Nach Genre filtern
- 249 - Heinz & Alette Winckler geselsTue, 19 Nov 2024 - 1h 17min
- 248 - Johnny Davids deel sy hart
Die bekende televisie-aanbieder Johnny Davids deel sy hart oor die goue draad van guns en genade wat deur sy lewe loop. Milanie Vosloo gesels oor haar nuwe dagstukboek Kaalvoet Sielsgedagtes. En die bekende televisie-aanbieder
Tue, 12 Nov 2024 - 1h 23min - 247 - Breinontwikkeling by babas en lesse geleer by Madiba
Babagim-afrigter Cozette Laubser gesels oor Breinbeginsels vir pasgebore babas. Zelda la Grange vertel oor haar memoire What Nelson Mandela taught me.
Tue, 05 Nov 2024 - 1h 31min - 246 - Tieners en hul emosies
In hierdie aflewering word daar gesels oor tieners en hul emosionele welstand. Saun Fuchs hoof en stigter van Centennial Schools vertel meer oor hoe ons geestesgesondheid by kinders en tieners kan bevorder. Lewensafrigter Amanda de Lange vertel hoe jy jou kind kan “afrig” om hul volle potensiaal te bereik en kunsberader Armandina Adams deel wenke oor hoe om jou tiener te help om sy of haar emosies op ‘n gesonde manier te reguleer.
Tue, 29 Oct 2024 - 1h 37min - 245 - Joodse Feesdae
Pastoor Marielle de Vos en kreatiewe joernaalkunstenaar en entrepreneur, Karin Beukes, kuier in die ateljee en daar word onder meer gesels oor die afgelope Joodse feesdae, asook die skep van ‘n kreatiewe kunsjoernaal en Bybelstudieboek oor die Berge van die Bybel. Adeline Ashkenazi kom vertel meer oor haar buitengewone bediening/onderneming en liefde vir Israel.
Tue, 22 Oct 2024 - 1h 38min - 244 - Vroue en hul finansies
Finansiële adviseur Vanessa Zandberg kuier in die ateljee en word daar gesels oor vroue en hul finansies. Sonja Goldberg vertel meer oor haar jongste dagstukkieboek Kom saam Wysheid vir jou lewensreis.
Tue, 15 Oct 2024 - 1h 30min - 243 - Gelykenisse van Jesus
Prof Cas Vos gesels oor die gelykenisse van Jesus en Ds Ronell Bezuidenhout vertel meer oor ‘n spesiale Lydenstydprojek.
Tue, 21 Feb 2023 - 1h 30min - 242 - Die liefde
In hierdie aflewering gesels predikant Rudi Swanepoel, skrywer Lizette Murray en rubriekskrywer Chante Hinds-Moller oor die liefde. Romanskrywer, Tertius Janse van Rensburg vertel meer oor sy nuwe Christelike roman, Aurora
Tue, 14 Feb 2023 - 1h 25min - 241 - Meer as oorwinnaars
Christine Ferreira gesels in hierdie aflewering met skrywer, Milanie Vosloo, oor hoe om donker tye te oorwin. Kunstenaar en musikant, Charlotte Jean gesels oor dieper vreugde en Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor die wêreldwaarneminglys wat pas bekendgestel is.
Tue, 07 Feb 2023 - 1h 34min - 240 - Lekker & gesond
Christine Ferreira gesels in hierdie aflewering met twee bekende koskenners, kosredakteur en skrywer, Carmen Niehaus en met Iné Reynierse, praktisyn in funksionele diagnostiese voeding en skrywer van die gewilde Low Carb is lekker reeks kookboeke.
Tue, 31 Jan 2023 - 1h 39min - 239 - Kuns en kreatiewe joernale
Twee kunstenaars wat skilder en leef tot God se eer kuier in die ateljee; joernaalkunstenaar en musikant, Anel Stricker-Bessinger en skilder, Heidi McKay.
Tue, 24 Jan 2023 - 1h 37min - 238 - PsalmsTue, 17 Jan 2023 - 1h 29min
- 237 - Maak dit 'n gesonde nuwe jaar
Voedingskundige Madalein Helm gesels oor hoe om jou gesondheid in die jaar wat voorlê voorop te stel.
Tue, 10 Jan 2023 - 1h 27min - 236 - Wat beteken geestesgesondheid in 2023?
Dr. Truida Botha en Dr. Johan Ferreira gesels oor hoe om jou geestesgesondheid in die jaar wat voorlê voorop te stel.
Tue, 03 Jan 2023 - 1h 29min - 235 - Dissipelskap
Prof Herman Bretyenbach gesels oor die brief aan die Filippense sowel as die Evangelie van Johannes. Deon Loots gesels oor die hart van dissipelskap en Elizabeth Botha van Geopende Deure deel nuus oor die Vervolgde kerk. Ons sluit ons program af met ‘n stiltetyd-meditasie deur Milanie Vosloo.
Tue, 06 Dec 2022 - 1h 30min - 234 - Ontmoet God in gebedTue, 08 Nov 2022 - 1h 29min
- 233 - Die lewe wat ek jou gegee het
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met geliefde skrywer Helena Hugo oor haar jongste roman Die lewe wat ek jou gegee het. Daarna vertel Mariana de Bruin oor hoe om God se skoonheid om jou te kan raaksien.
