Filtrar por gênero
- 55 - Uit 'n ander hoek 27 September 2020
Hoe belangrik is ʼn oop gesprek oor geloof, en wat is die voorwaardes vir ʼn sinvolle openbare gesprek oor religie? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die filosoof prof. Louise du Toit van die Universiteit Stellenbosch en ʼn voormalige NG predikant dr. Ben du Toit.
Sun, 27 Sep 2020 - 54 - Uit 'n ander hoek 20 September 2020
Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe die toekoms van geloof of spiritualiteit lyk ná Covid-19, en hoe die pandemie mense se spiritualiteit beïnvloed? Sy gaste is die toekomskundige, dr. Piet Muller, en die geestelike leier, dr. Abel Pienaar.
Sun, 20 Sep 2020 - 53 - Uit 'n ander hoek 13 September 2020
Is elke woord in die Bybel letterlik waar, en hoe moet mens die Bybel in die regte konteks lees? Jean Oosthuizen praat met die Ou-Testamentici, prof. Louis Jonker en dr. Gerda de Villiers, oor die teenstrydighede in die Bybel.
Sun, 13 Sep 2020 - 52 - Uit 'n ander hoek 6 September 2020
As godsdiens veronderstel is om na vrede te streef, waarom is daar dan so baie godsdiensgeweld in die wêreld? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die godsdienskenners proff. Farid Esack en Willie Esterhuyse uit ʼn Christelike- en Moslem-perspektief.
Sun, 06 Sep 2020 - 51 - Uit 'n ander hoek 30 Augustus 2020
Die digters Lina Spies en Daniel Hugo vertel waarom wil hulle nie bekendstaan as Christelike digters nie. Jean Oosthuizen wil by hulle weet wat die verskil is tussen Christelike gedigte en religieuse of geestelike gedigte.
Sun, 30 Aug 2020 - 50 - Uit 'n ander hoek 23 Augustus 2020
Wat is die nut van gebed in die moderne tyd? Waarvoor bid mens vandag, en is daar iets soos gebedsgenesing? Dit is van die vrae waaroor Jean Oosthuizen met sy gaste, die teoloë prof. Hansie Wolmarans en Terblanche Jordaan gesels.
Sun, 23 Aug 2020 - 49 - Uit 'n ander hoek 16 Augustus 2020
Dit verg ʼn lang akademiese studie om ʼn predikant te word. Is hulle voorbereid op dit wat in die praktyk op hulle wag wanneer hulle klaar studeer het? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die teoloog, prof. Julian Müller, wat as dosent aan die Universiteit van Pretoria baie predikante help oplei het, en Bertus van Niekerk, ʼn voormalige dominee van die Hervormde Kerk wat die kansel vaarwel geroep het.
Sun, 16 Aug 2020 - 48 - Uit 'n ander hoek 9 Augustus 2020
Rassisme steek oral in die samelewing kop uit. Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe staan sake hieroor in die kerk. Sy gaste is Etienne Snyman van die NG Kerk en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk.
Sun, 09 Aug 2020 - 47 - Uit 'n ander hoek 2 Augustus 2020
Hoe verskil die Jesus waarvan ons in die kerk leer, van Jesus wat 2 000 jaar gelede in Galilea se stofstrate rondgeloop het? Jean Oosthuizen praat met die teoloë, proff. Andries van Aarde en Pieter Craffert oor die historiese Jesus.
Sun, 02 Aug 2020 - 46 - Uit 'n ander hoek 26 Julie 2020
Die meeste Christelike kerke bely hulle glo aan een algemene Christelike Kerk. Waarom is daar dan soveel verskillende Christelike denominasies, en hoekom skeur kerke? Jean Oosthuizen praat hieroor met twee NG-predikante, dr. Nadia Marais en ds. Michelle Boonzaaier.
Sun, 26 Jul 2020 - 45 - Uit 'n ander hoek 19 Julie 2020
Gelowiges hoor van kleins af dat die mens wik, maar God beskik. Is dit so? Jean Oosthuizen wil by filosoof Anton van Niekerk en teoloog Evard Huisamen weet wat dink hulle van God se voorsienigheid.
Sun, 19 Jul 2020 - 44 - Uit 'n ander hoek 12 Julie 2020
Kindermolesteerders en pedofiele is dikwels mense in die samelewing van wie mens dit die minste verwag. Jean Oosthuizen gesels met skrywer Christine Barkhuizen-Le Roux en oud politikus Pierre-Jeanne Gerber, wat as kind gemolesteer is hieroor. Hulle vertel hoekom slagoffers dikwels jare neem voordat hulle daaroor praat, en wat kerke behoort te doen om die slagoffers te help.
