Filtrar por género
- 190 - Kroos lei Felicia Snyman-du Toit na kinderboekwêreld
“Vandat ek elke aand saam met my kinders lees, het ek mettertyd begin dink aan stories wat ek self graag saam met hulle sal wil lees.”
Fri, 22 Nov 2024 - 13min - 189 - Só word geliefde prof. Hans onthou
Maroela Media het ʼn insetsel saamgestel met ʼn paar huldeblyke van mense wie se lewens hy aangeraak het.
Sat, 02 Nov 2024 - 16min - 188 - Prof. Hans du Plessis se verwerking van 1 Korinthiërs 13Sun, 27 Oct 2024 - 1min
- 187 - Ilse Verster lewe in lig ná donker verlede
“Daar is ʼn lewe ná mishandeling, egskeiding en eensaamheid. Jou lewe kan verander, solank jy net onwrikbaar vashou aan God se redding.”
Fri, 18 Oct 2024 - 11min - 186 - ‘Bloedbroers’ se ervarings van Smokeshell onthou
“Min mense het geweet hoe fel die Bosoorlog in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika en die suide van Angola regtig was.”
Sat, 12 Oct 2024 - 11min - 185 - Genesingspad vir Johnny Davids ná kinderjare se seer
Die bekende aanbieder se outobiografie vertel die verhaal van sy onstuimige grootwordjare op die Kaapse Vlakte en hoe hy bo sy omstandighede uitgestyg het.
Mon, 23 Sep 2024 - 11min - 184 - Afrikaanse humor op sy beste
Min dinge kom by Afrikaanssprekendes se byna natuurlike manier om die humor in situasies raak te sien en met oorgawe te lag.
Wed, 18 Sep 2024 - 4min - 183 - Raak só by Afrikaans 100 betrokke
“Mense moenie dink hulle moet komitees stig en derduisende rande uitgee om deel te neem en Afrikaans se eeufeeswording te vier nie.”
Fri, 13 Sep 2024 - 10min - 182 - Goeie dosis humor in taalskatte
Jou bene onder die arms neem, soos ʼn sleg gestopte kafsak lyk, om ronde beentjies te hê … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor humor in idiomatiese Afrikaans sê.
Wed, 11 Sep 2024 - 4min - 181 - Taalryke erfenis van Afrikaanse spreekwoorde
“Omdat Afrikaans en Engels so naby aan mekaar in Suid-Afrika leef as omgangstaal of spreektale, is dit tog logies dat ons woorde en begrippe by mekaar sal gaps en gebruik.”
Tue, 03 Sep 2024 - 5min - 180 - Jakkals en Wolf maak draaie in Afrikaans
“Die leeueaandeel neem”, “die sieke dra die gesonde”, “Sisufuos-arbeid verrig” – Leon en Amanda de Stadler gesels oor Afrikaanse sêgoed wat aan fabels ontleen is.
Tue, 13 Aug 2024 - 5min - 179 - Dié sêgoed uit Nederlands oorgeërf
Baantjies vir boeties, witvoetjie soek, vol krupsies wees en ʼn bohaai opskop … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde wat deur Nederlands geïnspireer is.
Tue, 06 Aug 2024 - 6min - 178 - Spreekwoorde uit vanmelewe se dae
Al ooit die uitdrukking “jou Saterdag is langer as jou Sondag” gehoor? Luister saam na stories oor ʼn paar Afrikaanse uitdrukkings met interessante herkomste.
Tue, 30 Jul 2024 - 4min - 177 - Louise Jooste floreer by RSGSat, 20 Jul 2024 - 20min
- 176 - Ferreira trek steeds in Afrikaans
Ons almal kan die volksliedjie “Vat jou goed en trek!”, maar waar kom dit vandaan en wie is die Ferreira van wie daar gesing word?
Tue, 16 Jul 2024 - 4min - 175 - Debra Meyer se geliefdes, taal hou haar in SAThu, 11 Jul 2024 - 22min
- 174 - Seevaartterme laat val anker in Afrikaans
As my skip gekom het, jou anker êrens laat val, iemand die loef afsteek ... Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die skeepvaart sê.
