Podcasts by Category
- 168 - Met Hart en Siel - 24 Sept 2024
Christine gesels met Susan Coetzer oor haar nuwe boek "Lekkergoed vir die lewe". Daarna gesels sy met Irma Raspel oor haar boek "Die mak maniere van wilde diere". En dan gesels Christine met Jan Braai oor sy nuwe boek "Atmosvuur"
Tue, 24 Sep 2024 - 1h 40min - 167 - Met Hart en Siel - 17 Sept 2024
Christine Ferreira gesels vanoggend met Helena Van Der Westhuizen oor die gebruik van natuurlike bestandele in skoonheidsmiddele. Daarna is Magriet Groenewald aan die woord oor ken jou waarde as vrou. Louise Holts gesels oor hoe om jou lugbraaier te benut en dan sluit die program af met Peet Bekker en Melanie Vosloo se insette
Tue, 17 Sep 2024 - 1h 25min - 166 - Este Geldenhuys - nuwe boek
Christine gesels vanoggend met Este Geldenhuys oor haar nuwe boek "God knows you" en Faith Durie gaan deel oor die impak van jou storie op jou geloofs-lewe. Peet en Melanie Bekker deel ook hul stories en oordenking.
Tue, 10 Sep 2024 - 1h 35min - 165 - Klim jou berg
Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor emosionele genesing. Marlien Cronje vertel meer oor ‘n groep vroue wat Kilimanjaro later vanjaar gaan aandurf ter wille van kinders wat swaarkry en Esti Stewart gesels oor die Baviaans Camino en wat dié staptog aan jou siel sal doen.
Tue, 03 Sep 2024 - 1h 31min - 164 - Nogtans-geloof
In hierdie aflewering gesels die geliefde kunstenaar, Portchie, oor sy memoir en Ivor Swartz vertel wat nogtans-geloof beteken.
Tue, 27 Aug 2024 - 1h 32min - 163 - Kreatief & gesond
Joernaalkunstenaar, Anel Stricker-Bessinger, gesels oor kreatiewe rus en kosskrywer, Vickie de Beer, vertel meer oor 'n nuwe leefstylgids vir diabete.
Tue, 20 Aug 2024 - 1h 34min - 162 - Met integriteit
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met Sarah Portal oor hoe jou kleinding van God se nabyheid te leer. Gary Power gesels oor hoe om met integriteit te leef en ds Rudi Swanepoel van die Aan-die-berg-gemeente in Northcliff, Johannesburg kuier in die ateljee.
Tue, 13 Aug 2024 - 1h 35min - 161 - Ter wille van sy Naam
Elizabeth Botha, mediabeampte van Geopende Deure, vertel oor die Arise Africa veldtog. Berkoonde kinder- & jeugboekskrywer, De Wet Hugo, gesels oor sy liefde vir skryf en die lewe as laerskool-onderwyser in China. En die legendariese Sonja Herholdt kuier in die ateljee.
Tue, 06 Aug 2024 - 1h 34min - 160 - In en uit die buiteland
In hierdie aflewering word daar gesels met Kenneth de Heyn, ‘n Belgiese sendeling wat hom in Hoopstad in die Vrystaat kom tuismaak het. Lizette Murray vertel meer oor ‘n kuier by haar kinders wat in Kanada woon en die impak wat kinders wat ver bly op ouers en grootouers het. Botaniese skilder Daleen Roodt gesels oor ‘n spesiale oorsese uitstalling in Engeland waaraan sy deelgeneem het en die wonderwerke wat hierdie uitstalling voorafgegaan het.
Tue, 30 Jul 2024 - 1h 37min - 159 - Kom eenkant met 'n boek
Ds Jaco Strydom kuier in die ateljee om oor sy eerste roman Daka te gesels. Farren Cloete, die dominee van die pienk kerk op Lambertsbaai, vertel meer oor Geroep vir ‘n tyd soos hierdie. Gebedstapper, Peet Bekker, bring ‘n boodskap vir oud-soldate en Milanie Vosloo sluit die program af met ‘n stiltetyd-meditasie.
Tue, 23 Jul 2024 - 1h 31min - 158 - Maak jou merk
In hierdie aflewering gesels skrywer, Wendy Maartens, oor haar jongste reeks kinderboeke met ‘n boodskap. Esther Taljaard vertel meer oor hul opleidingskool vir digitale bediening en die rol van sosiale media in die uitdra van die boodskap van Jesus. Brandt Coetzee gesels oor ‘n koffiedrankie wat van die peul van ‘n indringerboom gemaak word en Letsie van der Bank gesels oor die Radiokansel-vroueoggend wat op 23 Augustus plaasvind.