Tue, 01 Nov 2022 - 1h 28min - 232 - Talentvolle vroue
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met digter, Nadine Claassen, pottebakker Nicci Stewart, skoonheidskenner Mimmie Lancaster en hoedmaker Kinny Sinden-Combrink oor die onderskeie talente waarmee God elkeen van hulle geseën het en hoe hulle dit tot sy eer gebruik.
Tue, 25 Oct 2022 - 1h 32min - 231 - Ontmoet God in gebedTue, 18 Oct 2022 - 1h 26min
- 230 - Bybelmaand
Christine gesels in hierdie aflewering met Hennie Maritz en Christelle Combrink van Duis:lig. Berlise Lourens vertel oor die werk van die Christelike Lektuurfonds en ‘n Bybelprojek vir kinders wat vandeesmaand van stapel gestuur is en Jaco Stolz verteel meer oor die nuwe Profesie Bybel wat pas verskyn het.
Tue, 11 Oct 2022 - 1h 20min - 229 - Wanneer die liggaam rebelleer teen stres, verlies en pyn
Jaco Scholtz oor Die onsienlike wêreld van engele en prof Wentzel Coetser vertel meer oor Wanneer die liggaam rebelleer teen die vernietigende invloed van onderliggende stres, verliese en pyn.
Tue, 04 Oct 2022 - 1h 29min - 228 - Die God wat ons aanbidTue, 27 Sep 2022 - 1h 28min
- 227 - Pelgrimstog & depressie
Gebedstapper Peet Bekker gesels oor die nuwe Maluti Camino en ‘n spesiale staptog in die Uniondale-omgewing vir mense wat aan MS ly. Prediker en skrywer Ivor Swartz kuier in die ateljee
Tue, 20 Sep 2022 - 1h 35min - 226 - Jou nalatenskap
Gevul of vervul? Narratiewe berader, Faith Durie, bring Woord wat inspireer. Hendrik Steyn van die SA Raad vir blindes vertel oor die werk wat hulle onder siggestremde persone doen en Wouter Snyman kuier in die ateljee om oor testamente en meer te gesels. Ons sluit die program af met ‘n stiltetyd-meditasie deur Milanie Vosloo.
Tue, 13 Sep 2022 - 1h 25min - 225 - Piet Smit
Die beminde en immergroen sanger Piet Smit kuier in die ateljee en gesels oor die rigtingwysers op sy lewenspad en geloofsreis.
Tue, 06 Sep 2022 - 1h 19min - 224 - Doen jou deel om te help en bring so hoop
Skrywer en omgewingsbewuste-gelowige, Elize Parker, oor haar betrokkenheid by die redding van groot katte en ander wilde diere was gevange gehou word. Stella de Kock van Tell vertel meer oor die belangrikheid van familiegesprekke oor orgaanskenking en teoloog dr Johann Voges gesels met ons oor hoop.
Tue, 30 Aug 2022 - 1h 29min - 223 - Het ek my geloof verloor?
Lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor vergifnis. Pierre du Plessis vertel meer oor sy nuwe boek Het ek my geloof verloor? en Solet Scheeres gee raad oor hoe om as ouer verlies in jou kind se lewe te hanteer.
Tue, 23 Aug 2022 - 1h 30min - 222 - Jou kind en gebed
Karen Swart vertel oor hoe om God in die gewone te kan raaksien. Ewald van Rensburg gesels oor ‘n splinternuwe boek vir die jeug met gebed as tema, asook ‘n oulike nuwe kinderboek oor ‘n baie spesiale skapie. Bekende predikant, jeugberader en mede-skrywer, Siegfried Louw, gesels oor jou kind en gebed. En daarna gee kunstenaar en illustreerder Alistair Ackermann ons ‘n kykie op die werk van ‘n kinderboekillustreerder.
Tue, 16 Aug 2022 - 1h 25min - 221 - Vrouehelde
Tydens hierdie uitsending vier ons Vrouedag en gesels Christine met Elsje en Elsje Kritzinger, ‘n ma en dogter wat tekenend is van hoe gelowige vroue ten spyte van moeilike omstandighede in oorwinning kan lewe. Wendy Maartens gesels met ons oor ‘n paar uitsonderlike Suid-Afrikaanse vrouehelde.
Tue, 09 Aug 2022 - 1h 36min - 220 - Geseënd is dié wat treur
Susan Jordaan verteel meer oor ‘n splinternuwe boek met die titel Geseënd is dié wat treur. Ds Rudi Swanepoel gesels oor die impak van verlies en daarna kuier Susan Coetzer in die ateljee om te gesels oor haar jongste boek Blinde Mol of wyse uil, leef met integriteit.
Tue, 02 Aug 2022 - 1h 34min - 219 - Gesond van binne
Voedingskonsultant Madalein Helm kuier in die ateljee en word daar gesels oor jou gesondheid, immuniteit, stres en jou spysverteringstelsel.