Wed, 10 Jul 2024 - 3min - 173 - Afrikaans boer vorentoe met dié uitdrukkingsMon, 01 Jul 2024 - 3min
- 172 - Vierpotiges se diep spore in AfrikaansTue, 25 Jun 2024 - 7min
- 171 - Mooi (Afrikaanse) broodjies bak
Al ooit die uitdrukkings “koffie deur die vlak jaag“ en “die brood dik smeer” gehoor? Luister saam na Leon en Amanda de Stadler se gesprek oor uitdrukkings, idiome en spreekwoorde uit die alledaagse lewe.
Tue, 18 Jun 2024 - 5min - 170 - Dié Afrikaanse spreekwoorde het Bybelse wortels
Iemand nie van Adam se kant af ken nie, Adam en Eva se skoene aantrek, ʼn Simsonsversugting slaak … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die geloofslewe sê.
Thu, 13 Jun 2024 - 4min - 169 - Britse komediant se stories boei kinders oor wêreld heenWed, 12 Jun 2024 - 16min
- 168 - Stories kom spontaan vir Chanette PaulMon, 27 May 2024 - 12min
- 167 - Hartskos wat jou huis toe laat verlang
“Daar is twee goed wat my altyd met so tikkie heimwee na die huis laat verlang, en dit is pannekoek en skaapboud.”
Sat, 18 May 2024 - 8min - 166 - Koppige Ami hou Irma Venter op haar tone
“Sy is soms dwars, en sy het ʼn moeilike streep in haar, maar ʼn goeie hoofkarakter het ʼn bietjie sleg en ʼn bietjie goed in hulle.”
Sun, 12 May 2024 - 9min - 165 - Stories uit Afrikaanse gemeenskap moet vertel, gevier word
Elke Afrikaanse gemeenskap moet ʼn oomblik stilstaan en dink waarom hulle Afrikaans is en hoe die taal van hulle gemeenskap lyk.
Sat, 11 May 2024 - 8min - 164 - Feesjaar gee erkenning aan vele fasette van Afrikaans
“Die lekkerste en opwindendste deel is die besef dat ons betrokke by die viering van ʼn mylpaal is wat eers weer oor 100 jaar herdenk word.”
Wed, 08 May 2024 - 12min - 163 - Skeppende Portchie se kuns so kleurryk soos SA
Portchie, ʼn wêreldbekende en uiters suksesvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar, het in sy loopbaan reeds byna 19 000 oorspronklike kunswerke geskep.
Sun, 05 May 2024 - 21min - 162 - Plekname ʼn saak van erfenis, komvandaanFri, 26 Apr 2024 - 3min
- 161 - Dié Afrikaanse plekname deur diere, plante bepaal
Baardskeerdersbos, Struisbaai en Harpuisberg is enkele plekke wat hulle name te danke aan die natuur het.
Fri, 19 Apr 2024 - 6min - 160 - Rykdom van Afrikaanse plekname in dié dorre streekFri, 12 Apr 2024 - 1min
- 159 - Só kry oudste sendingdorp in SA sy naam
Daar is ʼn ryk en diverse geskiedenis rondom die herkoms van Afrikaanse plekname, en ʼn gedeelte hiervan lê in Suid-Afrikaanse sendingdorpe.
Fri, 05 Apr 2024 - 5min - 158 - Stef Bos se ‘Papa’ is immergroen
“Ek het nooit geweet dat ek drie kinders sou hê wie se moedertaal Afrikaans is nie of dat ek met ʼn Afrikaanse nooi sou trou nie.”
Thu, 21 Mar 2024 - 27min - 157 - Akademia se Taalsentrum wil Afrikaans as hoëfunksietaal bevorderThu, 14 Mar 2024 - 7min
- 156 - Anoeschka von Meck praat oor reise vir ‘Twa die tydloper’
“Hy bied eintlik onwetend ʼn veilige hawe vir hulle, en daarom voel Twalie dat sy in Frankel se skadu kan gaan sit en in hom kom wegkruip.”
Sun, 10 Mar 2024 - 20min - 155 - Riaan Grobler gaande oor nuwe hoofstuk as skrywerSat, 02 Mar 2024 - 15min
- 154 - Gaireyah Fredericks vertel stories in haar hartstaalSun, 25 Feb 2024 - 17min
- 153 - Marita se ‘Laaste kans’ ʼn ode aan vriendskap
“Die gulheid waarmee ek met elke besoek in Suid-Afrika ontvang word, laat my opnuut besef waarom ek sal aanhou om in Afrikaans te skryf."