Tue, 16 Jul 2024 - 1h 31min - 157 - Seisoene, storms en woestyne
In hierdie aflewering gesels Chris van der Merwe oor grenselose genade en dr. Isak Burger vertel meer oor die seisoene, storms en woestyne in ons lewens en hoe ons as gelowiges daarop reageer.
Tue, 09 Jul 2024 - 1h 30min - 156 - Berge in die Bybel Deel 2Tue, 02 Jul 2024 - 1h 30min
- 155 - Genesing vir kinderjare-trauma
Pastoor Natasja Kotzé van Doxa Deo gesels oor die werk wat hulle gemeente onder vroue doen. Retha Ingebleek vertel meer oor ‘n spesiale gebedsgeleentheid tydens vanjaar se SPAR Women’s Challenge Tshwane en Prof Wentzel Coetzer gesels oor kinderjare-trauma te midde van ‘n milieu van verslawing.
Tue, 18 Jun 2024 - 1h 38min - 154 - Berge in die Bybel Deel 1Tue, 11 Jun 2024 - 1h 37min
- 153 - Sien Hom oral raak
Ds Tom Smith kuier in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Elodi Naude deel haar besonderse getuienis oor hoe sy en haar gesin die stadslewe vir die lewe op die platteland verruil het en skrywer Kristel Loots vertel meer oor haar jongste Christelike roman Vroue met vlerke.
Tue, 04 Jun 2024 - 1h 34min - 152 - Hoe moet ouers kinders met leerblokkasies hanteer?
Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee en word daar gesels oor wat as my kind “anders” is en ons kyk onder meer na outisme, disleksie, aandag-afleibaarheid, leerblokkasies en meer.
Tue, 25 Jun 2024 - 1h 28min - 151 - Om 'n ma te kan wees
Stefani Ernst en Judith Kamffer kuier in die ateljee en deel hulle besonderse getuienisse rondom ma-wees. Daar is ‘n boodskap vanaf gebedstapper, Peet Bekker, en ons sluit af met ‘n stiltetyd meditasie deur Milanie Vosloo.
Tue, 28 May 2024 - 1h 36min - 150 - Hoe om jou kind te help floreer
Hanneke Mackie kuier in die ateljee om te gesels oor hoe sing, dans en drama ‘n verskil in jongmense se lewe kan maak. Kinderboekskrywer, Zuleka Smit, gesels met ons oor haar jongste reeks Christelike boeke vir kinders en Erich Posthumus vertel on meer oor die Godly Revolution byeenkoms vir die jongklomp wat op die 14e Junie plaasvind.
Tue, 14 May 2024 - 1h 34min - 149 - Die waarde van 'n ma
Chante Hinds-Moller gesels oor die waarde van ‘n ma op ‘n Karooplaas. Mari le Roux gesels oor haar ma, skrywer Mariël le Roux, se jongste boek Donkertyd My naam is Tina en Hettie Brittz vertel meer oor hoe om kinders met karakter te kweek.
Tue, 07 May 2024 - 1h 37min - 148 - Maak jou wêreld 'n mooier plek
Nadine Vosloo, gesels oor die kuns van krytverf en hoe om jou wêreld ‘n mooier plek te maak. Tekstielkunstenaar, Alice Tindall, deel haar getuienis en vertel meer haar kuns.
Tue, 30 Apr 2024 - 1h 34min - 147 - Vind God in die gewone
In hierdie aflewering kuier ds Tom Smith in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Ronel Horak vertel meer oor die Tierlantynkies Kuier & Koopmark wat eersdaags plaasvind en hoe ons God deur ons werk en passie kan eer.
Tue, 23 Apr 2024 - 1h 31min - 146 - In die wolk van sy Teenwoordigheid
Pastoor Marielle de Vos kuier in die ateljee en gesels oor die besonderse plek van lofprysing in ‘n gelowige se lewe.
Tue, 16 Apr 2024 - 1h 29min - 145 - Balsem vir lyf en siel
In hierdie aflewering gesels Trudi Kasselman oor die geurige Ruah Kruiereeks-lyfprodukte, Madeleine Rootman deel haar getuienis oor haar reeks Gesalfde-lyfprodukte en Beatri Joubert gesels oor Balsem en die voordele wat turksvypit-olie vir die vel inhou.