Tue, 26 Jul 2022 - 1h 37min - 218 - Hoe om die regte laerskool vir jou kind te vind
Die hoof van Laerskool Die Krans en Kransjakkers in Pretoria, Janetta van Niekerk en mentor en fassiliteerder Lieneke Neethling kuier in die ateljee en word daar gesels oor jou laerskool- en voorskoolse kind en skool.
Tue, 19 Jul 2022 - 1h 31min - 217 - Hoe om kinders met karakter groot te maak
Blogger, ma, voormalige Mev. Verenigde Nasies Kona Brown vertel oor hoe om kinders met karakter en moed groot te maak. Arbeidsterapeut Adrinet de Bod gesels oor die uitdagings en vreugdes van ma-wees en Hannes Pretorius vertel meer oor ‘n nuwe dissipelskool in Mosselbaai vir jong volwassenes.
Tue, 12 Jul 2022 - 1h 33min - 216 - Nuut op die rak
Uitgewer Veronica Scholtz gesels oor die jongste boeke uit die LUCA Christelike-uitgewerstal. An-Mari do Carmo vertel meer oor haar debuutboek Toe als groen was en Jan Vermeulen gesels oor jeugroman Hoeveel tande het ‘n engel? Om die program mee af te sluit gesels voormalige lid van die sanggroep NaviRedd, Dawie de Villiers, oor ‘n nuwe voedingsprojek wat van stapel gestuur is.
Tue, 05 Jul 2022 - 1h 30min - 215 - Dink nuut
Dr Melodie de Jager deel insigte oor die wonder van die brein en gee raad en wenke oor hoe om jou denke te vernuwe en so jou lewe te verander.
Tue, 28 Jun 2022 - 1h 39min - 214 - Oorwinning oor trauma
Itha Kieser deel wat haar uitsonderlike verhaal en getuinenis na die dood van haar gesin. Elmarie Murphy van die Kameeldrift Trauma Ondersteuningsentrum vertel meer oor die werk wat hulle doen, danser Leonie Erasmus gesels oor hoe om tot eer van God te dansend te bly leef ten spyte van seerkry en berader Nicky Dickson gee kosbare raad hoe om invloed van trauma op ons welstand, te hanteer.
Tue, 14 Jun 2022 - 1h 37min - 213 - Tot sy eer
Christine Ferreira gesels met Christine Capendale oor bak vir profyt én plesier, boervrou Stephanie van Rensburg van Prieska vertel oor haar bergbediening, skrywer Anoeschka von Meck gesels oor haar jongste boek Net voor die droogte my breek en Elizabeth Botha vertel meer oor Vervolgingsondag. Bly gerus ingeskakel vir sielskos en inspirasie.
Tue, 07 Jun 2022 - 1h 34min - 212 - Om uit die as te verrys
Christine Ferreira met Retha Ingenbleek oor vanjaar se SPAR Virtual Women’s Challenge en die spesiale tema wat aan hierdie padwedloop vir vroue gekoppel is. En drie uitsonderlike vroue, Louzanne Coetzee, Yolanda Bukani en Anruné Weyers vertel hoe hulle bo hulle omstandighede uitgestyg het as méér as oorwinnaars.
Tue, 31 May 2022 - 1h 36min - 211 - Wees 'n dissipel
Rian Swart oor dissipelskap en lewensafrigter Amanda de Lange vertel meer oor hoe om verandering in jou lewe te navigeer.
Tue, 17 May 2022 - 1h 39min - 210 - "Die Jirre is my wagter"
Jaco Strydom gesels oor sy nuwe boek Alle Sondaars welkom. Skrywer Elias P. Nel vertel oor sy jongste bundel Die Jirre is my wagter en musiekkenner Karien Pretorius vertel meer oor die besonderse rol van musiek in die kerk.
Tue, 10 May 2022 - 1h 36min - 209 - Huisgeloof & Traumabande
Ds. Maartje van der Westhuizen gesels oor die Huisgeloof-reeks vir gesinne wat help om gesinne se geloof te verdiep en te laat groei en Prof. Wentzel Coetzer vertel oor traumabande en hoe om herstel en bevryding hiervan te beleef.
Tue, 03 May 2022 - 1h 38min - 208 - God se wonderbaarlike genesingskrag
Christine Ferreira gesels met sanger Retief Burger en Dr Isak Burger vertel oor die wonderbaarlike genesingskrag van God.
Tue, 26 Apr 2022 - 1h 42min - 207 - Dis verhoudings wat tel
Christine Ferreira gesels met predikant en skrywer, Johan Smith oor die impak van verhoudings na aanleiding van sy jongste boek Volkleur Vreugde in verhoudings. Maretha Maartens gesels oor haar nuwe jeugroman Toe ons in Ghrieshuis was en die sangpaar Jacques & Elizabeth deel hul getuienis en vertel meer oor hul jongste treffer.
Tue, 19 Apr 2022 - 1h 36min - 206 - Kosbare samesyn
Elmarie Berry gesels oor die kuns van kosmaak en mooi tafeldek, Cherize Hoogendyk (vrou van Elvis Blue) vertel meer oor hoe dié twee van hulle ‘n bus in ‘n woonplek verander het. Liza Nel van Highway Ministry SA vertel meer oor die werk wat hulle doen.