Sun, 12 Jul 2020 - 43 - Uit 'n ander hoek 5 Julie 2020
Die Covid-19-pandemie maak ons opnuut bewus van ons weerloosheid, en laat mens onwillekeurig nadink oor die dood. Jean Oosthuizen gesels met praktiese teoloog, prof. Cas Weppener, en die Oud-Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, oor hulle siening van die dood, en die rol wat godsdiens speel in mense se siening van die dood.
Sun, 05 Jul 2020 - 42 - Uit 'n ander hoek 30 Junie 2019
Waarom is so baie mense in die wêreld gelowig ondanks al die moord en doodslag wat in die naam van godsdiens gepleeg is? Is godsdiens ʼn kruk, ʼn kuur, ʼn krankheid of dalk al drie? Jean Oosthuizen praat met prof. Vasti Roodt van die departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch en dr. Deon Van Zyl, ʼn kliniese sielkundige in Johannesburg en voormalige professor in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.
Sun, 30 Jun 2019 - 41 - Uit 'n ander hoek 23 Junie 2019
As daar een onderwerp is wat gelowiges oor die eeue fassineer is dit die duiwel of Satan. Sommige beskou die Duiwel as 'n mitiese figuur wat boosheid uitbeeld. Ander glo Satan is 'n werklike persoon wat in die onsigbare geesteryk bestaan. Jean Oosthuizen gesels met die teoloog prof Julian Müller en dr Evard Huisamen van die Coram Deo Gemeente in Kaapstad oor die bestaan van die duiwel en wil by hulle weet waar kom die duiwel vandaan en of hy bestaan.
Sun, 23 Jun 2019 - 40 - Uit 'n ander hoek 16 Junie 2019
Hoe moet ons die heilige boeke soos die Bybel en die Koran vandag lees en is alles wat daarin staan waar en onfeilbaar? Jean Oosthuizen gesels met prof Farid Esack, ʼn professor in godsdiensstudies verbonde aan die Universiteit Johannesburg en doktor Peter Nagel, Senior Lektor: Ou en Nuwe Testament by die Universiteit Stellenbosch, oor Skrifgesag.
Sun, 16 Jun 2019 - 39 - Uit 'n ander hoek 9 Junie 2019
Morele kodes tussen gelowiges en ongelowiges is merkwaardig dieselfde. Jean Oosthuizen wil by die filosoof prof. Anton van Niekerk en die paleontoloog dr. Jurie van den Heever weet waar kom moraliteit vandaan. Moet mens noodwendig gelowig wees, of aan een of ander godsdiens behoort om ʼn morele lewe te leef? Is moraliteit uniek aan die mens, of vind mens ook morele optrede by diere?
Sun, 09 Jun 2019 - 38 - Uit 'n ander hoek 2 Junie 2019
Humanisme lok uiteenlopende reaksies by mense uit. Vir sommige mense is humanisme ʼn skeldwoord. Ander sien dit as ʼn lofwaardige passie vir menswaardigheid en geregtigheid. Jean Oosthuizen gesels met twee teoloë, dr. Ben du Toit en prof. Pieter Craffert, om agter die kap van die byl te probeer kom oor die werklike betekenis van humanisme.
Sun, 02 Jun 2019 - 37 - Uit 'n ander hoek 26 Mei 2019
Die woord spiritualiteit is deesdae 'n gonswoord binne en buite die kerk. Dit word gewoonlik geassosieer met een of ander geloof in ʼn bonatuurlike wese. Jean Oosthuizen wil by dr. Abel Pienaar, direkteur van die Sentrum vir eietydse spiritualiteit, en dr. Flip Schutte, ʼn spiritualiteitsbegeleier by die Renaissance-gemeente in Pretoria, weet wat beteken spiritualiteit, en of mens gelowig moet wees om spiritueel te wees.
Sun, 26 May 2019 - 36 - Uit 'n ander hoek 19 Mei 2019
Wat beteken ʼn sekulêre staat, en moet gelowiges bekommerd wees as die land se grondwet die hoogste gesag is, en nie die Bybel, Koran, Tora of enige ander heilige boek nie? Jean Oosthuizen gesels met adv. Leon Wessels, voormalige lid van die Menseregtekommissie, wat gehelp het om die land se grondwet te skryf, en dr. Johan van der Merwe van die NG Moederkerk in Stellenbosch.