Tue, 09 Apr 2024 - 1h 32min - 144 - Jabulani
Adine Roode, direkteur en hoof van Jabulani Safari Lodge, kuier in die ateljee om meer te vertel oor dié wildreservaat in die groter-Kruger wat al meer as 20 jaar by die bewaring van olifante betrokke is. Daarna vertel digter, teoloog en skrywer, Prof. Cas Vos meer oor sy jongste digbundel, Wisselende Stemminge en skrywer, Elsa Winckler, gesels oor haar nuwe Christelike roman Engele in Kosmoslaan
Tue, 02 Apr 2024 - 1h 43min - 143 - Van ashoop tot Hoop
Ds Ronell Bezuidenhout gesels in die lig van Paasfees oor haar jongste boek, Van ashoop tot Hoop. Romien Wait deel haar getuienis oor ‘n verlammende siekte wat haar lewe vir altyd verander het. Landé Brits van Piketberg vertel hoekom “anders net vreemd is tot jy meer daarvan weet.” Maar om mee af te skop voltooi Anoeschka von Meck haar gesprek van verlede week oor die vrou wat agter Jesus aangehardloop het.
Tue, 26 Mar 2024 - 1h 34min - 142 - Oorwinning in jou stryd
Lurina Fourie gesels oor haar stryd met diabetes. Talana Vuren-Kuhn deel haar getuienis en geloofspad en Anoeschka von Meck vertel meer oor haar jongste roman, Twa die Tydloper.
Tue, 19 Mar 2024 - 1h 30min - 141 - Besigheidsidees wat jy sommer vandag mee kan begin
Finansiële kenner, George Foley, vertel van ‘n duisend en een besigheidsidees, dinge wat jy sommer vandag mee kan begin om ‘n ekstra geldjie te verdien. En Emma van der Walt, pastoor en die stigter van die organisasie Brave to Love, kuier by ons in die ateljee om oor die donker wêreld van mensehandel te gesels en hoe God se genade ook daar sigbaar is.
Tue, 12 Mar 2024 - 1h 34min - 140 - Oor skrywers en boeke
Riaan Grobler gesels oor sy debuutroman met 'n Christelike inslag, Geheime op Philadelphia, en Amanda de Lange vertel meer oor ‘n skrywersmentorprogram vir voornemende skrywers.
Tue, 05 Mar 2024 - 44min - 139 - Geloofspad
Gerjo-Ben van der Merwe van die Kruispad-kerk en sy vrou Renata gesels oor hoe lyk die lewe van ‘n gelowige wat die pad as Jesus se volgeling loop. Dr. Carel Antonissen gesels oor stilword en eenkant kom en Ricko Ackerman, ‘n leerder van die Vastfontein Batho Pele-skool vertel meer oor die rol van sport in sy lewe met die oog op Radiokansel se sporttoerusting-skenkingsprojek.
Tue, 27 Feb 2024 - 1h 38min - 138 - Voorkom so kanker en ander siektes by kinders (en volwassenes)
Voedingskundige Madalein Helm kuier in die ateljee en word daar gesels oor goeie gesondheid en hoe ‘n gesonde leefstyl ‘n siekte soos kanker kan help voorkom.
Tue, 20 Feb 2024 - 1h 13min - 137 - Die Verbinding tussen Mond en Brein
In hierdie aflewering kuier Dr Melodie de Jager in die ateljee om te gesels oor die konneksie tussen die mond en die brein en die belangrike rol wat dié liggaamsdeel in die ontwikkeling van baba’s en kinders speel. Selfs tot in ons bejaardheid dra die mond tot ons emosionele welstand by.
Tue, 13 Feb 2024 - 1h 34min - 136 - Sleutels en lofprysing
Pastoor Marielle de Vos gesels oor die simboliek en betekenis van sleutels in die Bybel en oor die hart van lofprysing. Lofpryser, Laurinda Camacho, deel haar getuienis. Estelle Rossouw vertel meer oor ‘n vrouekonferensie op Parys in die Vrystaat wat eersdaags plaasvind. Gebedstapper Peet Bekker bring vir ons ‘n kort boodskap en ons sluit die program af met ‘n stiltetyd meditasie deur Milanie Vosloo.
Tue, 06 Feb 2024 - 1h 16min - 135 - Met wysheid
Marius Botha kuier in die ateljee om oor sy boek Rediscovering Wisdom The Forgotten Gift te gesels. Anja Letsatsi vertel meer oor ‘n gebedspojek vir kinders en Charlene Grobler wat aan die hoof staan van die Loius Botha en Jakaranda Kinderhuise kuier in die ateljee om meer te vertel oor hul werk. Dr Poppie Hauptfleisch van Bridal Love Ministries vertel van ‘n geloofssamekoms vir kinders wat op die 3e Februarie plaasvind.
Tue, 30 Jan 2024 - 1h 28min - 134 - Hoe hanteer jy 'n uitdaging?