Thu, 14 Dec 2023 - 15min - 152 - ‘My geliefde is in ʼn kultus: Wat nou?’
Hoe weet ʼn mens die groep of kerk waaraan jy behoort, is nie dalk ʼn kultus nie? En wat maak jy wanneer ʼn geliefde of vriend by so iets betrokke raak? Die joernalis Jana Marx van Devilsdorp-faam, het in Maroela Media se ateljee antwoorde op ʼn paar van hierdie vrae gegee.
Thu, 14 Dec 2023 - 10min - 151 - Taalkenner Suléne Pilon ewe gesellig in loslit Afrikaans
“Leer jou kinders om Afrikaans te praat, want solank as wat daar kinders is wie se moedertaal Afrikaans is, gaan daar niks met Afrikaans gebeur nie.”
Mon, 11 Dec 2023 - 12min - 150 - Borrelende René wil toekomsstorie van Afrikaans help skryf
“My ma kry my nog steeds jammer omdat ek nie vir ʼn baas werk nie,” skerts sy, “maar, dit was die beste ding wat ek vir myself kon doen.”
Sat, 02 Dec 2023 - 9min - 149 - Bekende stemme bied troos met gedigte
ʼn Bundel soos “Die lewe is ʼn asem lank” bied troos waar woorde ontbreek. Kom luister saam na ʼn paar bekendes se voorlesings van hierdie gedigte. Die podsending is deur NB-Uitgewers vervaardig en goedgunstiglik aan Maroela Media beskikbaar gestel.
Wed, 22 Nov 2023 - 14min - 148 - Taaltoffie: Hoe gemaak met taalboelies?
Sommige mense is so op keurige taal gefokus dat hulle salig onbewus van die tientalle foute is wat in hulle eie taalgebruik opduik. Karien Brits noem hulle “taalskoorsoekers”.
Thu, 09 Nov 2023 - 5min - 147 - Taaltoffie: Die komvandaan van ʼn paar Afrikaanse woorde
Is woorde soos “konklusie”, “observasie”, en “rekommendeer” noodwendig Anglisisties? Karien Brits werp lig op die komvandaan van die Afrikaanse woordeskat.
Thu, 05 Oct 2023 - 9min - 146 - Taaltoffie: Oor donshaelwoorde in Afrikaans
Ons is almal maar skuldig daaraan om woorde te gebruik wat ʼn gerieflike vaagheid meebring. Dink maar aan alles wat almal deesdae wil ‘aanspreek’.
Thu, 26 Oct 2023 - 3min - 145 - Biografie oor Marius Weyers gevul met staaltjies, kleurfoto’s
“Al sy vriende en kollegas het in die onderhoude vir my navorsing gesê dat niemand in die bedryf harder as Marius Weyers gewerk het nie.”
Sun, 22 Oct 2023 - 18min - 144 - Taaltoffie: Verjaarsdag of verjaardag?
Praat ʼn mens van ʼn badkamer, of badskamer? Is dit verjaarsdag of verjaardag? Vind iets landwyd of landswyd plaas?
Fri, 20 Oct 2023 - 5min - 143 - Oud-Aardklop-hoof oorgehaal om van Afrikaans 100 ʼn sukses te maak
“Dit sal vir my wonderlik wees as ons kan terugkyk en sê dat ons die totale Afrikaanse taalgemeenskap betrokke gekry het.”
Sun, 15 Oct 2023 - 13min - 142 - Taaltoffie: Die vassit met los woorde
Die los en vas skryf van woorde in Afrikaans laat taalgebruikers gereeld kopkrap. Dink byvoorbeeld aan woorde met “gunsteling” en “reuse”.
Thu, 12 Oct 2023 - 10min - 140 - Taaltoffie: Kies een!
“Mees interessantste”, “mees wonderlikste”, “weer herhaal” en “vooruit beplan” is van die algemeenste voorbeelde van woordoortolligheid. Karien Brits gee raad oor hoe om nie in hierdie taalstrikke te trap nie.
Thu, 28 Sep 2023 - 4min - 139 - Taaltoffie: Die gewraakte Anglisismes
“Die vraag wat ons moet vra, is of hierdie vorm reeds bestaande woorde en idiomatiese uitdrukkings in Afrikaans verdring.”