Tue, 12 Apr 2022 - 1h 35min - 205 - Parapleeg-driekampatleet Alwyn Uys gesels oor sy outobiografie
Tydens hierdie aflewering deel parapleeg-driekampatleet Alwyn Uys sy getuienis en vertel meer oor sy outobiografie, Ongeskonde. Louise Viljoen deel wenke oor hoe om as gesin tyd saam met God deur te bring.
Tue, 05 Apr 2022 - 1h 34min - 204 - Blommevroue
Christine Ferreira gesels met die Blommevroue, Karien Greeff, Christa Calitz en Petrie Ehlers, drie jong vroue wat die lewe vir ander mooimaak en ‘n verskil in ander vroue se lewens maak deur hul werk. Boets Nel van De Krans in die Calitzdorp-omgewing vertel ons meer oor die geskiedenis van hierdie landgoed en die impak van die Blossom-projek op hul omgewing.
Tue, 29 Mar 2022 - 1h 26min - 203 - Ontdek 'n dieper verhouding met God
Christine Ferreira gesels met Mart-Marie Schoeman oor haar boek Op reis met God 40 Ontdekkingsreise vir ‘n dieper verhouding met God. Predikant en skrywer, Johann Voges, gesels oor sy jongste boek Anderkant twyfel kreukelgedagtes oor lewe en dood en die impak van verlies.
Tue, 22 Mar 2022 - 1h 34min - 202 - Rut & Boas
Christine Ferreira gesels met predikant en skrywer, Barend Vos, oor sy jongste boek Rut & Boas ‘n Liefdesverhaal. Pastoor Mariëlle de Vos deel interessante insigte oor hierdie Bybelvrou ter aansluiting. Daarna gesels Helena Hugo oor haar jongste roman Geloof soos ‘n mosterdsaadjie. En Christelle Webb-Joubert vertel meer oor die Lekkerluister-projek vir kleingoed.
Tue, 15 Mar 2022 - 1h 38min - 201 - Hoop te midde van die stryd
Christine Ferreira gesels met narratiewe berader Faith Durie oor seën en vernuwing. Gebedstapper Peet Bekker deel sy jongste stapnuus en dr. Francois Sieberhagen van die Bybelgenootskap vertel meer oor die situasie onder gelowiges in die Oekraïne. Ons sluit die program af met ‘n gesprek met skrywer Maretha Maartens en medeskrywer Magda Slabbert oor hul buwe boek Klankgrens ‘n Oorlog teen geloof en hoop wat pas verskyn het en die verhaal en nadraai van die Bosoorlog vanuit die perspektief van die vrou by die huis vertel.
Tue, 08 Mar 2022 - 1h 39min - 200 - Hoop vir stukkende en moedelose (jong) mense
Christine Ferreira gesels met prediker Ronell Bezuidenhout oor die gebruike van Lent of die Lydenstyd. Leigh-Anne Hill vertel oor hoe om vrees te oorwin en teoloog en berader, professor Wentzel Coetzer gesels oor stukkende en moedelose jongmense en hoe om hoop en heling in hulle lewens te bewerkstellig.
Tue, 01 Mar 2022 - 1h 43min - 199 - Deel jou storie
Christine Ferreira gesels met skrywer Lizette Murray oor haar jongste boek My hart se baie punte Hartstories vir elke ma. Elizma Esterhuyse en Zenobia Mouton vertel meer oor hulle projek Her Unspoken Truth wat hulp bied aan vroue wat aanranding blootgestel was. Mariana van der Merwe en haar skoonsus Cené de Wit gesels oor MyStories, hul onderneming wat verpersoontlike boeke vir kinders ontwerp en druk.
Tue, 22 Feb 2022 - 1h 39min - 198 - Geestelike groei
Christine Ferreira gesels met skrywer en letterkundige Chris van der Merwe oor sy boek Die net is gebreek Gebed die weg na vrede en vervulling. Onderwyseres Vinkie Schaap van Centurion vertel oor ‘n voedingskema wat sy in Munsiville bedryf en Stephan Joubert gesels oor sy jongste dagstukkieboek In die Teenwoordigheid van die Allerhoogste ‘n jaar van geestelike groei sowel as hoe om die regte pad te vat en jou eie, unieke gewone lewe voluit vir die Here te leef.
Tue, 15 Feb 2022 - 1h 40min - 197 - Kom ons praat oor die huwelik
Christine Ferreira gesels met egpaar Heinz & Alette Winckler oor hulle nuwe boek Kom ons praat oor die huwelik. Sielkundige dr Truida Botha gesels oor hoe om jou huwelik sterk en gesond te hou en daar word onder meer na dié dinge wat ons huwelike onder druk plaas, gekyk.
Tue, 08 Feb 2022 - 1h 39min - 196 - Hy maak ons heel
Christine Ferreira gesels met berader dr. Erika Hitge oor hoe om gelukkig te kan leef. Carli Labuschagne vertel meer oor haar boek Breekbaar wat deur ware gebeure geïnspireer is en Ciska Tait gesels oor Hoop Van siekwees na gesondword. Bly gerus ingeskakel vir sielskos en inspirasie.