In hierdie aflewering word daar gesels oor hoe om die uitdagings wat oor jou pad kom te hanteer. Elizabeth Botha van Geopende Deure gesels oor geloof onder uitdagende omstandighede, aktrise Mila Guy vertel oor haar deelname aan ‘n nuwe TV-reeks met die titel Die Uitdaging en avonturier Iana Strydom gesels oor haar belewenis as aanbieder van die program. Pastoor en lewensafrigter, Fanie Briel, deel gedagtes oor hoe om uitdagings met die regte ingesteldheid te kan aanpak. Gebedstapper, Peet Bekker, bring ‘n kort boodskap en Milanie Vosloo sluit die program af met ‘n oordenking.
Tue, 23 Jan 2024 - 1h 33min - 133 - Wat beteken dit om suksesvol te wees?
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met Pete Portal van die Tree of life-kerk in Mannenburg, Kaapstad oor sy nuwe boek How to be (un)Successful An unlikely guide to human flourishing en wat dit in God se koninkry beteken om suksesvol te wees. Michelle Coetzee kuier in die ateljee en vertel meer oor ‘n projek vir vroue wat aan geweld blootgestel is en slagoffers van geslagsgebasseerde geweld is.
Tue, 16 Jan 2024 - 1h 30min - 132 - 'n Nuwe jaar
Marielle de Vos en Esté Geldenhuys gesels oor die profetiese woord wat oor die jaar 2024 uitgespreek is, wat op elkeen van hulle se harte lê en die betekenis wat dit dié jaar vir ons inhou.
Tue, 09 Jan 2024 - 1h 26min - 131 - Kuns tot sy Eer
Skilder, Isabel le Roux kuier in die ateljee. Kunstenaar, Marianna Booyens vertel meer oor God se inspraak in haar werk en Christelle Fourie, wetenskaplike en ‘n kerkleier wat in Swede woon, deel haar getuienis rondom verlies en herstel.
Tue, 05 Dec 2023 - 1h 34min - 130 - Friendship with God
Trevor Hudson vertel oor hoe God ons uitnooi om ‘n vriendskap met Hom te betree. Dr. Fanie Briel, pastoor en lewensafrigter, kuier by in die ateljee en gesels oor hoe om die lewe, uitdagings en afdraaipaaie te bemeester.
Tue, 21 Nov 2023 - 1h 33min - 129 - Leergereed, skoolgereed
In hierdie aflewering kuier dr Melodie de Jager in die ateljee en word daar oor gesels oor skoolgereedheid.
Tue, 14 Nov 2023 - 1h 35min - 128 - Kultusse in Suid-Afrika
Joernalis en skrywer, Jana Marx, kuier in die ateljee en gesels oor kultusse in Suid-Afrika. Chante Hinds-Moller deel nuus uit die Karoo. Peet Bekker bring 'n boodskap uit Lindley en Milanie Vosloo deel 'n stiltetyd-meditasie.
Tue, 07 Nov 2023 - 1h 30min - 127 - Geestesgesondheid
Dis geestesgesondheid-maand en in die lig hiervan kuier prestasie-afrigter en avonturier, Cobus Visser vandag in die ateljee en gesels sielkundige, Dr. Johan Ferreira, met ons oor hoe om na ons geestesgesondheid om te sien.
Tue, 31 Oct 2023 - 1h 35min - 126 - Sade van hoop
In hierdie aflerwering kuier gebedstapper, Peet Bekker, en glaskunstenaar, Martli Janse van Rensburg, in die ateljee en gesels oor die werk wat die Here in hul lewens doen.
Tue, 24 Oct 2023 - 1h 33min - 125 - Dink nuut, geloofskrisis en gebede vir die Vervolgde Kerk
In hierdie aflewering kuier skrywer, Sanet Deysel, in die ateljee om oor haar boeke Mountains Moving your mountains one thought at a time en Things I wish I knew when I was a teen te gesels. Lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels met ons oor wat om te doen as jy voor ‘n geloofskrisis te staan kom. Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor ‘n gebedsinisiatief wat binnekort van stapel gestuur word.
Tue, 17 Oct 2023 - 1h 32min - 124 - Dink nuut oor aftree
Ontwikkelingskundige, dr Melodie de Jager, gesels oor hoe om aftrede reg te benader as dit kom by liggaam, siel en gees.
Tue, 10 Oct 2023 - 1h 33min - 123 - Die lewe is 'n asem lank
In hierdie aflewering gesels Ds Deon Loots oor hoe om ‘n spontane getuienis van Jesus te wees. Frieda van den Heever vertel meer oor ‘n digbundel met die titel Die lewe is ‘n asem lank Gedigte oor verlies en vertroosting. En skrywer Helena Hugo gesels oor haar jongste geestelike roman Die skuiling.