Sun, 19 May 2019 - 35 - Uit 'n ander hoek 12 Mei 2019
Al hoe minder mense woon Sondae eredienste by, en hoofstroomkerke se lidmaatgetalle daal skerp. Wat is dit wat mense motiveer om steeds kerk toe te gaan, en wat is die dinge wat mense van die kerk wegdryf? Jean Oosthuizen gesels met ds. Michelle Boonzaaier van die NG-gemeente Brackenfell in Kaapstad en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk oor kerkbywoning.
Sun, 12 May 2019 - 34 - Uit 'n ander hoek 5 Mei 2019
Kan Moslems en Christene saam bid, en is hulle almal kinders van God? Jean Oosthuizen gesels met prof. Louis Jonker, Oud Testamentikus by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie, en Sjeg Faadil Latief van die Moslem Juridiese Raad in Kaapstad oor die verhouding tussen Christene en Moslems. Hy wil by hulle weet of Christene en Moslems ook mekaar se broers en susters kan wees.
Sun, 05 May 2019 - 33 - Uit 'n ander hoek 28 April 2019
Hoe moet Suid-Afrikaners die uitdagings van godsdiens- en kultuurdiversiteit hanteer in ʼn land met soveel uiteenlopende geloofs- en kultuurverskille? Jean Oosthuizen praat met prof. Xolile Simon van die fakulteit teologie aan die Universiteit Stellenbosch, en die onderwyskenner Danie van Wyk, oor die uitdagings van godsdienstige en kulturele diversiteit.
Sun, 28 Apr 2019 - 32 - Uit 'n ander hoek 21 April 2019
Wat beteken vergifnis, en kan mens iemand vergewe sonder dat geregtigheid geskied? Jean Oosthuizen gesels met Lukhanyo Calata, wie se pa deur die polisie vermoor is, en Deon Snyman van die Restitution Foundation oor vergifnis en regstellende aksie. Lukhanyo is ook een van die SABC 8 wat afgedank is. Hy was drie jaar oud toe die polisie sy pa, Fort Calata, in 1985 saam met die res van die Cradockvier vermoor het, en skrywer van die boek My Father Died for This.
Sun, 21 Apr 2019 - 31 - Uit 'n ander hoek 14 April 2019
Hoe lyk ʼn sterwende kerk? En kan ʼn nuwe reformasie of hervorming ʼn sterwende kerk van uitwissing red? Dit is van die vrae wat Jean Oosthuizen stel aan twee kerkhistorici, prof. Erna Oliver en dr. Willem Oliver van Unisa.
Sun, 14 Apr 2019 - 30 - Uit 'n ander hoek 7 April 2019
Wat beteken gesonde selfliefde? 'n Mens kan slegs met gesonde selfliefde na ander uitreik teenoor narsisme of sieklike selfliefde. Jean Oosthuizen gesels hieroor met dr. Kobus Anthonissen en ds. Llweyllyn McMaster, moderator van die Verenigende Gereformeerde Kerk se Kaapse streeksinode.
Sun, 07 Apr 2019 - 29 - Uit 'n ander hoek 6 Januarie 2019
Die tien gebooie is deel van ʼn lang lys wette in die Bybel, maar waar kom dit vandaan en wie het dit regtig geskryf? Jean Oosthuizen wil by twee Ou Testament-kenners, proff. Louis Jonker en Sakkie Spangenberg, meer weet oor die relevansie van die Bybelse wette.
Sun, 06 Jan 2019 - 28 - Uit 'n ander hoek 30 Desember 2018
Ahimsa is een van die belangrikste beginsels in die Hindoegeloof en ander Oosterse lewensfilosofieë soos Boeddhisme. Dit is ʼn lewenswyse geskoei op eerbied en geweldloosheid teen alle vorms van lewe. Jean Oosthuizen gesels hieroor met twee Hari Krishna's, dr Irene Brand of Kamala-sita Dasi soos wat sy nou bekend is, en Axl Maas.
Sun, 30 Dec 2018 - 27 - Uit 'n ander hoek 23 Desember 2018
Hoe maak mens vrede met die verlede? Jean Oosthuizen gesels hieroor met dr. Hendrik Verwoerd se kleinseun, Wilhelm Verwoerd, en Charl-Johann Lingenvelder, die man op se lewe die rolprent, Kanarie, gebaseer is.