Thu, 21 Sep 2023 - 7min - 138 - Taaltoffie: Ag, vir wat?
“Ek voel soos ou Genis uit Koöperasiestories diep beswaard oor die woorde wat in die slag gebly het.”
Thu, 14 Sep 2023 - 6min - 137 - Stefaans Coetzee vind redding in boeke, genesing in God
“Een van die lekkerste dinge is wanneer ek smiddae van die werk af kom en ons seuntjie loer vir my deur die venster.”
Sun, 10 Sep 2023 - 6min - 136 - Dana Snyman neem ongebaande weë op geloofsreis
“Dit was vir my nogal ʼn emosionele ervaring om vir byna ʼn maand deur die land te reis, van kerk na kerk, en met mense oor geloof en die kerk te praat.”
Sun, 03 Sep 2023 - 27min - 135 - Sue Pyler-Slabbert se hart lê in die Noord-KaapSat, 19 Aug 2023 - 13min
- 134 - ‘Welvaart meer as net geld’
Hoewel geld ʼn medium tot rykdom is, gaan welvaart oor baie meer as ʼn groot banksaldo. Luister hier na die volledige onderhoud met PJ en Geo Botha oor hulle jongste boek, ‘Word ryk, bly ryk’.
Fri, 21 Jul 2023 - 14min - 133 - Pionierskultuur ʼn padwyser vir die toekoms in AfrikaansSat, 08 Jul 2023 - 17min
- 132 - ‘Binnelanders’-akteur vertel oor genesing na sy ma se dood
David Viviers praat oor sy debuutroman, ‘Mirage’. Hy gesels ook vlugtig oor sy rol by ‘Binnelanders’ die afgelope jaar.
Mon, 22 May 2023 - 11min - 131 - Daniel Strauss se jongste boek wys pad na finansiële vryheid
Daniel Strauss gebruik Dan se storie in ‘Werk soos 'n miljardêr’ om wenke en raad te gee oor hoe om finansiële en persoonlike vryheid na te streef.
Fri, 05 May 2023 - 5min - 130 - Zirk van den Berg se skop-skiet-en-wonderstorie propvol leeslekkertes
Zirk van den Berg vertel vanuit sy huis in Nieu-Seeland via Zoom waar hy aan sy skop-skiet-en-wonder-storie, ‘Geheim van die gruwelsand’, gekom het.
Fri, 28 Apr 2023 - 18min - 129 - Mevrou Smit gʼn goeie tannie in Aaronspoort
“Om te skryf is altyd vir my lekker, maar om mevrou Smit se storie te skep, was vir my ʼn dubbele lekkerte.”
Thu, 06 Apr 2023 - 6min - 128 - Ma se reis van pleegsorg na aanneming
Sandy Schoeman, skrywer van Rooiletterkind, vertel meer oor haar reis van pleegsorg na aanneming, en sy brei uit oor haar belewing van ouerskap.
Sun, 26 Mar 2023 - 17min - 127 - ‘Heimwee’ pal boaan topverkoperlysteMon, 19 Dec 2022 - 12min
- 126 - Kleurryke Afrikaans die hart van RSGSat, 05 Nov 2022 - 10min
- 125 - Herinneringe oor Franz Marx opgediepWed, 12 Oct 2022 - 11min
- 124 - Avonturier neem kinders op Afrika-reis
“Kinders verstaan nie groter konsepte nie, maar as jy dit deur ʼn grap of storie vir hulle kan verduidelik, is dit baie makliker.”
Wed, 05 Oct 2022 - 22min - 123 - Meer genade met depressielyers, vra Ivor Swartz
“Ek hoop regtig dat mense minder sal oordeel as hulle nie depressie verstaan nie, maar ook dat depressievegters sal verstaan hulle is nie alleen nie.”
Thu, 29 Sep 2022 - 11min - 122 - Jaco Jacobs: 21 jaar en 220 boeke laterSat, 24 Sep 2022 - 5min
- 121 - Koos Bekker: Entrepreneur, magnaat, miljardêr
“Man, ek was bang niemand skryf ʼn boek oor Koos Bekker nie,” sê Theunis Strydom, skrywer van die boek Koos Bekker’s Billions (onder die skrywersnaam TJ Strydom) wat pas verskyn het. Christel Cornelissen van Maroela Media het met hom oor dié boek gesels.