Tue, 01 Feb 2022 - 1h 38min - 195 - Om met geloof te leef
Christine Ferreira gesels met Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suid-Afrika oor die Wêreldwaarnemingslys 2022 wat pas bekend gemaak is en word daar onder meer gesels oor die wêreldwye toename in die vervolging van Christene. Daarna kom skrywer, Maretha Maartens, aan die beurt en is die onderwerp van die gesprek die uitdagings wat vroue beleef en die antwoorde wat in die Skrif opgesluit lê.
Tue, 25 Jan 2022 - 1h 43min - 194 - Soos Petrus
Christine Ferreira gesels met egpaar Yolandi & Org van der Wath oor die voedingsprojekte waarby hulle betrokke is. Kunstenaar, Nicolene Jordaan van Kakamas vertel oor die Vader se hand in haar kunsonderneming en boervrou en skrywer Chante Hinds-Möller deel nuus uit die hartjie van die Karoo.
Tue, 18 Jan 2022 - 1h 38min - 193 - Sonneblomjaar
Christine Ferreira gesels met Susan Coetzer oor haar nuwe dagstukkieboek ‘n Sonneblom vir elke dag, Marinda Engelbrecht vertel oor haar jongste kookboek spesiaal vir kinders en lewensafrigter Amanda de Lange gee riglyne oor hoe om die suur van die lewe in soet omskep.
Tue, 11 Jan 2022 - 1h 43min - 192 - Kyk hierdie flieks en TV-reekse die feestyd
Christine Ferreira gesels met Yolandi van der Wath oor die Pelgrimstog van hoop, ‘n plaaslike caminostaptog in die Suid-Kaap. Schalk Schoombie gee idees gee waarna om te kyk as dit kom by flieks en TV-reekse dié vakansie en sielkundige, Dr Truida Botha gesels oor dié dinge wat moontlik ons emosionele vrede in die Feestyd kan steel en hoe om dit te voorkom.
Tue, 07 Dec 2021 - 1h 37min - 191 - 'n Lewe na God se wil
Christine Ferreira gesels met predikant, Dave Viljoen, oor die vervulling wat ‘n gestuurde lewe bring aan die hand van Barnabas en Paulus se lewens. Prediker en skrywer, Trevor Hudson, gesels met oor hoe om God se wil vir jou lewe te ontdek.
Tue, 30 Nov 2021 - 1h 42min - 190 - Bybelargief en meer
Christine Ferreira gesels met Lynette Leibach, die nuwe uitvoerende hoof van Geopende Deure. Dr. Andrew Kok vertel meer oor die NG kerk se Argief op Stellenbosch, Lisel Joubert gesels oor die ryk geskiedenis van vroue in die bediening na aanleiding van die boek Randfigure en Mari Joubert vertel meer oor die wêreld se grootste Bybel video-biblioteek.
Wed, 17 Nov 2021 - 1h 26min - 189 - Krag vir elke dag
Christine Ferreira gesels met Milanie Vosloo oor haar nuwe dagstukboek Krag vir elke dag, Sua du Plessis vertel meer oor die ToeligtingsBybel, Bertha le Roux-Wahl kuier saam en Angus Buchan gesels oor sy nuwe dagstukboek All that I need.
Tue, 16 Nov 2021 - 1h 23min - 188 - Parkinsonsiekte
Christine Ferreira gesels met skrywer, Erika Murray-Theron oor haar jongste boek Kom ons loop weg waarin sy haar hart deel oor haar en haar man se pad met Parkinsonsiekte. Arbeidsterapeut, Caretha Bronkhorst, gee raad oor die hantering van persone wat aan Alzheimer se siekte lei en teoloog en berader, Prof Wentzel Coetzer, vertel meer oor die omvang en invloed van Parkinsonsiekte en demensie.
Tue, 09 Nov 2021 - 1h 40min - 187 - In gesprek
Christine Ferreira gesels met ds Ronell Bezuidenhout oor haar interessante landswye bediening. Ds. Rudi Swanepoel vertel meer oor ‘n projek wat ons anders laat kyk en dink wat hy saam met Ivor Swartz aanbied. Ina Bonette deel haar verhaal van oorwinning, genade en genesing as slagoffer van die Modimolle-monster na aanleiding van haar nuwe boek Ina ‘n Verhaal van genade en genesing
Tue, 02 Nov 2021 - 1h 38min - 186 - Vir die kinders
Christine Ferreira gesels met predikant, musikant, skrywer en spelterapeut, Siegfried Louw, oor sy Ligland-reeks kinderboeke en word dié dinge waarmee ons kleingoed op die oomblik sukkel soos angstigheid en alleenheid en hoe om dit te hanteer, bespreek. Kinderboekskrywer Jenna Northwood gesels oor haar reeks boeke vir kleingoed Vrugte van die Gees en Wendy Maartens vertel meer oor Jeremia en die amandelboom en Letters en Syfers uit die Bybel.