Sun, 23 Dec 2018 - 26 - Uit 'n ander hoek 16 Desember 2018
Jean Oosthuizen wil by teoloog dr. Nadia Marais en advokaat Jan Heunis weet wat billike diskriminasie is, of geloofsgemeenskappe ook billike diskriminasie mag toepas, en tot water mate mag hulle teen lidmate diskrimineer.
Sun, 16 Dec 2018 - 25 - Uit 'n ander hoek 9 Desember 2018
Is daar iets soos geloofsgenesing, en wat sê die Bybel en die wetenskap daaroor? Jean Oosthuizen gesels met teoloog dr. Ben du Toit en narkotiseur dr. Heinz Mödler hieroor, en wil bu hulle weet of gebed mens gesond kan maak.
Sun, 09 Dec 2018 - 24 - Uit 'n ander hoek 2 Desember 2018
Wat is die rol en plig van joernaliste wanneer hulle oor godsdienssake berig? Jean Oosthuizen wil by die mediakenners proff. Lizette Rabe en George Claassen weet of die media hulle werk behoorlik doen wanneer daar oor geloofsake verslag gedoen word.
Sun, 02 Dec 2018 - 23 - Uit 'n ander hoek 25 November 2018
Feitlik alle godsdienste het in 'n patriargale kultuur ontstaan, waar die man die hoof van die huis is, en die vrou se meerdere is. Jean Oosthuizen wil by proff. Julie Claassens en Farid Esack weet waar kom patriargie vandaan, en of God manlik is.
Sun, 25 Nov 2018 - 22 - Uit 'n ander hoek 18 November 2018
Gode is so oud soos die mensdom self, maar bestaan hulle regtig? En wat van die bonatuurlike? Jean Oosthuizen gesels hieroor met filosoof Willie Esterhuyse en teoloog Pieter Craffert.
Sun, 18 Nov 2018 - 21 - Uit 'n ander hoek 11 November 2018
Elke letter het sy ketter. Maar wat is ʼn ketter? Jean Oosthuizen gesels met Hansie Wolmarans, professor in Griekse en Latynse Studies, en die Nuwe-Testamentikus, prof. Andries van Aarde, oor kettery en dwaalleer.
Sun, 11 Nov 2018 - 20 - Uit 'n ander hoek 4 November 2018
Hoe versoen mens die Christelike geloof met Afrika-godsdienste, en is dit versoenbaar? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die dekaan van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie, prof. Reggie Nel, en prof. Xolile Simon wat spesialiseer op die gebied van praktiese teologie en missiologie.
Sun, 04 Nov 2018 - 19 - Uit 'n ander hoek 28 Oktober 2018
Paleontoloog dr. Jurie van den Heever en teoloog Pieter Oberholzer verduidelik aan Jean Oosthuizen waarom seksuele oriëntasie nie 'n keuse is nie, en hoe die geloofsgemeenskap dit moet hanteer.
Sun, 28 Oct 2018 - 18 - Uit 'n ander hoek 21 Oktober 2018
Hoe belangrik is geslag- en godsdiensdiversiteit in vandag se samelewing, en moet die samelewing openlik daaroor praat? Jean Oosthuizen gesels met dr. Anita Jonker en Earl Basson van Stellenbosch Universiteit oor iets waaroor die samelewing dikwels swyg, naamlik geslagsdiversiteit.
Sun, 21 Oct 2018 - 17 - Uit 'n ander hoek 14 Oktober 2018
Jean Oosthuizen gesels vanuit ʼn ander hoek oor sendingwerk. Sy gaste is die Ou Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, en die teoloog, dr. Willa Boezak. Jean wil by hulle weet of sendingwerk altyd so lofwaardig is soos wat baie mense dink, en wat die invloed daarvan op veral die land se inheemse bevolking was.
Sun, 14 Oct 2018 - 16 - Uit 'n ander hoek 7 Oktober 2018
Genadedood of bystanddood wanneer ʼn geneesheer ʼn terminaal siek pasiënt help om sy of haar lewe te beëindig, is ʼn hoogs omstrede onderwerp. Terwyl al hoe meer stemme opgaan om bystanddood in Suid-Afrika te wettig, worstel baie mense met die etiese, morele en godsdienstige implikasies daarvan. Jean Oosthuizen gesels met die filosoof, prof. Anton van Niekerk, en ʼn narkotiseur, dr. Heinz Mödler, uit ʼn ander hoek oor genadedood. Kan dit moreel geregverdig word om iemand onder bepaalde omstandighede te help sterf?