Fri, 16 Sep 2022 - 5min - 120 - Hupstoot vir regslui in AfrikaansTue, 13 Sep 2022 - 12min
- 119 - Nog stories uit die lêers van ʼn forensiese sielkundige
Dr. Gérard Labuschagne neem lesers op ʼn reis van misdaadtonele na regsbanke in sy boek ‘The Profiler Diaries – From Crime Scene to Courtroom’.
Sun, 28 Aug 2022 - 12min - 118 - Hulde aan ʼn woordmeester
‘So is onse mense’ is die gerekende taalhistorikus JC Steyn se laaste werk wat pas uitgereik is. Alana Bailey en Ilze Niewoudt van AfriForum Uitgewers het met Maroela Media om oor Steyn se laaste boek gesels.
Sat, 06 Aug 2022 - 19min - 117 - Nataniël in ekstase oor ‘Afrikaans in styl’
Nataniël het met Maroela Media gesels oor die eerste ‘Afrikaans in styl’-produksie wat eersdaags plaasvind.
Thu, 04 Aug 2022 - 14min - 116 - Ben Booysen se geskenk aan sy kleinkinders
“Ek wil hê my kleinkinders moet eendag lees hoe hulle oupa uitgestyg en een van die beste polisiemanne in die land geword het.”
Sat, 25 Jun 2022 - 12min - 115 - Jy is ‘meer as jou seerkry’
“Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy kán dit oorleef – en selfs sterker wees.” In hierdie onderhoud gesels Johannes de Villiers oor sy jongste boek, ‘Meer as jou seerkry’.
Sat, 11 Jun 2022 - 15min - 114 - Ouers, spruite gaande oor bekkige Lingi-beerSat, 11 Jun 2022 - 12min
- 113 - Tagtigs-musiek die agtergrond van Zirk se jongste roman
Van Morrison se “Spanish Rose”, Harry Nilsson se “Don’t forget me” en Creedance Clearwater Revival se “Wrote a song for everyone” is enkele van die liedjies op Zirk van den Berg se Spotify-speellys met die titel “Ober se mixtape”.
Fri, 20 May 2022 - 12min - 112 - Denkleier se wenke om uitdagings te oorkom
“Alles waarvoor jy lief is of voor omgee word op een of ander manier in gevaar gestel. Die vraag is, wat gaan jy daaromtrent doen?”
Wed, 04 May 2022 - 7min - 111 - Poppie Viool vermurwe harte
Jan Vermeulen het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor Poppie Viljoen se verhaal, waar sy idee van mens-arende vandaan kom en waaraan hy tans werk.
Wed, 13 Apr 2022 - 18min - 110 - Vrou vertel oor 40 jaar saam met ʼn narsis
Ilse Verster het haar lewensverhaal in Só lyk ʼn vrou… vasgepen en hiermee hoop sy om ander persone, spesifiek vroue, wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind, te help.
Thu, 31 Mar 2022 - 12min - 109 - ‘Bizzie Lizzie’-rubrieke uitgeknip vir radio
“My rubrieke is nog nie vantevore voorgelees nie, daarom is ek opgewonde om dit in ʼn nuwe formaat met mense te deel.”
Fri, 18 Mar 2022 - 10min - 108 - Parapleeg koester pa-seun-oomblik
“Die lewe is dieselfde – dit maak nie saak waardeur ons gaan nie, die oomblik wanneer God sê: ‘Ek is hier, Ek gaan jou nie verlaat nie,’ dan gaan jy oukei wees.”
Thu, 10 Mar 2022 - 10min - 107 - Wincklers wil hê huwelike moet floreer
Heinz en Aletté-Johanni Winckler het met Maroela Media oor die huwelik en hulle jongste boek, ‘Kom ons praat oor die huwelik’, gesels.
Fri, 04 Mar 2022 - 16min - 106 - Nuwe baadjie vir FAK-kinderliedjies van ouds
“Ons wil graag hê ons kinders moet kan luister na die immergroen Afrikaanse liedjies waarmee ons grootgeword het.”