Tue, 03 Oct 2023 - 1h 32min - 122 - Demensie en geloof
Dr Michiel van der Merwe gesels oor die godsdiensbelewenis van ‘n persoon met demensie. en Prof Wentzel Coetzer vertel meer oor generasie-bagasie, wat dit behels en wat die impak daarvan op ons menswees en welstand is.
Tue, 26 Sep 2023 - 1h 34min - 121 - Poskaarte van 'n reis
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met joernalis en skrywer Jacqueline Leuvennink oor ‘n bundel essays en rubrieke met die titel Poskaarte van ‘n reis. Bettina Wyngaardt gesels oor haar jongste roman Grietjie se loutering en skrywer Elize Parker vertel meer oor haar jongste boek Wanneer skaduwees kantel.
Tue, 19 Sep 2023 - 1h 36min - 120 - Gebed vir elke geleentheid
Ds Hennie Maartens gesels met ons oor gebed vir elke geleentheid. Entrepeuner en sakevrou Alet van Zyl van Beaufort-Wes vertel meer oor haar onderneming Hartsgoed en Dr Roné-Marie Keet gee praktiese wenke vir ouers en leerders oor hoe om Graad 12 te oorleef.
Tue, 12 Sep 2023 - 1h 34min - 119 - Bakens van geloof
In hierdie aflewering kuier Mev Suid-Afrika finalis Nadine van de Wateren in die ateljee en gesels trourok-ontwerper Ilse Roos oor haar bakens van geloof.
Tue, 05 Sep 2023 - 1h 35min - 118 - Bybelse kosse
Pastoor Marielle de Vos gesels oor Bybelse feeste en Bybelse kos. Ds. Hendrik van Deventer deel ‘n boodskap oor vrede en vreugde te midde van swaarkry.
Tue, 29 Aug 2023 - 1h 34min - 117 - Onbeskryflike genade
Stefaans Coetzee gesels oor Onbeskryflik Genade en hoe keuses, klein en groot, jou lewe rig. Gerhard Lindeque van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vertel meer oor die 90e bestaansjaar van dié organisasie en die spesiale feesvieringe wat hiermee gepaard gaan. Skrywer Jan Vermeulen gesels oor sy jongste jeugboek Om ‘n leeu se bek toe te bid.
Tue, 22 Aug 2023 - 1h 33min - 116 - Gesonde eetgewoontes en jou hormonale stelsel
Voedingskundige Madalein Helm kuier in die atlejee en vertel oor die impak van gesonder eetgewoontes op ons hormone.
Tue, 15 Aug 2023 - 1h 32min - 115 - Sonneblomme & sneeu
Michelle Potgieter vertel oor die lewe in die Oekraine waar sy vir al meer as 27 jaar lank woon en joernalis, Karien Basson, gesels oor 'n boek waarin bekende sportsterre hul geloofsreis deel.
Tue, 08 Aug 2023 - 1h 33min - 114 - Vroue van die BybelTue, 01 Aug 2023 - 1h 31min
- 113 - Sukses en welvaart - hoe ons as gelowiges daaroor dink
Dr. Johan Beukes gesels oor die ander kant van sukses en vertel meer oor wat hy uit gesprekke met bekendes geleer het. PJ Botha gesels oor jou reis na welvaart en ds. Rudi Swanepoel gee ‘n Bybelse perspektief op geld en sukses in hedendaagse tye.
Tue, 25 Jul 2023 - 1h 28min - 112 - Skrywers en boeke
Tydens hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met die skrywers van vier Christelike boeke wat by luisteraars sal byval vind. Alexa Steyn gesels oor haar Bybelse roman, Die Galileërs. Helena Hugo vertel oor Verbly julle in die hoop, die tweede roman in ‘n reeks van drie. Wendy Maartens gesels oor Psalms vir kleingoed en joernalis en skrywer Deonette de Kock vertel meer oor die skryf van Prison Child die verhaal van Felicia Goosen, wat in ‘n tronk in Thailand gebore is, nadat haar ma Vanessa Goosen gevange geneem is vir die smokkel van dwelms in 1994.
Tue, 18 Jul 2023 - 1h 42min - 111 - Veerkragtige lewensritmes
Narratiewe berader, Faith Durie kuier in die ateljee. Dr. Gideon van der Watt gesels oor veerkragtige lewensritmes en Jennie Pretorius deel haar getuienis oor die pad wat sy moes stap met die heengaan van haar dogter.
Tue, 11 Jul 2023 - 1h 32min - 110 - Wikkel jou brein waywyd wakker
Neurowetenskaplike, dr Melodie de Jager, kuier in die ateljee en gesels oor breingesondheid van voor geboorte tot en met bejaardheid en hoe om jou brein wawyd wakker te hou en die volle potensiaal daarvan te benut.