Sun, 07 Oct 2018 - 15 - Uit 'n ander hoek 1 Julie 2018
Jean Oosthuizen gesels met die sanger en kletsrymer, Churchil Naude, en die Kaapse digter, Gaireyah Fredericks, oor die unieke manier waarop hulle hulle spiritualiteit in Kaapse Afrikaans uitleef.
Sun, 01 Jul 2018 - 14 - Uit 'n ander hoek 24 Junie 2018
Jean Oosthuizen gesels met lewensfasiliteerder Klasie Wessels van Streetschool, en joernalis Suzette Kotze-Myburg, oor hulle besoeke aan die Dalai Lama, wat in ballingskap in Indië leef, en die invloed wat hierdie Tibettaanse monnik se spiritualiteit op hulle gehad het.
Sun, 24 Jun 2018 - 13 - Uit 'n ander hoek 17 Junie 2018
Twee gay Christene wat teologie studeer het, vertel aan Jean Oosthuizen hoe hulle seksuele oriëntasie hulle spiritualiteit beïnvloed het. Hulle is Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk en nagraadse teologiestudent aan die Universiteit Stellenbosch, en Retha Benade van Inclusive and Affirming Ministries (IAM).
Sun, 17 Jun 2018 - 12 - Uit 'n ander hoek 10 Junie 2018
Is daar iets soos ʼn sekulêre Christen, en hoe verskil dit van ʼn tradisionele Christen? Jean Oosthuizen gesels met prof. Hansie Wolmarans, ʼn teoloog by die Community in Christ Church in Melville in Johannesburg, en ds. Liena Hoffmann, 'n tentmakerleraar by die NG Kerk-Noord gemeente in Stellenbosch, oor sekulêre Christenskap.
Sun, 10 Jun 2018 - 11 - Uit 'n ander hoek 3 Junie 2018
Het die mens ʼn vrye wil het en wat sê die wetenskap daaroor? Die gaste is dr Dawie van den Heever ʼn senior lektor en navorser by die Biomediese Ingenieurswese-navorsingsgroep by die Universiteit van Stellenbosch en Julianne Blignaut ʼn nagraadse student wat spesifiek navorsing doen oor die onderwerp van vrye wil.
Sun, 03 Jun 2018 - 10 - Uit 'n ander hoek 27 Mei 2018
Patriargie is nog springlewendig in die kerk en samelewing, en vroue word dikwels as minderwaardig geag. Hoor wat sê twee feministe, prof. Mary-Anne Plaatjies-van Huffel en prof. Louise du Toit, vanuit ʼn filosofiese en godsdienstige oogpunt hieroor.
Sun, 27 May 2018 - 9 - Uit 'n ander hoek 20 Mei 2018
Goedgelowige mense word maklik deur kwaksalwers uitgebuit wat nuttelose en selfs gevaarlike middels ten duurste aan hulle verkoop. Jean Oosthuizen gesels met die wetenskapjoernalis, George Claassen, en die redakteur van camcheck.co.za, dr. Harris Steinmann, oor kwaksalwery en pseudo-wetenskap.
Sun, 20 May 2018 - 8 - Uit 'n ander hoek 13 Mei 2018
Hoe belangrik is godsdiensvryheid in ʼn sekulêre staat soos Suid-Afrika, en tot watter mate moet dit beskerm word? Jean Oosthuizen praat hieroor met ʼn kommissaris van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur, Godsdiens en Taalregte, Renier Schoeman, en prof. Farid Esack van die Universiteit van Johannesburg.
Sun, 13 May 2018 - 7 - Uit 'n ander hoek 6 Mei 2018
Waar kom boosheid vandaan? Moet ons die duiwel daarvoor blameer? Jean Oosthuizen gesels met teoloog Julian Müller en ʼn voormalige NG-predikant, Deon Kitching, oor die bose en hoe hulle dit vanuit hulle hoek verstaan.
Sun, 06 May 2018 - 6 - Uit 'n ander hoek 29 April 2018
Een van die gonswoorde in vandag se gejaagde lewe is die Engelse woord, mindfulness, of bewustelikheid in Afrikaans. Jean Oosthuizen gesels met wetenskapjoernalistiekdosent en skrywer Johannes de Villiers, en bedryfsielkundige Johann de Goede om uit te vind wat dit beteken en hoe positiewe denke mens in vandag se gejaagde lewe kan help.