Mon, 21 Feb 2022 - 16min - 105 - Kenner gee raad oor vasdieet
Bernadine Douglas het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor die vasdieet, wat ook in haar jongste gesondheidsboek, getiteld ‘Your 12-week body and mind transformation’, bespreek word.
Fri, 07 Jan 2022 - 12min - 104 - Sê só nee vir peuselhappies
“Begin deur te sê dat jy ʼn eetprogram vir ʼn gesonder leefstyl volg en dat daar sekere goed is wat jy nie gaan eet nie, of sê net vir mense dat jy nie honger is nie.”
Tue, 21 Dec 2021 - 12min - 103 - Kry jou kop reg vir gewigsverlies
Maroela Media het in ʼn onderhoud met Bernadine Douglas, skrywer van ‘Your 12-week body and mind transformation’, oor die belangrikheid van gesonde gewoontes en motivering gesels.
Mon, 13 Dec 2021 - 10min - 102 - Steeds Vrou - Alexi (Rene)
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 101 - Steeds Vrou - Bokoë (René Roux)
As ek eendag moet gaan… My man is my gunsteling-mens, my man is my beste vriend en my man is ook een van die mense wat ek die bangste is om te verloor aan die dood. Hy is ook die een wat ek by my wil hê om my vas te hou die dag as ek moet gaan…
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 100 - Steeds Vrou - Bondeltjie liefde (Alta)
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 99 - Steeds Vrou - Ek mis jou (Alta Strauss)
Ons almal was al daar waar ons net ’n intense verlange het na ’n ander, om weer hulle te voel langsaan jou staan, oorkant jou sit en ’n koppie koffie saam met jou geniet. Nog eenmaal hulle stem te hoor, met hulle te klankbord. Kom ons neem vandag ’n doelbewuste besluit om dié mense wat ons koester, te laat weet ons het hulle lief. Begin weer om diep lief te hê, ’n alles-in-liefde! Ek mis jou… alles van jou… elke dag…
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 98 - Steeds Vrou - Gedig uit die Kalahari (Alta Strauss)
Gebore in Namibië, met grootwordjare in die Kalahari, tussen die rooi van die Kalahari-duine, groen wingerde en swartkop Dorper-skape, teen die sterk oewers van die Oranjerivier, sal daardie rooi sand altyd deur my are vloei. Iemand het eenmaal gesê, geseënd is hy wat die mooi sien in al die plekke waar ander niks sien nie, en dit is so waar van hierdie wêreld. Dit leer jou iets oor vergenoegdheid, van dankbaarheid. Wanneer ’n swaar reënbui, sewe jaar van droogte breek, en jy in daardie geel dubbeltjie-blom, die goedheid en trou van die Here sien, en dankbaar op jou knieë gaan en weet wié hoop op die Here sal nie beskaamd staan nie.
Mon, 06 Dec 2021 - 1min - 97 - Steeds Vrou - Hartshunkering (René Roux)
Die gedig praat hardop oor al die landskappe wat in my hart geanker is. Dit reis wyd en syd deur die land van ons wat ek so bitter lief het. Hier waar ek liefde gevind het, hier waar ek elke dag my Here kan sien en hoor.
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 96 - Steeds Vrou - Heilige grond (Alta Strauss)
Daar is iets heiligs aan iemand se siel. Om iemand te leer ken is soos om ’n gewyde grondgebied te betree. Leer om te luister, regtig te luister na ’n ander, eerder as om haastig te wees om die volgende woord in te kry. Jy sal verstom wees hoeveel jy leer van ander, wanneer jy werklik begin luister. Ons is eintlik so bederf met mekaar, kom ons luister meer en begin vier mekaar!
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 95 - Steeds Vrou - Jou liefde (René Roux)
Dit is persies hoe my man my laat voel. Verlief, opgewonde en vol hoop. Saam hom en my God sal ek in ’n oorlog instap. Vir hom sal ek doodgaan en vir hom sal ek leef. Om die liefde van jou lewe, jou sielsgenoot te vind is besonders en om die liefde wat jy uitdeel terug te ontvang is ’n seëning. Gestuur uit God se hand.