Tue, 26 Oct 2021 - 1h 37min - 185 - Die tint van ons toekoms
Christine Ferreira gesels metJohan Cilliers oor sy boek Die tint van ons toekoms Padlangse gesprekke oor Psalms, Willem Nicol vertel meer oor nuwe en verrassende ontmoetings met God. Faith Durie gesels oor die woordjie ‘gee’ en die vele betekenisse wat dit vir ons as gelowiges inhou.
Tue, 12 Oct 2021 - 1h 37min - 184 - Selfvertroue
Christine Ferreira gesels met Rolene Strauss oor haar nuwe boek Herontdek jou selfvertroue Sewe stappe na ‘n nuwe jy. Narratiewe berader, Faith Durie, deel wysheid uit die Skrif oor die outorititeitposisie wat ons as gelowiges beklee. En skrywer, Helena Hugo, vertel meer oor haar jongste roman
Tue, 05 Oct 2021 - 1h 39min - 183 - Tuisonderrig
Christine Ferreira gesels met Louise Schoonwinkel oor ‘n nuwe aanlynskool wat onlangs bekend gestel is, afgetrede onderwyseres Petra Bruger gesels oor die wel en wee van skoolhou. Marie Prinsloo van Glencairn in die Kaap is ‘n ma wat haar ervaringe rondom tuisonderrig met ons deel en predikant en boekredakteur Rethie van Niekerk vertel oor leesgoed vir kleingoed
Tue, 28 Sep 2021 - 1h 35min - 182 - Emosionele logika & selfvergifnis
Christine Ferreira gesels met maatskaplike werker en emosionele logika afrigter, Annette de La Porte, oor die oor die rol van emosies en emosionele logika in ons daaglikse omgang met onsself en ander. Teoloog, akademikus en berader, Prof Wentzel Coetzer, gesels met ons oor selfvergifnis en waarom dit so moeilik en belangrik is om onsself te kan vergewe.
Tue, 21 Sep 2021 - 1h 41min - 181 - Oor grense heen
Christine Ferreira gesels met Leoni Bouwer, ‘n Suid-Afrikaanse Bybelvertaler van Madagaskar, sowel as met Annatjie Cilliers is ‘n verpleegsuster wat regoor die wêreld vir ‘n humanitêre organisasie werk. Lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor die belangrikheid van gesonde grense in ons persoonlike lewe.
Tue, 14 Sep 2021 - 1h 39min - 180 - Wees gelukkig en gesond
Christine Ferreira gesels oor gesondheid en welstand en is neurofisioloog, Anri van Rooyen en geneeskundige, dr. Arien van der Merwe die gaste tydens hierdie uitsending. Verpleegkundige, Mari-Louise Durr, gesels oor die genesende krag van aromatiese olies en háár boek Healing the brokenhearted a Guided Journal.
Tue, 07 Sep 2021 - 1h 37min - 179 - Als Is Nie Net Swart En Wit Nie
Christine Ferreira gesels met joernalis en sanger-liedjieskrywer, Malvory Adams, oor sy boek "Als Is Nie Net Swart En Wit Nie." Prof Wentzel Coetzer vertel meer oor die verskil wat die uitdeel van seën aan jou kinders en ander se lewens maak.
Tue, 31 Aug 2021 - 1h 39min - 178 - Leef jou lied!
Christine Ferreira gesels met skrywer Elsa Winckler, daar word vertel oor die #Brei vir Kansa-projek en Amanda de Lange leer meer oor die stel van grense in jou verhoudings.
Tue, 24 Aug 2021 - 1h 38min - 177 - Vriendelikheid verander harte
Christine Ferreira gesels met sakevrou Carina Franck oor haar spesiale verbintenis met die Kalahari, Andries Cilliers gesels oor 100 dae van vriendelikheid en hoe ons die alledaagse kan gebruik om sagkens heel te maak en van Retha Ingenbleek vertel meer oor #living limitless die slagspreuk van vanjaar se SPAR Virtual Womens’Challenge wat binnekort plaasvind.
Tue, 17 Aug 2021 - 1h 37min - 170 - Die krag van gebed
In hierdie aflewering kuier Apostel Jantjies van Unlocking the Treasures Prayer Network in die ateljee om oor sy bediening te gesels. Lewensafrigter, kuns- en trauma-berader en kunstenaar Armandina Adams vertel meer oor die werk wat sy doen om genesing in ander se lewens te bewerkstellig.
Tue, 08 Oct 2024 - 1h 32min - 169 - Hoop? Vir seker!
In hierdie aflewering gesels Dr Braam Hanekom oor hoe om uit die hok van armoede te ontsnap. En Trudie Badenhorst kuier in die ateljee om te sê Hoop? Vir seker!