Tue, 04 Jul 2023 - 1h 29min - 109 - Rede om te glimlag
In hierdie episode gesels Christine Ferreira met Retha Ingenbleek oor die SPAR Women’s Challenge Tshwane en hoekom ons altyd rede het om te glimlag, Kim Robertson Smith vertel meer oor die werk van die Smile Foundation en en Annie & Merrick van As deel hul getuienis oor hul seuntjie Joshua wat met ‘n gesplete verhemelte gebore is.
Tue, 27 Jun 2023 - 1h 27min - 108 - Bidkombers & Identiteitsankers
Jenny Pretorius, Marlene le Roux en Elmarie van der Merwe vertel meer oor ‘n spesiale gebedsbediening en lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor ons unieke identiteit in Christus en hoe om dit te ontgin.
Tue, 20 Jun 2023 - 52min - 107 - Uitdagings rondom die grootmaak van seunsTue, 13 Jun 2023 - 1h 31min
- 106 - Vroue van die Bybel
Esté Geldenhuys kuier in die ateljee en deel inspirasie oor dit wat ons by die vroue van die Bybel kan leer
Tue, 06 Jun 2023 - 54min - 105 - Die stem van die Herder
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met teoloog en Oos-Kaapse retreat leier, Deon Loots, oor die stem van die Herder. Leon Venter gesels oor die geloofvader, Andrew Murray, en die impak van hierdie geestelike reus op ons geloofslewe.
Tue, 16 May 2023 - 1h 26min - 104 - Met my hele hart en verstand
Stephan Joubert gesels oor die skakel tussen jou brein en jou geloof en musikant en sanger Estie Gross kuier in die ateljee.
Tue, 02 May 2023 - 1h 30min - 103 - SoberTue, 25 Apr 2023 - 1h 35min
- 102 - Olie vir jou lamp
In hierdie aflewering gesels joernalis en skrywer, Emsie Martin oor Olie vir jou lamp, Jimi le Roux gesels oor Hoop vir elke dag en Surita Scholtz leer ons om in vreugde en vertroue te leef. Elaine Baard vertel meer oor ‘n spesiale kunsgroep van gelowige vroue in die Gansbaai-omgewing.
Tue, 04 Apr 2023 - 1h 23min - 101 - Seeking God
During this episode Christine Ferreira welcomes author and preacher Trevor Hudson to the studio to discuss his latest book Seeking God Finding another kind of life with St. Ignatius and Dallas Willard.
Tue, 28 Mar 2023 - 1h 29min - 100 - Liefste Ma
Skrywer Wendy Maartens deel die lewens- en geloofslesse wat sy by haar ma en ouma’s geleer het. Marinda Engelbrecht vertel hoe besige ma’s met blikkies en pakkies kan kook en Lynette Beer gesels oor hoe om in moelike tye te bly vasbyt.
Tue, 09 May 2023 - 1h 32min - 99 - Van vrees na vredeTue, 18 Apr 2023 - 1h 28min
- 98 - Pad-predikant
Pastoor en musikant Arnold de Wet kuier in die ateljee. Gebedstapper Peet Bekker gesels oor die lewe op Lindley in die Vrystaat en hoe God in daardie deel van ons land aan die werk is.
Tue, 11 Apr 2023 - 1h 27min - 97 - Genesing vir trauma
Sielkundige, Yvonne Retief, kuier in die ateljee en gesels oor die genesing vian trauma, veral in die Suid-Afrikaanse konteks.
Tue, 14 Mar 2023 - 1h 34min - 96 - O Heer, ons bid vir ons land
Maretha Maartens gesels oor ‘n gebedsinisiatief vir ons land. Schalk van Heerden sê wees ‘n betereinder – wees die verskil en hy vertel hoe ons dit kan doen as gelowiges. En Barend Vos gesels oor sy jongste roman Kanaän.
Tue, 07 Mar 2023 - 1h 20min - 95 - Disleksie en meer
Sandra Stark van die Stark Griffin Dyslexia Academy in Vereeniging en Janetta van Niekerk en Jane Steenkamp van Die Krans Laerskool in Pretoria in die ateljee en word daar gesels oor disleksie en die hantering van hierdie en ander leerversteurings by leerders.
Tue, 29 Nov 2022 - 1h 32min - 94 - U ken my
Elize-Marie Müller vertel oor die ontdekking van jou identiteit in Christus. Lewensafrigter Amanda de Lange gesels met ons oor die stel van doelwittte en joernalis en skrywer Jeanne Els vertel meer oor haar boek Ons kyk na die donkiemaan Stories oor die lewe.