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 94 - Steeds Vrou - Kaalvoet (Alta Strauss)
Verhoudings is alles oor vertroue. Vertroue is die sterk fondasie van enige verhouding, waarop alles anders gebou word. Wees weer diep en innig lief, onbaatsugtig en gee die beste van jouself, sonder enige voorafopgestelde idees, sonder enige bymotief. Ons is gemaak om liefde te leef, soos God liefde is en in liefde te funksioneer. Vra die Here om vandag jou hart te deurgrond en enigiets daarin wat nie van Hom af is nie te verwyder, en jou die vermoë te gee om liefde te wees soos Hy liefde is.
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 93 - Steeds Vrou - Naakte liefde (Alta Strauss)
Doen weg met oppervlakkige verhoudings en belê in daardie koester-vriende! Ons almal kan doen met liefde wat ons hele wese deurdrenk. Dit is die een tydlose geskenk wat ons aan mekaar kan gee, liefde… Liefde is daardie sagte gebed vir ’n ander, waarvan hulle nie eens bewus is nie, daardie vreugde en opgewondenheid wat jy ervaar wanneer hulle drome verwesenlik en tot vervulling kom. Vier dié wie jy liefhet en draai hulle toe in liefde en deernis.
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 92 - Steeds Vrou - My son sak weg (René Roux)
Een van my vriendinne is baie vroeg oorlede aan kanker toe ons skaars 16 was. Dié gedig is geskryf vir haar. Dit was baie moeilik om op daardie ouderdom te verstaan; dit was moeilik om te verwerk en ek as kind was so bang vir die dood. Die skrywe van gedigte soos hierdie het my nie net losgemaak van die ewige hartseer nie, maar ook van my vrees vir die dood. Eendag sal alles volmaak wees en eendag sal ek weer nuut wees, net ek en dié wat voor my gegaan het, saam my God.
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 91 - Steeds Vrou - Onkant (Alta Strauss)
Elke dag is een groot verrassing! Nie een van ons weet watter asemrowende oomblik om die hoek vir ons wag nie! Maak jou hart ontvanklik daarvoor. Gee elke oomblik alles wat jy het. Om ’n oomblik nietig te ag is niks minder as ʼn sonde nie, daarom begin deur elke oomblik die beste van jouself te gee. Die beste van jouself, is nie nét die goed van jou, die glimlag en sukses nie. Die beste van jou is ook die uitdagings wat jy oorkom het en steeds soms mee sukkel, want dit maak jou sterker en wyser elke dag!
Mon, 06 Dec 2021 - 0min - 90 - Steeds Vrou - Ouma Onthou (René Roux)
Ek het so tien jaar gelde vir my ouma gevra om vir my ʼn brief te skryf oor haar lewe. Ek wou alles weet; ek het nooit my oupa geken nie. Hy is op my moeder se vierde verjaardag oorlede en wat ek kan onthou van Kimberley waar ek gebore is, is baie vaag. Ek onthou egter steeds die rooi stoep, warm dae en liefde. Sy het vir my geskryf, die mooiste brief en ek het dit in ’n gedig saamgevat. Baie van haar eie woorde is in die gedig.
Mon, 06 Dec 2021 - 1min
Podcasts similares a Taaltoffie
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Affaires sensibles France Inter
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- Espacio en blanco Radio Nacional
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- TED Talks Daily TED
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Otros podcasts de Arte
- Middagvervolgverhaal RSG
- Radioteater RSG
- DEEP HOUSE LOUNGE - EXCLUSIVE DEEP HOUSE MUSIC PODCAST Bryon Stout: deep house music guru
- Kortom RSG
- OSEMSAMO LIMPHOSA EMNYANGO Ikwekwezi FM
- Nostalgic Deep House Active FM
- Lunch with Pippa Hudson CapeTalk
- David Guetta David Guetta
- Case Files: short crime fiction stories Rachel Amphlett
- Scary Stories Scary Stories
- Hip Hop Beatriz Laguna
- Sithini IsiNdebele Ikwekwezi FM
- Scary Stories Andrew Goodwin
- Emthonjeni Ikwekwezi FM
- STORIES TELLING STORIES STORIES TELLING STORIES
- Reggae-Hour B.O.S.S. Radio
- Prayer for Zimbabwe Teddy Gands Music Junior Academy
- Un Libro Una Hora SER Podcast
- É Uma Verdade Universalmente Reconhecida... Por Trás Dos Romances
- Especial Reggae Music com Rafael Schmidt Rádio Conectados