Tue, 01 Oct 2024 - 1h 33min - 168 - Met Hart en Siel - 24 Sept 2024
Christine gesels met Susan Coetzer oor haar nuwe boek "Lekkergoed vir die lewe". Daarna gesels sy met Irma Raspel oor haar boek "Die mak maniere van wilde diere". En dan gesels Christine met Jan Braai oor sy nuwe boek "Atmosvuur"
Tue, 24 Sep 2024 - 1h 40min - 167 - Met Hart en Siel - 17 Sept 2024
Christine Ferreira gesels vanoggend met Helena Van Der Westhuizen oor die gebruik van natuurlike bestandele in skoonheidsmiddele. Daarna is Magriet Groenewald aan die woord oor ken jou waarde as vrou. Louise Holts gesels oor hoe om jou lugbraaier te benut en dan sluit die program af met Peet Bekker en Melanie Vosloo se insette
Tue, 17 Sep 2024 - 1h 25min - 166 - Este Geldenhuys - nuwe boek
Christine gesels vanoggend met Este Geldenhuys oor haar nuwe boek "God knows you" en Faith Durie gaan deel oor die impak van jou storie op jou geloofs-lewe. Peet en Melanie Bekker deel ook hul stories en oordenking.
Tue, 10 Sep 2024 - 1h 35min - 165 - Klim jou berg
Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor emosionele genesing. Marlien Cronje vertel meer oor ‘n groep vroue wat Kilimanjaro later vanjaar gaan aandurf ter wille van kinders wat swaarkry en Esti Stewart gesels oor die Baviaans Camino en wat dié staptog aan jou siel sal doen.
Tue, 03 Sep 2024 - 1h 31min - 164 - Nogtans-geloof
In hierdie aflewering gesels die geliefde kunstenaar, Portchie, oor sy memoir en Ivor Swartz vertel wat nogtans-geloof beteken.
Tue, 27 Aug 2024 - 1h 32min - 163 - Kreatief & gesond
Joernaalkunstenaar, Anel Stricker-Bessinger, gesels oor kreatiewe rus en kosskrywer, Vickie de Beer, vertel meer oor 'n nuwe leefstylgids vir diabete.
Tue, 20 Aug 2024 - 1h 34min - 162 - Met integriteit
In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met Sarah Portal oor hoe jou kleinding van God se nabyheid te leer. Gary Power gesels oor hoe om met integriteit te leef en ds Rudi Swanepoel van die Aan-die-berg-gemeente in Northcliff, Johannesburg kuier in die ateljee.
Tue, 13 Aug 2024 - 1h 35min - 161 - Ter wille van sy Naam
Elizabeth Botha, mediabeampte van Geopende Deure, vertel oor die Arise Africa veldtog. Berkoonde kinder- & jeugboekskrywer, De Wet Hugo, gesels oor sy liefde vir skryf en die lewe as laerskool-onderwyser in China. En die legendariese Sonja Herholdt kuier in die ateljee.
Tue, 06 Aug 2024 - 1h 34min - 160 - In en uit die buiteland
In hierdie aflewering word daar gesels met Kenneth de Heyn, ‘n Belgiese sendeling wat hom in Hoopstad in die Vrystaat kom tuismaak het. Lizette Murray vertel meer oor ‘n kuier by haar kinders wat in Kanada woon en die impak wat kinders wat ver bly op ouers en grootouers het. Botaniese skilder Daleen Roodt gesels oor ‘n spesiale oorsese uitstalling in Engeland waaraan sy deelgeneem het en die wonderwerke wat hierdie uitstalling voorafgegaan het.
Tue, 30 Jul 2024 - 1h 37min - 159 - Kom eenkant met 'n boek
Ds Jaco Strydom kuier in die ateljee om oor sy eerste roman Daka te gesels. Farren Cloete, die dominee van die pienk kerk op Lambertsbaai, vertel meer oor Geroep vir ‘n tyd soos hierdie. Gebedstapper, Peet Bekker, bring ‘n boodskap vir oud-soldate en Milanie Vosloo sluit die program af met ‘n stiltetyd-meditasie.
Tue, 23 Jul 2024 - 1h 31min - 158 - Maak jou merk
In hierdie aflewering gesels skrywer, Wendy Maartens, oor haar jongste reeks kinderboeke met ‘n boodskap. Esther Taljaard vertel meer oor hul opleidingskool vir digitale bediening en die rol van sosiale media in die uitdra van die boodskap van Jesus. Brandt Coetzee gesels oor ‘n koffiedrankie wat van die peul van ‘n indringerboom gemaak word en Letsie van der Bank gesels oor die Radiokansel-vroueoggend wat op 23 Augustus plaasvind.
Tue, 16 Jul 2024 - 1h 31min - 157 - Seisoene, storms en woestyne
In hierdie aflewering gesels Chris van der Merwe oor grenselose genade en dr. Isak Burger vertel meer oor die seisoene, storms en woestyne in ons lewens en hoe ons as gelowiges daarop reageer.
Tue, 09 Jul 2024 - 1h 30min - 156 - Berge in die Bybel Deel 2Tue, 02 Jul 2024 - 1h 30min
- 155 - Genesing vir kinderjare-trauma
Pastoor Natasja Kotzé van Doxa Deo gesels oor die werk wat hulle gemeente onder vroue doen. Retha Ingebleek vertel meer oor ‘n spesiale gebedsgeleentheid tydens vanjaar se SPAR Women’s Challenge Tshwane en Prof Wentzel Coetzer gesels oor kinderjare-trauma te midde van ‘n milieu van verslawing.
