Podcasts by Category

Spektrum

Spektrum

RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

1934 - Spektrum 17 Mei 2024
0:00 / 0:00
1x
  • 1934 - Spektrum 17 Mei 2024

    Ons fokus by Nampo op 30 jaar van demokrasie in die landboubedryf. Die werk van die sesde administrasie van die parlement kom tot 'n einde. 'n Koalisieregering word in Nederland gevorm.

    Fri, 17 May 2024
  • 1933 - Spektrum 16 Mei 2024

    Spektrum se regstreekse verkiesingsdebat in die Nasie in Gesprek-saal by Nampo handel oor landbou en die politiek. Suzanne Paxton se gaste is die provinsiale leier van die DA in die Vrystaat en ’n boer, Roy Jankhielson, die leier van die VF+, dr. Pieter Groenewald en Whandile Hlobo, die hoofekonoom van Agbiz.

    Thu, 16 May 2024
  • 1932 - Spektrum 15 Mei 2024

    Ekonome krap kop oor presies waar die geld vir die Nasionale Gesondheidsversekeringskema vandaan sal kom. President Cyril Ramaphosa sal die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsonwerp twee uur vanmiddag onderteken. Suid-Afrikaners in die buiteland is gereed om dié naweek hulle spesiale stemme uit te bring.

    Wed, 15 May 2024
  • 1931 - Spektrum 14 Mei 2024

    Griep trek talle mense plat en maak die hospitale vol. President Cyril Ramaphosa sit reg, pen in die hand, om die Nasionale Gesondheidsversekingswetontwerp te onderteken. Die vervolging van twee beskuldigdes vir die moord op die Cosas Vier anti-apartheidsaktiviste in 1982 begin in die Johannesburgse Hooggeregshof.

    Tue, 14 May 2024
  • 1930 - Spektrum 13 Mei 2024

    Die bevestige dodetal in die gebouramp in George styg terwyl forensiese ontleders die puin begin fynkam. Mense sien die gebrek aan beurtkrag as ’n verkiesingsfoefie. 'n Baie rare skouspel in die hemelruim was die naweek in die Kaap en selfs die Vrystaat te sien.

    Mon, 13 May 2024
Show More Episodes