Tue, 13 Dec 2022 - 1h 35min - 93 - Gelykenisse van Jesus
Prof Cas Vos gesels oor die gelykenisse van Jesus en Ds Ronell Bezuidenhout vertel meer oor ‘n spesiale Lydenstydprojek.
Tue, 21 Feb 2023 - 1h 30min - 92 - Die liefde
In hierdie aflewering gesels predikant Rudi Swanepoel, skrywer Lizette Murray en rubriekskrywer Chante Hinds-Moller oor die liefde. Romanskrywer, Tertius Janse van Rensburg vertel meer oor sy nuwe Christelike roman, Aurora
Tue, 14 Feb 2023 - 1h 25min - 91 - Meer as oorwinnaars
Christine Ferreira gesels in hierdie aflewering met skrywer, Milanie Vosloo, oor hoe om donker tye te oorwin. Kunstenaar en musikant, Charlotte Jean gesels oor dieper vreugde en Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor die wêreldwaarneminglys wat pas bekendgestel is.
Tue, 07 Feb 2023 - 1h 34min - 90 - PsalmsTue, 17 Jan 2023 - 1h 29min
- 89 - Lekker & gesond
Christine Ferreira gesels in hierdie aflewering met twee bekende koskenners, kosredakteur en skrywer, Carmen Niehaus en met Iné Reynierse, praktisyn in funksionele diagnostiese voeding en skrywer van die gewilde Low Carb is lekker reeks kookboeke.
Tue, 31 Jan 2023 - 1h 39min - 88 - Kuns en kreatiewe joernale
Twee kunstenaars wat skilder en leef tot God se eer kuier in die ateljee; joernaalkunstenaar en musikant, Anel Stricker-Bessinger en skilder, Heidi McKay.
Tue, 24 Jan 2023 - 1h 37min - 87 - Dissipelskap
Prof Herman Bretyenbach gesels oor die brief aan die Filippense sowel as die Evangelie van Johannes. Deon Loots gesels oor die hart van dissipelskap en Elizabeth Botha van Geopende Deure deel nuus oor die Vervolgde kerk. Ons sluit ons program af met ‘n stiltetyd-meditasie deur Milanie Vosloo.
Tue, 06 Dec 2022 - 1h 30min - 86 - Maak dit 'n gesonde nuwe jaar
Voedingskundige Madalein Helm gesels oor hoe om jou gesondheid in die jaar wat voorlê voorop te stel.
Tue, 10 Jan 2023 - 1h 27min - 85 - Wat beteken geestesgesondheid in 2023?
Dr. Truida Botha en Dr. Johan Ferreira gesels oor hoe om jou geestesgesondheid in die jaar wat voorlê voorop te stel.
Tue, 03 Jan 2023 - 1h 29min - 84 - Ontmoet God in gebedTue, 08 Nov 2022 - 1h 29min
- 83 - Die lewe wat ek jou gegee het
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met geliefde skrywer Helena Hugo oor haar jongste roman Die lewe wat ek jou gegee het. Daarna vertel Mariana de Bruin oor hoe om God se skoonheid om jou te kan raaksien.
Tue, 01 Nov 2022 - 1h 28min - 82 - Talentvolle vroue
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met digter, Nadine Claassen, pottebakker Nicci Stewart, skoonheidskenner Mimmie Lancaster en hoedmaker Kinny Sinden-Combrink oor die onderskeie talente waarmee God elkeen van hulle geseën het en hoe hulle dit tot sy eer gebruik.
Tue, 25 Oct 2022 - 1h 32min - 81 - Ontmoet God in gebedTue, 18 Oct 2022 - 1h 26min
- 80 - Bybelmaand
Christine gesels in hierdie aflewering met Hennie Maritz en Christelle Combrink van Duis:lig. Berlise Lourens vertel oor die werk van die Christelike Lektuurfonds en ‘n Bybelprojek vir kinders wat vandeesmaand van stapel gestuur is en Jaco Stolz verteel meer oor die nuwe Profesie Bybel wat pas verskyn het.
Tue, 11 Oct 2022 - 1h 20min - 79 - Wanneer die liggaam rebelleer teen stres, verlies en pyn
Jaco Scholtz oor Die onsienlike wêreld van engele en prof Wentzel Coetser vertel meer oor Wanneer die liggaam rebelleer teen die vernietigende invloed van onderliggende stres, verliese en pyn.