Sun, 29 Apr 2018 - 5 - Uit 'n ander hoek 22 April 2018
Jean Oosthuizen gesels met toekomskundige en godsdiensfilosoof dr. Piet Müller en sielkundige berader Truida Heymann oor drome. Hy wil by hulle weet wat die betekenis van drome is.
Sun, 22 Apr 2018 - 4 - Uit 'n ander hoek 15 April 2018
Evolusie vind nie net by spesies plaas nie, maar as't ware ook tussen mense se ore. Het die Christelike geloof en ander gelowe ook ʼn rakleeftyd, en kan dit dalk uitsterf. Jean Oosthuizen gesels met 'n paleontoloog, Jurie van den Heever, en ʼn teoloog van die Hervormde Kerk, Piet van Staden, oor die evolusie van geloof. Hy wil by hulle weet of geloof ook moet aanpas om te kan oorleef.
Sun, 15 Apr 2018 - 3 - Uit 'n ander hoek 8 April 2018
Genadedood of bystanddood wanneer ʼn geneesheer ʼn terminaal siek pasiënt help om sy of haar lewe te beëindig is ʼn hoogs omstrede onderwerp. Terwyl al hoe meer stemme opgaan om bystanddood in Suid-Afrika te wettig worstel baie mense met die etiese, morele en godsdienstige implikasies daarvan. Jean Oosthuizen gesels met die filosoof professor Anton van Niekerk en ʼn narkotiseur dokter Heinz Mödler in die program Uit ʼn ander hoek oor genadedood. Kan dit moreel regverdig word om iemand onder bepaalde omstandighede te help sterf?
Sun, 08 Apr 2018 - 2 - Uit 'n ander hoek 24 September 2017
Die afgelope dekade was daar verskeie aansprake oor nabydood-ervarings van mense wat beweer hulle het ʼn blik gehad op die lewe na die dood. Opspraakwekkende verhale word vertel, wat as bewyse aangevoer word dat die mens se bewussyn afsonderlik van die liggaam kan bestaan en bestaande aannames oor bewussyn in die neurowetenskap bevraagteken. Jean Oosthuizen gesels met bybelwetenskaplike prof. Pieter Craffert en narkotiseur dr. Heinz Modler oor nabydood-ervarings.
Sun, 24 Sep 2017 - 1 - Uit 'n ander hoek 17 September 2017
Hoe vind mens troos wanneer jou kind vermoor word, of jou vrou sterf skielik in ʼn motorongeluk, en maklike antwoorde vanuit die godsdiens of die kerk maak nie meer sin nie? Jean Oosthuizen gesels met die skrywer Douwleen Bredenhann wie se dogter 30 jaar gelede wreed deur ʼn buurseun in hulle erf vermoor is, en ʼn gewese NG dominee Petrus Kühn wie se vrou onlangs in ʼn motorongeluk oorlede is.
Sun, 17 Sep 2017
Podcasts semelhantes a Uit 'n ander hoek
- Global News Podcast BBC World Service
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- Affaires sensibles France Inter
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- Espacio en blanco Radio Nacional
- Les Grosses Têtes RTL
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- TED Talks Daily TED
- The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Outros Podcasts de Religião e Espiritualidade
- Joel Osteen Podcast Joel Osteen, SiriusXM
- Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® Radio Podcast Joyce Meyer
- The Potter's Touch on Lightsource.com - Audio Bishop T.D. Jakes
- Bishop Mosa Sono Bishop Mosa Sono
- Elevation with Steven Furtick iHeartPodcasts
- Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® TV Audio Podcast Joyce Meyer
- Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans Thru The Bible Afrikaans, Die Bybel vir Vandag
- Joseph Prince Audio Podcast Joseph Prince
- Derek Prince Legacy Radio International Derek Prince
- The Learn Xhosa Podcast - Free with Makhosi UBuntu Bridge
- The Gospel Truth Andrew Wommack Ministries
- Radiokansel / Radio Pulpit Radiokansel / Radio Pulpit
- Ahmed Deedat Muslim Central
- Sermon Podcast New Life EFC - Hastings, MN
- Muhammad Carr Muslim Central
- Mufti Menk Podcast Dr Mufti Ismail Menk
- Bybelstories in Afrikaans Carin Conradie
- Everything Islam Marwan Al Masri
- Sitar Meditation Music Nick Young
- Ahmadiyya Nazam Ahmadiyya Nazams