Tue, 18 Jun 2024 - 1h 38min - 154 - Berge in die Bybel Deel 1Tue, 11 Jun 2024 - 1h 37min
- 153 - Sien Hom oral raak
Ds Tom Smith kuier in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Elodi Naude deel haar besonderse getuienis oor hoe sy en haar gesin die stadslewe vir die lewe op die platteland verruil het en skrywer Kristel Loots vertel meer oor haar jongste Christelike roman Vroue met vlerke.
Tue, 04 Jun 2024 - 1h 34min - 152 - Hoe moet ouers kinders met leerblokkasies hanteer?
Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee en word daar gesels oor wat as my kind “anders” is en ons kyk onder meer na outisme, disleksie, aandag-afleibaarheid, leerblokkasies en meer.
Tue, 25 Jun 2024 - 1h 28min - 151 - Om 'n ma te kan wees
Stefani Ernst en Judith Kamffer kuier in die ateljee en deel hulle besonderse getuienisse rondom ma-wees. Daar is ‘n boodskap vanaf gebedstapper, Peet Bekker, en ons sluit af met ‘n stiltetyd meditasie deur Milanie Vosloo.
Tue, 28 May 2024 - 1h 36min - 150 - Hoe om jou kind te help floreer
Hanneke Mackie kuier in die ateljee om te gesels oor hoe sing, dans en drama ‘n verskil in jongmense se lewe kan maak. Kinderboekskrywer, Zuleka Smit, gesels met ons oor haar jongste reeks Christelike boeke vir kinders en Erich Posthumus vertel on meer oor die Godly Revolution byeenkoms vir die jongklomp wat op die 14e Junie plaasvind.
Tue, 14 May 2024 - 1h 34min - 149 - Die waarde van 'n ma
Chante Hinds-Moller gesels oor die waarde van ‘n ma op ‘n Karooplaas. Mari le Roux gesels oor haar ma, skrywer Mariël le Roux, se jongste boek Donkertyd My naam is Tina en Hettie Brittz vertel meer oor hoe om kinders met karakter te kweek.
Tue, 07 May 2024 - 1h 37min - 148 - Maak jou wêreld 'n mooier plek
Nadine Vosloo, gesels oor die kuns van krytverf en hoe om jou wêreld ‘n mooier plek te maak. Tekstielkunstenaar, Alice Tindall, deel haar getuienis en vertel meer haar kuns.
Tue, 30 Apr 2024 - 1h 34min - 147 - Vind God in die gewone
In hierdie aflewering kuier ds Tom Smith in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Ronel Horak vertel meer oor die Tierlantynkies Kuier & Koopmark wat eersdaags plaasvind en hoe ons God deur ons werk en passie kan eer.
Tue, 23 Apr 2024 - 1h 31min - 146 - In die wolk van sy Teenwoordigheid
Pastoor Marielle de Vos kuier in die ateljee en gesels oor die besonderse plek van lofprysing in ‘n gelowige se lewe.
Tue, 16 Apr 2024 - 1h 29min - 145 - Balsem vir lyf en siel
In hierdie aflewering gesels Trudi Kasselman oor die geurige Ruah Kruiereeks-lyfprodukte, Madeleine Rootman deel haar getuienis oor haar reeks Gesalfde-lyfprodukte en Beatri Joubert gesels oor Balsem en die voordele wat turksvypit-olie vir die vel inhou.
Tue, 09 Apr 2024 - 1h 32min - 144 - Jabulani
Adine Roode, direkteur en hoof van Jabulani Safari Lodge, kuier in die ateljee om meer te vertel oor dié wildreservaat in die groter-Kruger wat al meer as 20 jaar by die bewaring van olifante betrokke is. Daarna vertel digter, teoloog en skrywer, Prof. Cas Vos meer oor sy jongste digbundel, Wisselende Stemminge en skrywer, Elsa Winckler, gesels oor haar nuwe Christelike roman Engele in Kosmoslaan
Tue, 02 Apr 2024 - 1h 43min
Podcasts ähnlich wie Met Hart en Siel
- Global News Podcast BBC World Service
- Kriminálka Český rozhlas
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Affaires sensibles France Inter
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- Espacio en blanco Radio Nacional
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Andere Bildung Podcasts
- TED Talks Daily TED
- RSG Dokumentêr RSG
- The Learn Xhosa Podcast - Free with Makhosi UBuntu Bridge
- Au Cœur de l'Histoire Europe 1
- The Mindset Mentor Rob Dial
- The Rest Is History Goalhanger
- Real Narcos NOISER
- Cultivate your French : Slow French, at the right pace. Laetitia Perraut
- Shameless Sex Amy Baldwin and April Lampert| Pleasure Podcasts
- Be A Better U Teiuna Dixon
- Speak Chinese Naturally -Learn Chinese (Mandarin) Speak Chinese Naturally
- Real Dictators NOISER
- Learning English Conversations BBC Radio
- History Extra podcast Immediate Media
- Islam Channel Islam Channel
- Entrez dans l'Histoire RTL
- Ikwekwezi FM Documentaries Ikwekwezi FM
- History of South Africa podcast Desmond Latham
- Zimbabwe Sebastian06
- Depression Detox Show | Daily Inspirational Talks Malikee Josephs (Muh Leek - Jo Seffs)