie.

    Thu, 19 Sep 2024 - 11min
  • 97 - Strandloper – Episode 93

    Willie en Oom Fred is bekommerd oor hulle koffiekiosk wat toe is as gevolg van Dylan en sy probleme. Hulle besluit op ʼn hele nuwe strategie om die saak op te los. Intussen probeer Mauritz help – met chaotiese gevolge. En dan verras Dylan hulle almal, weer ʼn keer!

    Wed, 18 Sep 2024 - 9min
  • 96 - Strandloper – Episode 92

    Nicolien besoek Dok met haar buikprobleme en kry ontstellende nuus en ʼn opdrag: Sy moet haar biologiese ouers probeer opspoor vir hulle mediese geskiedenis. Toe sy Mauritz gaan groet, maak hy ʼn bekentenis wat haar in trane het.

    Tue, 17 Sep 2024 - 10min
  • 95 - Strandloper – Episode 91

    Nicolien en Engela hou nabetragting van die mieliebôl, en daar kom ʼn paar interessante dinge oor Visstok uit. Engela is verras oor die gebeure rondom Willie en sy vrou, Anet. Visstok kom tot Engela se redding in haar soektog na ʼn nuwe woonplek.

    Mon, 16 Sep 2024 - 10min
Weitere Folgen anzeigen