Tue, 04 Oct 2022 - 1h 29min - 78 - Die God wat ons aanbidTue, 27 Sep 2022 - 1h 28min
- 77 - Pelgrimstog & depressie
Gebedstapper Peet Bekker gesels oor die nuwe Maluti Camino en ‘n spesiale staptog in die Uniondale-omgewing vir mense wat aan MS ly. Prediker en skrywer Ivor Swartz kuier in die ateljee
Tue, 20 Sep 2022 - 1h 35min - 76 - Jou nalatenskap
Gevul of vervul? Narratiewe berader, Faith Durie, bring Woord wat inspireer. Hendrik Steyn van die SA Raad vir blindes vertel oor die werk wat hulle onder siggestremde persone doen en Wouter Snyman kuier in die ateljee om oor testamente en meer te gesels. Ons sluit die program af met ‘n stiltetyd-meditasie deur Milanie Vosloo.
Tue, 13 Sep 2022 - 1h 25min - 75 - Piet Smit
Die beminde en immergroen sanger Piet Smit kuier in die ateljee en gesels oor die rigtingwysers op sy lewenspad en geloofsreis.
Tue, 06 Sep 2022 - 1h 19min - 74 - Doen jou deel om te help en bring so hoop
Skrywer en omgewingsbewuste-gelowige, Elize Parker, oor haar betrokkenheid by die redding van groot katte en ander wilde diere was gevange gehou word. Stella de Kock van Tell vertel meer oor die belangrikheid van familiegesprekke oor orgaanskenking en teoloog dr Johann Voges gesels met ons oor hoop.
Tue, 30 Aug 2022 - 1h 29min - 73 - Het ek my geloof verloor?
Lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor vergifnis. Pierre du Plessis vertel meer oor sy nuwe boek Het ek my geloof verloor? en Solet Scheeres gee raad oor hoe om as ouer verlies in jou kind se lewe te hanteer.
Tue, 23 Aug 2022 - 1h 30min - 72 - Jou kind en gebed
Karen Swart vertel oor hoe om God in die gewone te kan raaksien. Ewald van Rensburg gesels oor ‘n splinternuwe boek vir die jeug met gebed as tema, asook ‘n oulike nuwe kinderboek oor ‘n baie spesiale skapie. Bekende predikant, jeugberader en mede-skrywer, Siegfried Louw, gesels oor jou kind en gebed. En daarna gee kunstenaar en illustreerder Alistair Ackermann ons ‘n kykie op die werk van ‘n kinderboekillustreerder.
Tue, 16 Aug 2022 - 1h 25min - 71 - Vrouehelde
Tydens hierdie uitsending vier ons Vrouedag en gesels Christine met Elsje en Elsje Kritzinger, ‘n ma en dogter wat tekenend is van hoe gelowige vroue ten spyte van moeilike omstandighede in oorwinning kan lewe. Wendy Maartens gesels met ons oor ‘n paar uitsonderlike Suid-Afrikaanse vrouehelde.
Tue, 09 Aug 2022 - 1h 36min - 70 - Geseënd is dié wat treur
Susan Jordaan verteel meer oor ‘n splinternuwe boek met die titel Geseënd is dié wat treur. Ds Rudi Swanepoel gesels oor die impak van verlies en daarna kuier Susan Coetzer in die ateljee om te gesels oor haar jongste boek Blinde Mol of wyse uil, leef met integriteit.
Tue, 02 Aug 2022 - 1h 34min - 69 - Gesond van binne
Voedingskonsultant Madalein Helm kuier in die ateljee en word daar gesels oor jou gesondheid, immuniteit, stres en jou spysverteringstelsel.
Tue, 26 Jul 2022 - 1h 37min
Podcasts similar to Met Hart en Siel
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- Tiempo de Juego COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Dateline NBC NBC News
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- Espacio en blanco Radio Nacional
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Other Education Podcasts
- RSG Dokumentêr RSG
- TED Talks Daily TED
- The Learn Xhosa Podcast - Free with Makhosi UBuntu Bridge
- Real Narcos NOISER
- The Rest Is History Goalhanger
- After School Is After School With Sis G.U Gugulethu Nyatsumba
- BBC Podcast Luc Kara Hartley
- Real Dictators NOISER
- Historiquement vôtre - Stéphane Bern Europe 1
- History Extra podcast Immediate Media
- Radio Islam Radio Islam
- Depression Detox Show | Daily Inspirational Talks Malikee Josephs (Muh Leek - Jo Seffs)
- The Rich Roll Podcast Rich Roll
- Ikwekwezi FM Documentaries Ikwekwezi FM
- The Digital Sisterhood The Digital Sisterhood
- WDR Zeitzeichen WDR
- Practice Portuguese Rui Coimbra / Joel Rendall
- Entrez dans l'Histoire RTL
- Zimbabwe Sebastian06
- The Jordan B. Peterson Podcast Dr. Jordan B. Peterson